SA Graan November 2013 - page 48

Toerusting
Insette/Produksie
46
Kry ‘n volledige
reeks spuittoerus-
ting van Multispray
JURGEN VAN ONSELEN, KOLBE ADVERTISING
Multispray, een van die mees innoverende maatskappye wat
die afgelope 53 jaar spuitdienste verskaf, is onlangs deur mnre
Carl en Poog Henning oorgekoop. Albei boer ook self en kweek
avokado’s en makadamias by Louis Trichardt op die plaas
Mununzwu Estate.
Die maatskappy is in die vroeë 1960’s deur mnr Jimmy Popham
begin en het landswyd lugbespuiting aan produsente verskaf. Dit
is oorkant die Grand Central lughawe geleë.
Carl het in die besigheid belang gestel toe hy tien jaar gelede
daar besoek afgelê het om spuittoerusting aan te koop. “Wat
my geïnteresseer het, was die flinke en professionele diens.
Die besigheid was in rep en roer en alles het glad verloop. Die
algemene bestuurder, mnr Willie Watton, kom ook al ‘n lang
pad saam met Multispray en is reeds 53 jaar in diens van die
maatskappy,” vertel Carl.
“Multispray se kliënte kom altyd eerste en oor al die jare wat ek
hier gewerk het, het ek altyd probeer om die kliënt se belange
eerste te stel. Ek verstaan hoe belangrik dit is om jou gewasse op
die regte tyd te spuit en ek hou glad nie daarvan om my kliënte
teleur te stel nie. My woord is my eer!” aldus Watton.
Multispray verskaf hoofsaaklik Teejet spuittoerusting asook
Comet pompe, Metabi rugsakspuite en die hele reeks pype wat
in die boerdery benodig word. Die maatskappy het onlangs ook
‘n verspreider van Micron produkte geword en is ook besig om
spuittoerusting te bou wat die Micromax (elektriese 12 V) motors
gebruik.
Die maatskappy bou ook spuittoerusting wat in die kwekerybedryf
gebruik word, spuittoestelle wat agter vierwielmotorfietse pas en
ook driepuntspuite wat op trekkers pas. “Ons bou enige soort
spuittoerusting en is tans besig om spuite op te maak wat in
Mosambiek en Malawi se bosbou-omgewing aangewend gaan
word,” sê Carl.
‘n Foutiewe spuitkop kan jou baie geld kos en daarom verskaf
die maatskappy advies oor hoe om spuitkarre en -toerusting te
kalibreer. Multispray is voorts besig om die presisieboerdery-
arena te betree en verkoop ‘n verskeidenheid Teejet produkte,
soos die Centerline 220 asook die Matrix 570.
Die maatskappy se hoofdoel is om ‘n produsent met al sy
spuitbenodighede, ongeag van die grootte van die besigheid, te
kan help.
Multispray bied advies oor hoe om spuittoerusting te kalibreer en in
stand te hou.
Produk-inligting
1...,38,39,40,41,42,43,44,45,46,47 49,50,51,52,53,54,55,56,57,58,...100
Powered by FlippingBook