SA Graan November 2013 - page 50

JOHAN DE BRUTO, INSECT SCIENCE
Vooruitgang en nie net oorlewing nie, is die sleutel tot boerderysukses in
die eeu waarin Suid-Afrikaanse produsente hulself tans bevind.
Insect Science het dit lankal besef en het daarom begin soek na produkte
waarmee die produsent ‘n konstante verbetering in sy boerdery kon
teweegbring. Met revolusionêre produkte uit die buiteland, wat daarop
gemik is om plantgesondheid, opbrengs en kwaliteit te verbeter, is ‘n
sleutel tot vooruitgang gevind.
Hoë koste en spesieverenigbaarheid het ons gedwing om te kyk na
bestaande fasette in elke betrokke land/gewaskombinasie. In die geval
van Mikorizza (MycoTech), word daar nie gepoog om “nuwe” swamspore
in ‘n medium in te bring nie, maar nuwe tegnologie word gebruik om
bestaande swamme en swamwortels “aan te trek” na die gewas se
wortelstelsel.
MycoTech is ‘n nie-lewende saadbehandeling (of grondtoediening).
Mikorizza besit ‘n simbiotiese verhouding met plantwortels. Eers-
genoemde verkry koolhidrate, terwyl die plantwortels bevoordeel word
met water- en voedingstofopname.
Harpin proteïene (ProAct) volg die basiswerk van die Mikorizza op:
ProAct (‘n blaarbespuiting, gesintetiseer vanaf die proteïenverbindings
wat swamme en bakterieë afskei wanneer hulle in kontak met ‘n
blaar kom) simuleer siektekontak met die plant. Dit veroorsaak ‘n
selfverdedigingsaksie wat lei tot onder meer verhoogde fotosintese en
groei, opbrengs en siekteweerstand.
Hierdie is alles egter ou nuus. Opwindende nuus is die feit dat
hierdie produkte die afgelope drie jaar ekstensief deur Suid-Afrika se
graanproduserende streke gebruik is – drie moeilike jare met uitstekende
resultate.
Mikorizza en Harpin
– wat dit vir jou sak beteken
Insette/Produksie
Produk-inligting
‘n Foto van Oos-Vrystaatse sonneblom waar die behandelde stroke duidelik beter groeikragtigheid vertoon.
” Leier boere dink uit die boks”
1...,40,41,42,43,44,45,46,47,48,49 51,52,53,54,55,56,57,58,59,60,...100
Powered by FlippingBook