Lewende hawe
Insette/Produksie
November 2013
36
Bloutong op die keper beskou
DR JAN DU PREEZ, BESTURENDE DIREKTEUR:
INSTITUUT VIR SUIWELTEGNOLOGIE
Bloutong is ‘n akute insekgedraagde virus-
siekte by skape. Die orbivirus, wat bloutong
veroorsaak, het 24 tipes (stamme) bloutong-
virusse waarvan 21 in Suid-Afrika voorkom.
Bokke, beeste en wild is ook vatbaar vir blou-
tong, maar kliniese (sigbare) tekens word selde
gesien.
Oordraging
Bloutong word deur muggies (
Culicoides spp.
)
oorgedra wat veral in die laaggeleë dele by
riviere en vleie uitbroei wanneer dit vogtig en
warm is.
Voorkoms
Bloutong is seisoensgebonde en kom in die
middel somer en herfs voor, totdat die eerste
ryp val. Die bloutongvirus oorwinter veral in
beeste. Inheemse skaaprasse, soos die Nama-
kwa-Afrikaner, swartkoppersie en die karakoel,
is minder vatbaar vir bloutong. Europese rasse,
soos die Merino, is weer baie vatbaar.
Warm en vogtige weersomstandighede be-
vorder die uitbroei van die muggies in hulle
natuurlike blyplek (habitat) veral laagliggende
areas, soos veral vleie, om panne, damme en
riviere. Skape wat in sulke areas wei, se risiko
om bloutong te kry, is baie groot. In sekere dele
in Suid-Afrika waar strawwe ryp voorkom, ver-
dwyn bloutong tussen Junie en Desember.
Siektetekens
Nadat die muggie die skaap gebyt het (bloed-
suig) en die skaap met virusse besmet het,
begin die skaap ná vier tot ses dae ‘n koors
ontwikkel (40,5
o
C tot 42
o
C).
Ander algemene siektetekens van bloutong is
lusteloosheid, aptytverlies en vinnige asem-
haling. Die slymvliese van die oë, neus en
bek word rooi en die lippe begin swel. Die
slymvliese van die bek en die tong kry later ‘n
blourooi kleur en vlak seertjies kom voor op
die bekslymvlies waar dit oor die tande skuur
asook in die neusslymvlies.
Die blou verkleuring van die tongslymvlies
het tot die naam “bloutong” aanleiding gegee.
Wanneer die onderste en die boonste lip met
die vingers vasgevat en omgedop word, kan
die seertjies duidelik gesien word.
Weens die degenerasie (wegkrimping) van die
spiere, word dikwels gevind dat die nek van
so ‘n skaap later krom trek. As gevolg van die
ontsteking in die neusslymvlies, is die neus-
gate vuil en aangepak sodat die skaap moeilik
asemhaal.
Hoefkroonontsteking (
pododermatitis
) kom
voor waar die hoef aan die vel vaskom. Gevolg-
lik is die skape styf en loop hulle moeilik. Die
pote kan só seer word dat hulle selfs op hul
knieë probeer loop en uiteindelik bly lê. Hoef-
kroonontsteking kan gesien word as ‘n rooi lyn
waar die vel aan die hoef vaskom. Dit is duide-
liker sigbaar aan die agterkant van die hoef. Om
die hoefkroonontsteking duidelik te kan sien,
moet die hoef deeglik met ‘n nat lap skoonge-
maak word.
Ontsteking is ook duideliker sigbaar by ‘n ligte
hoef as by ‘n donker een. ‘n Breek word ook in
die wol aangetref en skape kan soms selfs hul
hele vag verloor. Die abnormale wolgroei, wat
die gevolg is van ‘n velontsteking (dermatitis),
word drie tot ses weke ná die siekte voorgekom
het, eers waargeneem.
Diagnose en nadoodse
tekens
‘n Veearts moet genader word om nadood-
se ondersoeke te doen en te bevestig wat
die oorsaak van die vrektes was. ‘n Diagnose
word gemaak volgens die geskiedenis, kliniese
voorkoms asook die demonstrasie van teenlig-
gaampies en virusisolasie.
Bloeding in die wand van die longslagaar waar
dit die hart verlaat, is ‘n tipiese teken van blou-
tong. Die longslagaar kan maklik gekry word
deur die regterkant (die sagte kant) van die hart
van onder na bo oop te sny. Nog nadoodse
tekens is ‘n geswolle milt en waterige longe
(skuim in die lugpyp). In die spiere kan bloe-
dings, watersug en bleek, gestreepte areas
waargeneem word.
Behandeling
‘n Veearts moet onverwyld genader word
sodat die korrekte behandeling vir die siek
skape gegee kan word. Dit is belangrik om die
skape simptomaties te behandel. Die skaap se
bek en tong is gewoonlik te seer om te vreet en
sy pote te seer om te loop en kos te soek.
Die eerste behandeling is dus om die diere in
‘n klein kampie te sit waar skaduwee, groenvoer
en water naby is. Hulle moet so min as moontlik
hanteer word. Koorswerende middels en pyn-
stillers kan aangewend word.
Omdat daar baie vog op die longe is, is die
diere geneig tot longontsteking vanweë se-
kondêre bakteriese besmetting. Om dié rede
word aanbeveel dat so ‘n skaap met ‘n antimi-
krobiese middel behandel word.
Immuniteit
Die 21 tipes (stamme) bloutongvirusse in Suid-
Afrika verskil almal immunologies van mekaar.
Indien ‘n skaap met een tipe virusentstof geënt
is, sal dit nie beskerming teen ‘n ander tipe vi-
rusbesmetting gee nie.
Skape moet teen al die tipes virusse ingeënt
word vir totale beskerming. As ‘n skaap blou-
tong gekry het van ‘n spesifieke stam van die
virus, kan hy weer bloutong opdoen wat deur
enige van die ander bloutongvirusstamme
veroorsaak is, in welke geval die siekte ge-
woonlik matiger sal wees. Kruis-immuniteit
tussen bloutongvirusstamme is swak en daar-
om word soveel stamme moontlik in die ent-
stof ingesluit.
Voorkoming en beheer
Ent skape drie weke uitmekaar in met blou-
tongentstof wat bestaan uit drie dele. Die drie
entstowwe (A, B en C) bevat elk vyf verskil-
lende stamme van die belangrikste bloutong-
virusse. Moenie die drie entstowwe (A, B en C)
meng nie.
Bloutongentstof verleen ‘n redelike lang immu-
niteit en daar kan met die inenting begin word
sodra die ooie in die winter klaar gelam het.
Lammers van ingeënte ooie moenie voor ses
maande ouderdom ingeënt word nie, want die
bies (passiewe) immuniteit duur ses maande.
Ongeënte ooie se lammers kan op vier weke
oud al ingeënt word.