SA Graan November 2013 - page 46

nie en uiteindelik lei dit tot inhibering van fotosintese en ammoniak
metabolisme word belemmer. Die opbou van ammoniak in plante het ‘n
toksiese uitwerking daarop en tesame met die staking van fotosintese,
het dit noodlottige gevolge vir gevoelige plante. Skadesimptome op
sensitiewe plante is chlorose (vergeling) en verwelking binne drie tot vyf
dae ná behandeling en plante vrek binne een tot twee weke.
Glufosinaat het ‘n kontakwerking en anders as sistemiese onkruiddoders,
soos byvoorbeeld glifosaat (sien
Figuur 3
), tas dit net die groen bogroei
(loof) van plante aan en nie die ondergrondse plantdele nie, omdat
translokasie van glufosinaat binne-in die plant baie beperk is. Daarom
word dit slegs as ‘n na-opkomsonkruiddoder aangewend en kan die
hergroei van behandelde plante vanaf ondergrondse plantdele ‘n
probleem wees.
Bio-onkruiddoders
Per definisie is bio-onkruiddoders (
bio-herbicides
) plantpatogeniese
mikrobes of mikrobiese fitotoksiene wat vir biologiese onkruidbeheer
gebruik word en op soortgelyke wyses toegedien word as konvensionele
onkruiddoders.
Voorbeelde van plantsoorte wat fitotoksiene vervaardig en afskei,
sluit gewasse in, soos hawer, sorghum, rys, kanola en sonneblom. Die
chemikalieë wat deur sulke plante afgeskei word, kan onkruid onderdruk
wanneer gewasreste as deklaag gebruik word, óf die chemikalieë kan
dien as voorloper-molekule in die sintese van onkruiddoders (sien
Deel 2: Mesotrioon).
Die algemene siening oor die plek wat bio-onkruiddoders in die groter
onkruiddodermark kan inneem, is dat bio-onkruiddoders belangriker
is as ‘n komplementêre vennoot vir konvensionele (sintetiese)
onkruiddoders in geïntegreerde onkruidbestuurstrategieë en dat dit
nie gesien moet word as ‘n vervanging van sintetiese onkruiddoders en
ander onkruidbeheermetodes nie.
Foto 1: Sonneblom skei chemikalieë af wat onkruid se groei kan belemmer.
Sien ons hier allelopatiese onderdrukking van die “John Deere bossie”
(
Senecio consanguineus
) deur sonneblom op die plantry? In Arkansas in
die VSA is dit lank reeds die praktyk om sonneblomreste op die plantry van
die opvolggewas (byvoorbeeld mielies) te konsentreer vir onkruidbeheer op
die ry – tussen die rye kan geskoffel of sintetiese onkruiddoder(s) toe-
gedien word.
Figuur 1:
Bialaphos
, ‘n natuurlike chemiese verbinding wat deur ‘n
Streptomy-
ces
grondbakterie geproduseer word.
Figuur 2: Glufosinaat is die sintetiese vorm van
phosphinotricien
, die bio-
aktiewe of fitotoksiese analoog van
bialaphos
. Laasgenoemde is nie sodanig
fitotoksies nie en moet eers in plante na
phosphinotricien
omgeskakel word
alvorens dit skadelik is.
Ken jou onkruiddoder
Bio-onkruiddoders
Vervolg van bladsy 43
44
Insette/Produksie
1...,36,37,38,39,40,41,42,43,44,45 47,48,49,50,51,52,53,54,55,56,...100
Powered by FlippingBook