SA Graan November 2013 - page 39

37
Beplan die lamseisoen sodat die
ooie gedurende die piek bloutong-
seisoen (herfs en somer) lam. Die
lammers van ingeënte ooie is dus
beskerm teen bloutong. Hierdie
lammers word dan gedurende die
lente ingeënt wanneer hulle ses
maande oud is.
Ent lentelammers so laat as
moontlik in, maar wel voor die
piek bloutongseisoen. Die laaste
van die inenting moet verkieslik
een maand voor die piekseisoen
gegee word.
Bloutongentstof kan in kombinasie
met ander bakteriese entstowwe,
soos bloednier of ensoötiese abor-
sie, gegee word asook met ander
behandelings, soos dosering of dip,
om die hantering van die skape te
beperk.
Dragtige ooie moenie in die eer-
ste tien weke van dragtigheid in-
geënt word nie, omdat die entstof
breinontwikkeling in die fetus
benadeel en lammers wat “dom”
is gebore word. Begin om ooie
nege weke voor die teelseisoen in
te ent. Ramme moet ná die teelsei-
soen ingeënt word. Die ram moet
sy laaste inenting twee maande
voor die dekseisoen kry.
Indien skape gedurende ‘n blou-
tong-uitbreking ingeënt word,
moet daar versigtig te werk
gegaan word. Gebruik ‘n steriele
naald vir elke inenting sodat die
siekte nie van skaap tot skaap
oorgedra word nie.
Verskuif skape uit vleie na
hooggeleë gebiede en hou die
skape snags in ‘n skuur – die
Culi-
coides
muggies gaan nie geredelik
daar in om ‘n bloedmaal te neem
nie. Behandel ook die diere met
insekwerende middels.
1: Die
Culicoides
muggie dra die bloutongvirus na skape, bokke en beeste oor.
2: ‘n Hoefkroonontsteking van die kloutjies (
pododermatitis
) van ‘n skaap met blou-
tong. Die rooi band tussen die vel en die klou is kenmerkend van bloutong.
3: Bloutongvirusse soos gesien onder die elektronmikroskoop.
4: Ontsteking in die neusslymvlies veroorsaak dat die neusgate vuil en aangepak is
en die skaap moeilik asemhaal.
5: ‘n Skaap met bloutong se slymvliese van die bek is rooi en die lippe swel. Hierdie
skape is lusteloos, haal vinnig asem en het ‘n aptytverlies.
6: Verseker dat skape jaarliks ingeënt word teen bloutong.
7: Bloutongvirus oorwinter veral in beeste.
1
2
3
4
5
7
6
1...,29,30,31,32,33,34,35,36,37,38 40,41,42,43,44,45,46,47,48,49,...100
Powered by FlippingBook