SA Graan November 2013 - page 43

Promosie-artikel
41
November 2013
Om te dink soos ‘n
produsent
– Du Preez Kritzinger, Produkbestuurder: Rygewasse, Syngenta Suid-Afrika
Met ‘n geskatte wêreldpopulasie van 9 miljard teen 2050, word die
druk op landbou al groter om genoeg voedsel te produseer op die
beperkte area tot ons beskikking. Ons kan dus nie bekostig om
bestaande vrugbare gronde te onderbenut nie.
Selfs as bestaande landbougrond met 10% vermeerder word, sal
ons nie genoeg voedsel kan produseer vir die behoeftes wat daar
binne die volgende 40 jaar gaan ontwikkel nie.
Tegnologie en opleiding is kritiek belangrik – ons kan nie bekostig
om sub-optimaal te produseer nie.
Sonder gewasbeskerming word daar geskat dat 40% van die wêreld
se voedselproduksie verlore sal gaan. Syngenta bied aan mieliepro-
dusente die A-Z program – ‘n omvattende portefeulje van produkte
wat oesbeskerming, van saailing tot silo, bied.
Syngenta, die wêreldleier in gewasbeskerming, het ‘n diepgaande
kennis van die fisiologiese prosesse tydens elke ontwikkelingsta-
dium van die mielieplant en weet dus hoe produkte mekaar aanvul
tot voordeel van elke groeistadium. Syngenta se gewasbeskermings-
tegnologie stel produsente in staat om onkruide, siektes en plae
suksesvol te bestuur en sodoende opbrengste te optimaliseer.
Hierdie omvattende benadering tot oesbeskerming bring nuwe
waarde vir produsente en almal wat afhanklik is van landbou. Ons
benadering is dus een van innovasie in opbrengsbestuur eerder as
tradisionele pes- of plaagbeheer.
Innovasie stop egter nie net by gewasbeskerming nie. Syngenta
is ook verbind tot die toekomstige sukses van landbou deur inno-
verende inisiatiewe na die mark te bring waarvan AgriSafe™, die
Syngenta Graan Akademie en die Good Growth Plan ‘n paar is om
te noem.
AgriSafe: ‘n Industrie eerste
AgriSafe is ‘n produk wat produsente se winsgewendheid beskerm
deur die risiko van ‘n wisselvallige kommoditeitsprys te bestuur.
AgriSafe stel produsente in staat om die waarde van hul Syngenta-
aankope, uitgedruk in ‘n tonnemaat, met ‘n vasgestelde witmie-
lieprys op die termynmark te verskans. Laer graanpryse neem dus
nie meer ‘n hap uit die produsent se wins nie en hy kan steeds on-
beperk voordeel trek uit hoër pryse – alles sonder die risiko om die
oes te lewer.
Die kombinasie van Syngenta se A-Z opbrengsbestuursprogram
en AgriSafe se innoverende risikobeskermingsaanbod gee aan die
winspotensiaal van enige produsent ‘n hupstoot. AgriSafe is van-
jaar beskikbaar op alle somergraangewasse en meer inligting is
beskikbaar by jou Syngenta agent.
Syngenta kweek leierprodusente
In 2013 het Syngenta nuwe grond gebreek deur die eerste pasmaak
Graan Akademie vir produsente te loods. Die Graan Akademie
bied jaarliks aan leier-graanprodusente die geleentheid om aan
die Universiteit van die Vrystaat (UV) se Besigheidskool hul
leierskapsvaardighede te ontwikkel en te bevorder.
Tydens die bekendstellingsgeleentheid het prof Jonathan Jansen
(rektor en visekanselier van die UV) gesê dat die inisiatief die ide-
ale platform is om produsente op hoogte te bring van veranderende
wêreldneigings en hul besighede daarvolgens aan te pas.
Mnr Jannie de Villiers (uitvoerende hoofbestuurder: Graan SA)
sê ondermeer: “Die stigting van ‘n Graan Akademie is in lyn met
Graan SA se strategiese doelwitte en ons is opgewonde om in ven-
nootskap met Syngenta ook hierop af te lewer. Die toekoms van
volhoubare produksie lê in ons mededingendheid en dit kan net met
opleiding verbeter word.”
Vir meer inligting rakende Syngenta se Graan Akademie, besoek
ons webwerf by
.
Die Good Growth Plan
Syngenta het onlangs die Good Growth Plan bekend gestel wat
daartoe verbind is om voedselsekerheid aan te spreek deur ses sleu-
tel-inisiatiewe wêreldwyd te loods. Die plan het meetbare doelwitte
wat gefokus is op die bevordering van hulpbrondoeltreffendheid,
verbetering van ekosisteme en die versterking van landelike ge-
meenskappe. Dit doen ook die volgende:
• Verhoog gewasproduktiwiteit: Dit verhoog die gemiddelde
produksie van die wêreld se hoofgewasse met 20% sonder om
meer grond, water of insette te gebruik
• Red meer boerderygrond: Dit verbeter die vrugbaarheid van
10 miljoen hektaar bewerkingsgrond wat besig is om agteruit
te gaan
• Bevorder biodiversiteit: Dit verbeter biodiversiteit op 5 miljoen
hektaar bewerkingsgrond
• Bemagtig kleinboere: Dit bereik 20 miljoen kleinboere en ver-
hoog hulle produktiwiteit met 50%
• Veiligheidsopleiding: Die opleiding van 20 miljoen plaaswer-
kers ten opsigte van veilige produkhantering, veral in ontwik-
kelende lande
• Kyk na elke werknemer: Om te streef na ‘n regverdige ar-
beidsomgewing in Syngenta se verspreidingsnetwerk
Hierdie inisiatiewe is die resultaat van Syngenta se geïntegreerde
denke en dra by tot winsgewende en volhoubare gewasproduksie
vir ons produsente sowel as die planeet wat ons bewerk. Syngenta
sal voortgaan om onoortreflike waarde vir ons kliënte te skep deur
“te dink soos ‘n produsent” en om die uitdagings van môre reeds
vandag aan te spreek.
1...,33,34,35,36,37,38,39,40,41,42 44,45,46,47,48,49,50,51,52,53,...100
Powered by FlippingBook