SA Graan November 2013 - page 47

Figuur 3: ‘n Molekuul van glifosaat (glyphosate) onkruiddoder – let op die ooreen-
stemming in hoof chemiese groepe met dié van glufosinaat (Figuur 2). Ten spyte
van strukturele ooreenkomste, het glufosinaat ‘n kontakwerking weens swak
translokasie binne-in plante, terwyl glifosaat sistemiese werking weens goeie
translokasie het – daarbenewens het die twee onkruiddoders heeltemal verskil-
lende meganismes van werking.
Voordele van bio-onkruiddoders
Hoë mate van spesifisiteit wat teiken-onkruid betref
Geen invloed op nie-teiken en gewenste plante, mens of dier
nie
Geen residu in die omgewing nie
Kan sekere onkruiddoderweerstandbiedende onkruidsoorte
beheer – dit kan uiters waardevol wees as selfs net ‘n enkele
onkruidsoort, wat weerstand teen ‘n sintetiese onkruiddoder(s)
opgebou het, op hierdie wyse beheer kan word
Tekortkominge van bio-onkruiddoders
Biologiese beperkings – daar is inherente variasie in populasies
van lewende organismes en die hoë mate van produkspesifisiteit
skakel breëspektrum onkruidbeheer uit
Beperkings deur die omgewing gestel – die aktiwiteit/werking van
lewende organismes en hul chemiese produkte is in die algemeen
meer afhanklik van klimaat- en grondfaktore as wat die geval is met
sintetiese onkruiddoders
Tegniese beperkings, soos uitdagings met formulering en
toediening
Kommersiële beperkings, soos ‘n klein mark en effektiewe
sintetiese produkte wat reeds in daardie mark gevestig is
Navorsing het lank gelede reeds bewys dat sekere kombinasies van bio-
onkruiddoders en sintetiese onkruiddoders sinergisties kan wees, met
ander woorde die kombinasie lewer beter resultate as die somtotaal van
die twee komponente se afsonderlike uitwerking. So is byvoorbeeld
vasgestel dat glifosaat se uitwerking op sekere onkruidsoorte hulle
meer sensitief maak vir ‘n aanval deur die plantpatogene
Xanthomonas
campestris
en
Myrothecium verrucaria
.
‘n Kommersiële produk wat bestaan uit ‘n mengsel van die organisme
Phoma proboscis
en die sintetiese onkruiddoder 2,4-D, is sinergisties
gevind vir die beheer van die onkruid
Convolvulus arvensis
(akkerwinde).
In 2010 is die ontdekking van sarmentine gerapporteer – dit is ‘n
fitotoksiese verbinding wat uit ‘n Chinese rissiesoort (
Piper longum
)
geïsoleer is. In Julie 2013 is aangekondig dat ‘n VSA patent wat op
sarmentine
gebaseer is, toegeken is aan die maatskappy Marrone
Bio Innovations. Dit is een van drie bio-onkruiddoders wat hierdie
maatskappy tans vir kommersialisering ontwikkel.
Op hierdie stadium is daar letterlik duisende mikroörganismes, plante
en die chemikalieë wat deur hul vervaardig word, wat wêreldwyd
deur verskeie maatskappye ondersoek word vir nuttige toepassing in
gewasbeskerming.
Dit is hoogs onwaarskynlik dat bio-onkruiddoders al die omgewing-
en onkruidbestuursprobleme, wat met sintetiese onkruiddoders
geassosieer word, kan oplos of die huidige en toekomstige arsenaal
van sintetiese onkruiddoders sal kan vervang.
‘n Komplementêre rol word vir bio-onkruiddoders tesamemet sintetiese
onkruiddoders in geïntegreerde onkruidbestuurstrategieë voorsien en
bio-onkruiddoders kan bevorderlik wees vir die ontdekking van unieke
fitotoksiene wat oorsprong kan gee aan sintetiese onkruiddoders met
‘n nuwe chemiese struktuur en nuwe setels van werking.
Voortgesette navorsing op die gebied van bio-onkruiddoders is
belangrik en behoort deel uit te maak van studies wat daarop gemik
is om interaksies tussen mikrobes en plante asook plant-plant-
interaksies (gewas en onkruid) beter te verstaan. Ons is ongetwyfeld
maar net aan die begin van die ontdekking van plantpatogene en plant-
en mikrobiese fitotoksiene wat nuttige bio-onkruiddoders kan wees.
Vir meer inligting, kan prof Reinhardt gekontak word by 083 442 3427.
Bronne en verdere leesstof
Cobb, A. & Reade, J.P.H. 2010.
Herbicides and plant physiology
. Wiley-Blackwell.
Duke, S.O.
et al
. 2008. Natural products for pest management. In: Raphael Ikan (red):
Selected
topics in the chemistry of natural products
. World Scientific Publishing Company.
Heap, I. 2013. The international survey of herbicide resistant weeds.
.
Peterson, D.E.
et al
. 2010.
Herbicide mode of action
. Kansas State Univ Agric Exp Station and
Cooperative Extension Service. (
)
.
Weed Science Society of America. 2007.
Herbicide Handbook
, 9th ed. Lawrence, KS, USA.
45
1...,37,38,39,40,41,42,43,44,45,46 48,49,50,51,52,53,54,55,56,57,...100
Powered by FlippingBook