SA Graan November 2013 - page 53

Ry-plasing van mikro-elemente ʼn
moet vir die mielieprodusent
– Hennie Stander, besigheidseenheidsbestuurder, Zinchem
TABEL 1: OPSOMMING VAN OPBRENGS- EN FINAN-
SIËLE VOORDEEL BEHAAL DEUR MULTIMIKRO-TOE-
DIENING.
TABEL 2: GRONDTOEDIENING.
Promosie-artikel
51
November 2013
Die vraag of mikro-elemente noodsaaklik is vir mielieverbouing in
Suid-Afrika, is reeds oor en oor beantwoord en daar is weinig vooraan-
staande produsente wat nie jaarliks mikro-elemente toedien nie. Die
vraag is egter watter manier van toediening die beste resultaat lewer.
Statistiese mielieproewe die afgelope seisoen gedoen deur mnr Burrie
Erasmus van The South African Breweries Maltings (SABM), het weer
eens gewys dat die toediening van mikro-elemente in die ry, noodsaak-
lik is vir optimale opbrengs.
Erasmus, wat reeds 27 jaar in diens by SABM is, is voortdurend op
soek na nuwe maniere om die opbrengs van mielies en gars te opti-
maliseer. Ná vele produsente uitstekende resultate met betrekking tot
Zinchem se Multimikro behaal het, het Erasmus die totale 1 010 ha
onder sy bestuur, met Zinchem se graangewas-grondtoedienings Mul-
timikro behandel.
Die produk is teen 3 kg/ha in die ry met ‘n toediener wat op die planter
monteer is, toegedien. Geen verdere mikro-elemente is toegedien nie.
Tabel 1 dui die verskil in opbrengs asook die verhoogde wins/ha teen
‘n mielieprys van R1 950/ton aan wat met die statistiese mielieproef
behaal is. Die kontrole het geen mikro-elemente ontvang nie.
Elemente soos sink (Zn), mangaan (Mn), koper (Cu) en yster (Fe) be-
weeg baie moeilik in die grond en daarom is dit noodsaaklik om hierdie
elemente by ‘n rygewas in die ry te plaas, sodat dit optimaal opgeneem
kan word.
Figuur 1 dui aan hoekom toediening van mikro-elemente met behulp
van ‘n ry-plasingstoediener (
applicator
) soveel meer effektief is as
breedwerpige toediening. Die plant het vanaf dag een ‘n hoë konsentra-
sie mikro-elemente by die eerste wortels beskikbaar. 0,5% sink word
dikwels saam met kunsmis-plantmengsels in die ry toegedien, maar
is van min waarde aangesien die sinkbron gewoonlik uit sink-as of
sinkoksied bestaan. Hierdie is van die onoplosbaarste vorms van
sink beskikbaar.
Zinchem se Multimikro bevat egter sinksulfaat, wat 100% oplosbaar is
en dadelik vir die plant beskikbaar is. Verder bevat die Zinchem se
Multimikro ook Mn, Cu, Fe en B. Blaartoediening van mikro-elemente
is ook redelik effektief, maar ‘n mielieplant se behoefte aan hierdie
voedingselemente kan onmoontlik op hierdie manier ten volle bevredig
word, tensy weekliks bespuit word, wat weer nie ekonomies geregver-
dig kan word nie.
SABMmaak gebruik van twee planters om die 1 010 ha mielies te plant,
waarvoor die koste om dit toe te rus met toedieners gebou deur Quan-
tum spuite, nagenoeg R11 000 per planter sou beloop. Indien aanvaar
word dat die statistiese proef deur Erasmus gedoen, die totale 1 010 ha
verteenwoordig, het dit ‘n addisionele inkomste van R1 280 609 te-
weeggebring.
In droëlandverbouing waar rye nog wyer is, maak ry-plasing van mikro-
elemente nog meer sin en daar is ook heelwat proefresultate hiervan-
beskikbaar, waar tot 29% opbrengsverhogings by ‘n studiegroep in
vorige seisoene behaal is. Ry-plasing van mikro-elemente behoort binne
die volgende paar jaar ‘n standaardpraktyk in Suid-Afrika te word. Teen
‘n verhoogde inkomste van R1 267,93/ha, sal ‘n produsent dus slegs
10 ha benodig om die koste van so ‘n toediener binne een jaar te dek.
Navrae
Vir enige navrae oor Quantum spuite, kontak 087 808 1825,
083 991 2342 of
of besoek die
webwerf by
ton/ha
Kontrole
14,33
Multimikro
15,04
Verhoogde opbrengs/ha
0,71
Mielieprys/ton
R1 950
Koste van produk/ha
R120
Netto voordeel/ha
R1 267,93
250 liter grondtoediener
250 liter grondtoediener
John Deere
600 liter grondtoediener
Beskrywing
Eenheidsprys Beskrywing
Eenheidsprys Beskrywing
Eenheidsprys
Grondtoediener 1- tot 10-ry
(plantvoeding)
R6 188,95
Grondtoediener 1- tot 10-
ry (plantvoeding)
R6 188,95
Grondtoediener 1- tot 10-ry
(plantvoeding)
R6 188,95
Tenk – 250 liter
(horisontaal/rond)
R964,90
250 liter-staander vir 8-ry
en 6-ry John Deere
R2 035,00
Tenk – 600 liter met staander
en band vir disselboom
R3 520,00
250 liter-staander vir balk
met bande
R2 035,00
Installasiefooi
R2 412,27
Installasiefooi
R2 412,27
Installasiefooi
R2 412.27
Reis per kilometer
R5,74/km Reis per kilometer
R5,74/km Reis per kilometer
R5,74/km
*** Pryse sluit BTW uit ***
Figuur 1: Verskil in plasing van mikro-elemente met ry-plasing teen-
oor breedwerpige toediening.
1...,43,44,45,46,47,48,49,50,51,52 54,55,56,57,58,59,60,61,62,63,...100
Powered by FlippingBook