Onkruidbeheer
Insette/Produksie
PROF CHARLIE REINHARDT, BUITENGEWONE PROFESSOR: ONKRUIDWETENSKAP,
DEPARTEMENT PLANTPRODUKSIE EN GRONDKUNDE, UNIVERSITEIT VAN
PRETORIA; DEKAAN: VILLA ACADEMY
Tot dusver was hierdie reeks toegespits op sintetiese onkruiddoders, dit
wil sê op daardie soorte wat van begin tot einde deur mense ontwerp en
vervaardig is. Die naaste wat ons vroeër gekom het aan onkruiddoders
van biologiese oorsprong, die sogenaamde “bio-onkruiddoders”, was
in die geval van mesotrioon (handelsnaam: CANTRON) − ‘n sintetiese
onkruiddoder wat ontstaan het uit die voorloper-molekuul leptospermoon
wat in die
bottlebrush
(
Callistemon australis
) plant aangetref word
(sien Deel 2).
Die wetenskaplike en nie-wetenskaplike literatuur wemel deesdae
van artikels wat die ontdekking van middels van natuurlike oorsprong
vir plaagbeheer verkondig. Meeste van die onthullings is gebaseer op
die identifisering van mikrobes wat patogenies (siekte-veroorsakend)
teenoor peste en plae in die landbou is. Daarbenewens is daar ook die
toepassing vir plaagbeheer van chemiese verbindings wat deur mikrobes
vervaardig word in industriële produksie (fermentasie in tenks).
In die geval van onkruidbeheer, word in literatuur ook baie melding
gemaak van chemiese verbindings wat uit plante geïsoleer word
en ‘n groei-onderdrukkende uitwerking op ander plante het – die
konsep van “allelopatie” behels dat sekere chemiese verbindings
(allelochemikalieë), wat deur bepaalde plantsoorte vervaardig en in
die omgewing uitgeskei word, skadelik kan wees vir ander plante wat
daaraan blootgestel word.
Die grootste toepassing van biologiese onkruid- en plaagdoders is
tans in “organiese boerdery” (
organic farming
) waar lae bio-aktiwiteit
van middels (lae effektiwiteit) en eng spektrums (‘n klein getal peste/
plae) van beheer aanvaarbaar is. Daarteenoor, in ekstensiewe
43
November 2013
gewasproduksie, is lae prestasie van chemiese hulpmiddels vir logiese
redes onaanvaarbaar − byvoorbeeld, onvoldoende (<90%) beheer van
onkruid kan onaanvaarbare opbrengsverlies by die gewas veroorsaak
en die selektiewe beheer van slegs een of twee onkruidsoorte op ‘n
bepaalde land sal eenvoudig beteken dat ander soorte die plek daarvan
sal inneem.
Bialaphos/glufosinaat
Glufosinaat (
glufosinate
; handelsnaam: BASTA) is ‘n voorbeeld van
‘n chemiese verbinding wat oorspronklik in die natuur ontdek is en
daarna sinteties vervaardig is (sien
Tabel 1
). Per definisie kwalifiseer
glufosinaat dus nie as bio-onkruiddoder nie, maar die natuurlike analoog
bialaphos
word wel in sekere lande in Asië as onkruiddoder aangewend
en buitendien is die oorsprong daarvan so interessant dat dit kwalik
uitgelaat kan word.
Glufosinaat is die sintetiese weergawe van
phosphinotricien
, die bio-
aktiewe vorm van
bialaphos
− ‘n chemiese verbinding wat op natuurlike
wyse deur ‘n
Streptomyces
grondbakterie geproduseer word.
Bialaphos
moet eers in plante na
phosphinotricien
omgeskakel word alvorens dit
toksies vir plante (fitotoksies) is − sien
Figuur 1
en
Figuur 2
.
Glufosinaat is ‘n nie-selektiewe, breëspektrum onkruiddoder wat
in landbou en vir industriële toepassing (byvoorbeeld bosbou en
heinings) gebruik word. Deesdae is daar transgeniese (GM) gewasse
wat verdraagsaam is teenoor glufosinaat. Verdraagsaamheid van die
transgeniese gewasse is te danke aan die oordrag van pat gene vanaf
die bakterie
Streptomyces viridochromogenes
of bar gene vanaf
Streptomyces hygroscopicus
. Beide hierdie gene kodeer die sintese van
ensieme wat
phosphinotricien
vinnig in plante detoksifiseer.
Die plant-ensiem glutamien-sintase word deur glufosinaat geïnhibeer,
met die gevolg dat die aminosuur glutamien nie geproduseer word
TABEL 1: ONKRUIDDODERS WAT VERWANT IS AAN VERBINDINGS WAT IN DIE NATUUR VOORKOM.
Onkruiddoder (sintetiese verbinding)
Verwante natuurlike verbinding
Toepassing
Glufosinate*
Bialaphos
Gewas- en industriële situasies
Sulcotrione/Mesotrione/Tembotrione*
Leptospermone
Mielies
Cinmethylin
1,4-Cineole
Rys
Quinclorac
Zeanic acid
Rys
Endothal
Cantharidin
Suikerbeet
* Geregistreer vir gebruik in Suid-Afrika
Vervolg op bladsy 44
Deel 14
Ken jou onkruiddoder
Bio-onkruiddoders