SA Graan November 2013 - page 51

Bewaringslandbou
Insette/Produksie
Stand van bewaringslandbou
in die Wes-Kaap
49
November 2013
DR JOHANN STRAUSS, WETENSKAPLIKE:
VOLHOUBARE PRODUKSIESTELSELS: DIREKTORAAT
PLANTWETENSKAPPE, WES-KAAP DEPARTEMENT
VAN LANDBOU EN SEKRETARIS:
BEWARINGSLANDBOU WES-KAAP
Graanproduksie in die Wes-Kaap is afhank-
lik van reën en dit is dus belangrik dat enige
produksiestelsel vog moet bewaar en die
beskikbare vog optimaal moet kan benut om
volhoubare produksie te verseker.
Mnr Jack Human van Heidelberg (Eerstekop)
het die besluit geneem dat daar ‘n verande-
ring in die manier van boer in hulle area moes
kom, nadat hy gesien het hoe tonne vrugbare
grond weggespoel het in die vroeë 80’s. Geen-
bewerking is toe gevestig in die Wes-Kaap.
Sedertdien het geenbewerking ver gevorder,
maar die vraag is nou: Waar staan Suid-
Afrikaanse landbouers in terme van dié bewa-
ringslandboufilosofie?
In Augustus vanjaar, vir die eerste konferensie-
week van die vereniging vir Bewaringslandbou
Wes-Kaap (BLWK), is ‘n bewaringslandbou-
kenner van Suid-Amerika uitgenooi om sy ken-
nis met produsente te deel.
Dr Rolf Derpsch, konsultant uit Paraguay, het
kennis van bewaringslandbou van regoor die
wêreld en hy is gevra om terugvoer te gee ná
sy besoek. Die konferensieweek het bestaan
uit drie praktiese toerdae en een konferen-
siedag. Gedurende die drie praktiese dae is
14 plase besoek waaraan 160 mense deel-
geneem het, terwyl die konferensiedag deur
183 produsente, navorsers en die wyer land-
boubedryf bygewoon is.
Dank moet ook hier gaan aan die Wintergraan-
trust,
Landbouweekblad
en Nedbank vir hulle
borgskappe tydens die konferensieweek.
So ‘n ongelooflike ondervinding laat ‘n mens
terugsit en nadink oor waar ons in Suid-Afrika
staan in terme van volhoubare bewaringsland-
bou. Die beste is om te kyk na die stand van
ons bewaringslandbou in terme van die drie
bene van bewaringslandbou soos uiteengesit
deur die FAO (
),
naamlik:
Minimum grondversteuring
Permanente organiese bedekking van die
grond
Diversifikasie deur middel van wisselbou
en groenbemestingdekgewasse
Minimum grondversteuring
Sedert die aanvang van geenbewerking in
die Wes-Kaap, is daar hewig gesteun op die
gebruik van tand- of mespuntplanters en het
hierdie implemente vir produsente se situasie
wondere verrig. Daar was ook skyfplanters,
maar hierdie implemente was nie op daardie
stadium opgewasse vir die doel van geenbe-
werking in die klipperige gronde nie.
Die tandplanters het gehelp om ontslae te
raak van die ploeg en het al die aksies van
saadbedvoorbereiding, wat die ou konven-
sionele grondvoorbereiding voorafgegaan
het, vervang. Geenbewerking of
no-till
(soos
dit meer algemeen bekend is) vereis dat die
grondoppervlak minder as 25% versteur word
tydens die plant-aksie.
Saaidigthede het verlaag en brandstofbespa-
ring was aan die orde van die dag. Die kool-
stofinhoud van produsente se gronde het
verbeter en beter vogbewaring het daarmee
gepaardgegaan.
Ná die praktiese toer het dit duidelik na vore
gekom dat van die produsente wat al ‘n ge-
ruime tyd geenbewerking beoefen, voel asof
hulle ‘n plafon bereik het met die toename in
die koolstofinhoud van hul grond. Die rede
hiervoor, volgens dr Derpsch, is die feit dat die
tandimplemente steeds te veel versteuring van
die grondoppervlakte veroorsaak, wat verbran-
ding van organiese materiaal aanwakker en ook
vogverlies tot gevolg het (hierdie feit het duide-
lik na vore gekom uit werk wat ‘n student tans
oor koolstoffraksies onder verskillende wis-
selbousisteme in die Wes-Kaap doen).
Sy voorstel was dat sulke produsente die
punt bereik het waar hulle dit moet oorweeg
om oor te skakel na skyfplanters, wat slegs
‘n dun groefie oopmaak en die saad en kuns-
mis daarin plaas. Hy het al vantevore die-
selfde probleem teëgekom en nadat daardie
produsente oorgeskakel het, het die koolstof
van hulle grond weer begin toeneem.
Die ou verskoning van “ons grond is te klippe-
rig vir skyfplanters” is die nek ingeslaan nadat
die Riversdal-wisselbouproef (die plaas Uitkyk,
van Jan-Hendrik en Lindi Joubert) besoek is.
Binne hierdie proef (van die Wes-Kaapse De-
partement van Landbou) was dit duidelik dat
die nuwe-generasie-skyfplanters kan werk.
Daar is nog ontwikkelingswerk rondom die
gebruik van skyfplanters wat moet plaasvind,
maar produsente kan nou vorentoe kyk en die
probleme aanpak. Dr Derpsch som dit só op:
“Tine seeders can be used in case of extremely
degraded soils during an initial phase to re-
compose microbiological activity and increase
the organic matter content of the soil.”
Dr Derpsch het aangedui dat dit ongelooflik is
om te sien tot waar daar al gevorder is in terme
van bewaringslandbou in Suid-Afrika, maar dit
ook duidelik gemaak dat ons grootste tekort-
koming nog lê in die feit dat ons nie genoeg
materiaal bo-op die grondoppervlak los nadat
ons geplant het nie. ‘n Minimum syfer vir re-
siduvlakke na-plant behoort 30% te wees.
Permanente organiese
bedekking
Die behoud van residu’s op die grondopper-
vlak is noodsaaklik vir die sukses van bewa-
ringslandbou binne die produksie-omgewing
Vervolg op bladsy 50
1...,41,42,43,44,45,46,47,48,49,50 52,53,54,55,56,57,58,59,60,61,...100
Powered by FlippingBook