SA Graan November 2013 - page 54

Bewaringslandbou
Insette/Produksie
November 2013
52
Bewaring van oesresidu’s
is van kardinale belang
Element
Graan
Stoppel
Totaal kg % in stoppel
N
76,00
48,00
124,00
38,70
P
13,96
4,80
18,77
25,60
K
15,77
69,73
85,50
81,60
S
6,80
9,20
16,00
57,50
Mg
11,00
9,19
20,19
45,50
Ca
1,77
5,30
7,07
75,00
Cu
0,04
0,02
0,06
33,30
Mn
0,12
0,35
0,47
74,50
Zn
0,19
0,18
0,37
48,60
B
0,05
0,49
0,54
90,70
Fe
0,40
0,39
0,79
49,40
DR JOHANN STRAUSS, WETENSKAPLIKE: VOLHOUBARE PRODUKSIESTELSELS,
DIREKTORAAT PLANTWETENSKAPPE, WES-KAAPSE DEPARTEMENT VAN
LANDBOU EN SEKRETARIS: BEWARINGSLANDBOU WES-KAAP
Die behoud van oesresidu’s bo-op die grondoppervlak is van kritieke be-
lang binne ‘n bewaringslandbou-omgewing. Selfs indien jy nie glo in die
konsep van bewaringslandbou nie, bly dit steeds van belang en hopelik
oortuig die inligting wat volg die ongelowiges.
Stoppelinhoud
Produsente streef daarna om hul insetkoste te verlaag en hul oeste te
vergroot. Uit navorsing wat oor die afgelope 18 jaar op Langgewens (die
navorsingsplaas van die Wes-Kaapse Departement van Landbou) gedoen
word, het dit duidelik gewys dat die grootste direkte insetkoste, dié van
bemesting is.
Dit beloop ongeveer 30% tot 40% van die totale direkte insetkoste na
gelang van die tipe wisselbou produksiestelsel wat gevolg word. Binne
die stelselnavorsing is daar beide kontantgewas- en kontantgewas/vee-
stelsels.
Daar is deurentyd gepoog om soveel as moontlik materiaal ná oes te
behou, selfs in die stelsels waar vee in die somer op die residu’s gewei
het. Baal, brand en selfs die wei van die oesresidu’s het ‘n direkte effek op
die voedingstofinhoud van ons gronde wat dan weer ‘n effek het op die
hoeveelheid bemesting wat benodig word vir gewasverbouing.
Tabel 1
(aangepas uit werk wat deur die International Plant Nutrition In-
stitute [IPNI] en AG-PHD [Amerikaanse landbou radio- en TV-besigheid]
saamgestel is) toon die hoeveelheid voedingstowwe aan wat deur ‘n
4 ton koringoes verwyder word en watter gedeelte binne die oesresidu’s
vasgevang is. Hierdie tabel kan vir ander gewasse ook opgeroep word
deur middel van ‘n toepassing (
app
).
Tabel 1 maak ons opnuut bewus van hoe belangrik ons oesreste is vir
die volhoubaarheid van ons produksie. Ons moet oesresidu’s vir ons laat
werk. Navorsing wat in Suid-Amerika gedoen is, het getoon dat die baal
en verkoop van residu’s in die lang termyn ‘n kleiner inkomste vir die
produsent tot gevolg het en dat sy grond ook meer uitgeput word. Indien
jy jou residu’s verkoop aan ‘n ander, verarm jy jou eie grond, want al jou
voedingstowwe wat in die stoppel vasgevang is, beland nou in die koper
se grond.
Die brand van residu’s het dieselfde effek. Die feit dat produsente steeds
residu’s brand om onkruid te beveg (meestal oneffektief) en om makliker
te kan plant met ‘n tandplanter, is nie die antwoord nie. Dit is in baie
gevalle net ‘n verskoning om nie ‘n bietjie te sukkel nie, maar as jy werklik
‘n bewaringslandbouer wil wees, sal jy die kopskuif moet maak en afsien
van dié tipe praktyk en soek vir alternatiewe. Daar is genoeg produsente
deur die Wes-Kaap wat kan getuig van die waarde daarvan om nie te
brand nie.
Koelte en vogbewaring
Suid-Afrika is ‘n land van sonskyn; somertemperature in die Wes-Kaap
kan maklik tot in die lae 40°C klim. Sonder bedekking kan die grondtem-
perature in die bogrond tot 80°C klim, terwyl die temperatuur, onder be-
dekking val tot onder 40°C (sien
Foto 1
en
Foto 2
). Sodra die temperatuur
bo 40°C styg, word die lewe in die grond benadeel en kan die mikro-
organismes nie hul werk behoorlik doen nie.
Erosie
Ons verloor jaarliks meer vrugbare grond in Suid-Afrika as wat nuwe
grond gevorm kan word, omtrent so 400 miljoen ton per jaar. Hierdie
verlies is 60 keer meer as wat grondvorming is.
Foto’s 3 tot 5
verklaar
hierdie verskynsel. Die drie grondbedekkings is blootgestel aan 60 mm
reën in 20 minute.
Onkruidonderdrukking
Baie van die onkruidspesies waarmee ons probleme ondervind, soos
raaigras in die Wes-Kaap, bied weerstand teen verskeie van die chemiese
groepe wat beskikbaar is. Ons moet met alternatiewe na vore kom om
die onkruid te beveg.
Die gebruik van tandplanters kan die ontkieming van raaigras aanhelp
deur die grondversteuring wat dit veroorsaak. Skyfplanters kan ook ‘n
oplossing wees vir die grondversteuringsprobleem. Onkruid kan on-
derdruk word deur genoegsame residuvlakke wat die grondoppervlak
bedek. Onkruide kan oorskadu word deur die gebruik van dekgewasse
wat vinnig baie materiaal lewer en dit só onderdruk. ‘n Probleemkamp
kan deur die onttrekking van produksie baat deur die gevolglike verlaging
en selfs vernietiging van die onkruidsaadbank in só ‘n kamp. Ons is egter
op hierdie stadium nog maar skugter om so ‘n drastiese stap te neem.
TABEL 1: VOEDINGSTOFVERWYDERING DEUR KORING IN GRAAN EN
STOPPEL VIR ‘N 4 TON KORINGOES.
1...,44,45,46,47,48,49,50,51,52,53 55,56,57,58,59,60,61,62,63,64,...100
Powered by FlippingBook