SA Graan November 2013 - page 52

Bewaringslandbou
Insette/Produksie
November 2013
50
van die Wes-Kaap. Genoegsame materiaal help
nie net vog bewaar nie, maar help ook om die
temperatuur van die grond koel te hou.
Die afbraak van organiese materiaal in die
grond deur grondorganismes kan beïnvloed
word en selfs gestaak word as die temperature
nie geskik is nie. Tans benut produsente baie
van die residu’s met ‘n veefaktor; sommige
produsente baal en verkoop egter hulle mate-
riaal en oor tyd werk dit negatief in op die op-
bou van organiese materiaal en gevolglik die
koolstofinhoud van die grond.
Produsente moet mik vir ten minste 30% be-
dekking nadat hul geplant het en met die ge-
bruik van ‘n tandplanter sal hulle nie maklik
daarby kom nie. Hoe meer materiaal, hoe
meer probleme verskaf die plant-aksie met ‘n
tandplanter. Dr Derpsch het aanbeveel dat
produsente opnuut moet kyk na hoe hulle hul
veefaktor en gewasverbouing by mekaar in-
skakel. Sy aanbeveling is dat die twee eenhede
apart van mekaar moet wees en dat geen diere
op die kontantgewaskampe moet wei nie. Só
kan produsente seker maak dat hul kontant-
gewaskampe vinniger vorder in terme van die
opbou van organiese materiaal en koolstof.
Diversifikasie
Wisselbou is onlosmaaklik deel van enige
bewaringslandboustelsel. Hierdie been van
bewaringslandbou is tans redelik onder beheer
en die meerderheid van graanplase in die Wes-
Kaap het ‘n goeie wisselboustelsel in plek.
Daar is seker geen perfekte stelsel wat vir almal
sal geld nie, wat meer van belang is, is dat daar
soveel as moontlik verskillende gewasse binne
die stelsel moet wees. Dr Derpsch het dit weer
beklemtoon dat afwisseling belangrik is, dit
sluit peulgewasse en gewasse soos kanola in.
“Crop rotation also reduces and facilitates
weed and pest control and has a number of
advantages (
). The
inclusion of green manure cover crops into the
production system contributes to achieve the
desired diversification,” het Dr Derpsch gesê.
Die insluiting van groenbemestingdekge-
wasse is die volgende trappie vir bewarings-
landbouprodusente. Hierdie komponent van
bewaringslandbou is tans die fokuspunt in
navorsingsprogramme in Brasilië en Noord-
Amerika.
Verdere aanbevelings
Ná sy besoek het dr Derpsch ook die volgende
aanbevelings gemaak:
“…study mixtures of cover crops are also im-
portant because they have shown to be more
efficient than single cover crops. On farm and
on station research needs to be encouraged to
show producers the economic advantages of
crop rotation and the use of cover crops…”.
“Economists need to apply a holistic, long-
term systems approach to show the economic
advantages of diversification over the whole
cycle of a rotation”.
“….the economic value of separating sheep
and cattle from the cropping operation needs
to be analysed”.
“It will be important to make producers aware
of the value of residues as there are still pro-
ducers burning or selling their residues”.
Ter afsluiting
Produsente het baie stof tot nadenke gekry
tydens die praktiese besoeke asook die kon-
ferensie. Gevolglik gaan baie van die aanbe-
velings van dr Derpsch in die komende jaar
ondersoek word.
Die Wes-Kaapse Departement van Landbou
het nou die geleentheid om die navorsing
rondom die gebruik van skyfplanters onder die
loep te neem en die fynere punte van die beste
praktyke uit te sorteer.
Sodoende is die skoolgeld reeds betaal as
produsente begin oorskakel. Ontwikkeling van
dekgewasse en kombinasies van dié gewasse
geskik vir die Suid-Afrikaanse klimaat en wat
ons produksiestelsels ondersteun, sal ook
ondersoek word.
Dit is nou die tyd om bewaringslandbou verder
te neem in die Wes-Kaap, sodat produsente
ook die term “bewaringslandbou” ten volle
verdien en daarmee volhoubaarheid verseker.
Vir meer inligting, kontak dr Johann Strauss by
of 082 907 3109.
Stand van bewaringslandbou
in die Wes-Kaap
Vervolg van bladsy 49
1...,42,43,44,45,46,47,48,49,50,51 53,54,55,56,57,58,59,60,61,62,...100
Powered by FlippingBook