SA Graan November 2013 - page 55

Dis nou of nooit
Die tyd vir die wegbeweeg van konvensionele grondbewerkingspraktyke
en hoe ons oor ons oesreste dink, het aangebreek. Die volhoubaarheid
van ons landbou is belangrik, want voedselsekerheid is onlosmaaklik
deel daarvan vir alle produsente; maak nie saak hoe groot of klein jou
boerdery is nie.
Ons het nog ‘n lang pad om te stap met bewaringslandbou en onthou net,
daar is geen waarborg dat dit maklik gaan wees nie.
Vir meer inligting, kontak dr Johann Strauss by
of 082 907 3109.
Foto 1 en Foto 2: In Februarie vanjaar tydens ‘n besoek aan ‘n jong produsent
in die Caledon-omgewing was dit ongelooflik om onder die
stoppellaag te voel hoe koel die grond is en selfs die mate van
vog waaroor dit nog beskik, soveel so dat jy die grond kon
saampers in ‘n kluit. Dit het weer eens bevestig dat ons in ons
waterskaars land nie sonder bedekking kan of moet gaan nie.
Foto’s 3 tot 5:
Die foto’s alleen behoort reeds genoeg oortuiging te wees
in belang van residu-bewaring. Die erosie wat met konven-
sionele grondbewerkingspraktyke veroorsaak word, sluit
ook die verlies aan organiese koolstof in. In die Swartland
het konvensionele bewerking gelei tot koolstofinhoude van
onder 0,5%. Die enigste manier om hierdie inhoud te ver-
hoog, is deur die bewaring van residu’s.
1
2
3
4
5
Wie moet opbergingstrukture by
SAGIS registreer?
NICO HAWKINS, BESTUURDER, SUID-AFRIKAANSE GRAAN INLIGTINGSDIENS
Op versoek van die graan- en oliesadebedrywe is die Suid-Afrikaanse
Graan Inligtingsdiens (SAGIS) in November 1997 tot stand gebring.
SAGIS se hoofdoelstellings is die versameling, verwerking, analisering
en tydige beskikbaarstelling van graan- en oliesade-inligting aan alle
rolspelers.
Markdeelnemers (medewerkers), soos opbergers, verwerkers asook in-
en uitvoerders, word statutêr verplig om by SAGIS te registreer en in-
ligting in ‘n voorgeskrewe formaat te verskaf.
Wat die registrasie en verpligtinge van opbergers betref, is die volgende
definisies in die Statutêre Maatreël onder die Wet op die Bemarking van
Landbouprodukte (Wet 47 van 1996) belangrik:
“Kommersiële doeleindes” – waar ‘n inkomste of voordeel verkry
word
“Opberger” – ‘n persoon met opbergingsfasiliteite van 500 ton
en meer, waar graan of oliesade vir kommersiële doeleindes han-
teer word
Die klem is dus op opberging vir kommersiële doeleindes en ‘n inkomste
moet uit die opbergingsaksies verdien word.
In kort kom dit dus daarop neer dat ‘n produsent wat slegs sy eie graan of
oliesade in sy eie strukture, ongeag die kapasiteit daarvan, opberg, nie by
SAGIS hoef te registreer nie.
Indien ‘n produsent egter graan vir iemand anders teen vergoeding sou
opberg en hanteer en die strukture se kapasiteit groter is as 500 ton, is so
‘n produsent verplig om te registreer en inligting aan SAGIS deur te gee.
Opberging
Insette/Produksie
53
November 2013
SA Graan/
Sasol Nitro fotokompetisie
‘n Produsent wat slegs sy eie graan of oliesade in sy eie strukture opberg, hoef
nie by SAGIS te registreer nie.
1...,45,46,47,48,49,50,51,52,53,54 56,57,58,59,60,61,62,63,64,65,...100
Powered by FlippingBook