SA Graan November 2013 - page 57

Syngenta: ‘n Markleier in
sonneblomsaad
55
November 2013
WIKUS BOSHOFF, AME SAAD-PORTEFEULJEBESTUURDER
(MIELIES, SONNEBLOM, SOJA), SYNGENTA
Syngenta se vermoë om uitstekende resultate vir sy kliënte oor die ganse
landbouwaardeketting te lewer, berus sonder twyfel op dié maatskappy
se strategie om ongekende tegnologiese vooruitgang deur innoverende
navorsing te bewerkstellig.
Hierdie strategie het die maatskappy in staat gestel om gewasbesker-
ming op ‘n hoër vlak te plaas en is verantwoordelik vir die ontwikkeling
en verskaffing van sonneblomsaad.
Syngenta is veral trots op sy besondere aandeel in die voortdurende
verbetering van die gehalte van kultivars wat aan die Suid-Afrikaanse
mark voorsien word. Produsente wat Syngenta se sonneblomsaad ge-
bruik, doen dit natuurlik omdat hulle op spesifieke voordele kan reken,
wat insluit hoëkwaliteit saad, hoër opbrengspotensiaal, verhoogde
oliepersentasie sowel as groter siektebestandheid en derhalwe selfs
verlaagde insetkoste.
Vir produsente is dit gerusstellend om te weet dat Syngenta reeds sy
huiswerk gedoen het. Bygesê, die maatskappy het sy navorsing soos
gewoonlik baie goed gedoen, met ‘n reeks proewe onder hoogs uiteen-
lopende omstandighede in verskillende lande. Die eindresultaat is indruk-
wekkend aangesien Syngenta nou in staat is om gepaste kultivars aan
produsente te bied ten spyte van hul hoogs uiteenlopende behoeftes.
Syngenta verstaan maar te goed dat die mark toenemend hoër eise stel,
wat verklaar waarom die maatskappy onverpoos werk aan die ontwik-
keling van nuwe produkte. Een van hul huidige fokusse is hoë oleïensuur-
sonneblomsaad wat, per definisie, meer as 80% oleïen bevat en minder as
10% versadigde vetsure asook minder as 10% poli-onversadigde vetsure.
Hierdie kultivars verseker groter oleïensuurbestendigheid, veral onder
hoë temperature sowel as verlengde raklewe vir sonneblomolie.
Die Clearfield-kultivar, NK Adagio CL, is ‘n goeie voorbeeld van ‘n inno-
verende produk wat Syngenta aan kliënte bied, aangesien dit bestand is
teen Imidazole-onkruiddoders, weerstand teen die belangrikste siektes
bied, ‘n hoë olie-inhoud bevat en belangriker nog, hoë opbrengspoten-
siaal het.
Ander vooraanstaande produkte wat Syngenta se omvattende reeks aan-
vul, sluit in die SY 4045- en SY 4200-kultivars wat albei op groot skaal
gebruik word. Hierdie produkte lewer goeie hangkoppe, spog met hoë
weerstand teen gewone roes en lewer uitstekende, stabiele opbrengs-
potensiaal. Daarbenewens het die SY 4200 ‘n baie hoë olie-inhoud. Die
SY 3970 CL hou soortgelyke voordele in, waaronder ‘n hoë opbrengs-
potensiaal én hoë toleransie vir die IMI-onkruiddoder.
Dit blyk uit die unieke pluspunte van soveel van die kultivars wat dié
maatskappy na die Suid-Afrikaanse mark bring, dat ‘n hoë premie geplaas
word op die vestiging van sterk genetiese weerstand teen onkruiddoders.
Hierdie belangrike oorweging bied aan produsente die luukse om hul
sonneblomme te beskerm sonder die risiko van enige negatiewe gevolge.
Dít op sigself is ‘n wenresep vir optimale opbrengste en verlaagde inset-
koste.
Produk-inligting
Sonneblom
Insette/Produksie
SA Graan/
Sasol Nitro fotokompetisie
1...,47,48,49,50,51,52,53,54,55,56 58,59,60,61,62,63,64,65,66,67,...100
Powered by FlippingBook