SA Graan September 2014 - page 133

131
September 2014
en in ‘n goeie toestand wees. Die hoogteverstelling van die
flexi
-
tafel moet behoorlik funksioneer. Die spoed van die lem (waar dit
‘n vaste spoed het) het ‘n beperking op die voorwaartse spoed van
die stroper. Wanneer daar te vinnig gery word, word die soja-
boonplante nie behoorlik afgesny nie en plat gedruk; groot verliese
kanhier voorkom.
‘n Ander wenk wat gegee word, is dat die spoed van die riel onge-
veer 10% tot 20% vinniger moet wees as die stroper se voor-
waartse spoed sodat plante effens oorgedruk word en makliker
afgesnyword.
Twee gevallestudies
Geval 1: ‘nBoerdery opdieHoëveld en
droëlandsojabone
Die produsent plant tans 1 500 ha sojabone en dit word met twee
stroperswatmet
flexi
-tafels toegerus is, gestroop.
Hy gebruik ‘n pakket van kultivars wat bestaan uit kort, medium en
lang groeiers. Die kort groeiersword eerste aangeplant, waarna die
ander volg.
Die voginhoud van die sojabone speel ‘n belangrike rol omdat die
silo’s nie sojabone inneem waarvan die voginhoud hoër as 13%
is nie. Die kort groeiers is gewoonlik inMaart gereed om te stroop.
Soos die verskillende sojaboonlande gereed word, word dit ge-
stroop.
Die spoedwaarteen gestroopword, wissel van 5,5 km/h tot 7 km/h.
Dit is egter nodig om gedurig die toestande en ook die dors-
monsters dop te hou. As dit nodig is – byvoorbeeld in die ge-
val van te veel gesplete pitte of gruis – moet verstellings gemaak
word. Die spoed moet ook laer afgestel word as sojabone ‘n vlak
vanonder 12% vogbereik.
Sy langtermyn-opbrengs is 1,5 ton/ha en met die twee stropers in
‘ngoeie toestand, kanhy tot 80ha per dag stroop.
Geval 2: ‘nBoerdery indie Laeveld en
sojabone onder besproeiinggeplant
Daar word 300 ha sojabone aangeplant, gestroop met een stroper
wat toegerus is met ‘n
flexi
-tafel. Wat veral vir hierdie boerdery
belangrik is, is dat die landoppervlakte baie gelykmoet wees sodat
die
flexi
-tafel later sonder probleme oor die land kan beweeg. Hulle
sal soms die land voor planttyd gelyk sleep met ‘n doelgemaakte
implement.
Ook hier word ‘n pakket van kultivars aangeplant met die kort
groeiers eerste. Die kort groeiers is gewoonlik ook inMaart gereed
omgestroop teword, wanneer die voginhoudongeveer 13% is.
Hulle langtermyn-opbrengs is 4,5 ton/ha en die stroperspoed is
tussen 4,5 km/h en 5 km/h. Met ‘n 9m (30 voet)
flexi
-tafel kan hulle
tussenongeveer 20ha en 25ha per dag stroop.
‘n Eienskap van sekere kultivars is dat wanneer die peule reeds
gereed is om gestroop teword is, die plantstam nog groen. In sulke
gevalle is dit nodig om die stroopspoed heelwat af te bring om
verstoppings te verhoed. Hierdie produsent meen dat dit ‘n fout is
om te beweer dat bemesting by sojabone nie nodig is nie. Hulle kry
heelwat beter resultatemet bemesting.
Kontrakteurs
Stroopkontrakteurs kan gebruik word om vergrote sojaboonaan-
plantings te stroop. Omdat die stroopperiode van sojabone, soos
hierbo aangedui, baie kort kan wees, moet seker gemaak word dat
die kontrakteur opdie regtedagopdieplaas is.
Kontrakteurs wil natuurlik soveel as moontlik hektaar per dag
stroop; daarom is dit nodig om seker te maak dat verliese, soos
elders genoem, nie te buitensporig is nie. Stroperspoedmoet veral
gekontroleerword.
Riglyne uit die
Meganisasiegids
Die 2014
Meganisasiegids
van JP le Roux gee ‘n aanduiding van
die hoeveelheid hektaar watmet verskillende
flexi
-tafels per 10-uur-
daggestroop kanword.
In
Tabel 1
word diewerkstempo’s van
flexi
-tafels van 6,1m tot 12m
met tweedoeltreffendhede aangetoon.
Jy kán sekerwees
Met deeglike beplanning, veral wat aanplantings betref, kan jy seker
maak of jou bestaande stroopkapasiteit voldoende sal wees vir
vergroteaanplantings; óf ‘nnuwe stroper aangekoopmoetword; en
óf jy van kontrakteurs gebruikmoetmaak.
DOELTREFFENDHEID 75% DOELTREFFENDHEID 65%
WERKSWYDTEVAN
FLEXI
STROPERKW
SPOEDKM/H
WERKSTEMPO
WERKSTEMPO
6,1m tafel
150 - 180
4
5
6
18,30
22,80
27,45
15,86
19,83
23,79
7,6m tafel
180,1 - 210
4
5
6
7
22,80
28,50
34,20
39,90
19,76
24,70
29,64
34,58
9m tafel
210,1 - 250
4
5
6
7
8
27,00
33,75
40,50
47,25
54,00
23,40
29,25
35,10
40,95
46,80
10,8m tafel
250,1 - 320
4
5
6
7
8
32,40
40,50
48,60
56,70
64,80
28,08
35,10
42,12
49,14
56,16
12m tafel
320,1
4
5
6
7
8
36,00
45,00
54,00
63,00
72,00
31,20
39,00
46,80
54,60
62,40
TABEL 1: STROOPWERKSTEMPO’SVIRSOJABONE.
1...,123,124,125,126,127,128,129,130,131,132 134,135,136,137,138,139,140,141,142,143,...148
Powered by FlippingBook