SA Graan September 2014 - page 126

Hou dieNovember-uitgawe van
SAGraan/Grain
dop vir ons spesiale
fokus op natuurlike hulpbronne
en energie.
Belangstellende adverteerders kan vir
Jurgen vanOnselen kontak by
082 417 3874 of 021 976 4482.
124
Die masjinerie word net groter en groter, maar dit gaan ‘n punt
bereik waar dit onbekostigbaar is vir produsente. Ek dink ons
is baie naby aan hierdie punt. Daar is ‘n baie fyn lyn tussen
kostedoeltreffendheid endienodigheidom temeganiseer.
Andries:
Ek is van mening dat ons, siende dat wisselbou,
minimumbewerking, meganisasie, die optimum gebruik van die bes
presterende kultivars en kritieke bestuur reeds toegepas word, dit
moeilik sal vind om insette nog verder af te bestuur. In elk geval nie
in só ‘n mate dat dit ‘n positiewe uitwerking op die hoeveelheid
koringwat geplant gaanword, sal hênie.
Koos:
Insetkoste kan altyd afwaarts bestuur word deur beter
verbouingspraktyke toe tepas endeur ‘ngoeiewisselbousisteem te
volg.Wisselbouverlaag insetkosteenook risikowat dieweer betref.
Speel koringkwaliteit ‘n rol?
Richard:
Ja, maar daar word nie ‘n groot genoeg premie betaal vir
die koste om premiumkoring te kan produseer nie. Die koringprys
was oor tyd tenminste twee grade te laag gewees (ongeveer R270)
en die vervoerdifferensiaal veroorsaak boonop dat produsente
finansieel baie seer kry.
Andries:
Koringkwaliteit en opbrengs is ongelukkig negatief ge-
korreleerd. Ons produseer die beste kwaliteit koring in die wêreld,
wat die kopers uitbuit tot hulle voordeel deur swakker kwaliteit ko-
ring in te voer en te meng. Die realiteit is dat hierdie minderwaar-
digeproduk dieprys bepaal vandiebeter koring.
CD:
Ja, koringkwaliteit is tehoog enopbrengs te laag.
Jaco:
Koringkwaliteit speel altyd ‘n rol omdat ons indieOos-Vrystaat
stroopwanneer dit reën. Ons kry dit tog reg om elke jaar ‘n oes van
goeie kwaliteit te lewer.
Koos:
Koringkwaliteit speel altyd ‘n rol omdat ons volgens gra-
deringsregulasies vergoedword en ‘nbeter prys realiseer.
Voorstelle aan die koringtelers
Richard:
Opbrengs met die behoud van ‘n minimum kwantiteit-
en kwaliteitspesifikasies. Droogtebestandheid is belangrik. Ons
moet weet hoe spesifieke kultivars reageer op standaard chemiese
behandeling, soos wat bekend gemaak word met die kultivar-
vrystelling inAustralië.
Baie standaard chemiese behandelings word toegepas in ons land,
maar uitAustraliesedata kangesienworddat elke kultivar andersop
diebehandeling reageer. Dit kan ‘nverhogingof verlaging tot gevolg
hê,maar onshet geen ideehoeveel vanonsoesons “wegspuit”met
die standaardbehandelings nie.
Andries:
My versoek aan ons koringtelers is die volgende: Die
enigste manier hoe ons die koringbedryf in Suid-Afrika gaan red,
is met hoër opbrengste. Teel vir ons koring met dieselfde kwaliteit
as dít wat ingevoer word, maar met hoër opbrengste. Ons is lank
genoeg geboelie en mislei, ons het niks om te verloor nie, die
swakker kwaliteit ingevoerde koringbepaal in elk geval dieprys.
Indien die meulenaar dan van ons goeie kwaliteit koring wil hê, is
onsboodskapaanhulle:Betaalvirons ‘npremieenonsproduseerdit.
Dalk het dit tyd geword dat ons GM-koring produseer. Daar sal
verseker gefokusmoet wordopbasters omopbrengste te verhoog.
CD:
Teel soortgelyke kultivars aswat diemeulenaars/bakkers vanaf
Rusland en die Swartsee invoer, met ander woorde kultivars met
groter opbrengste en laer kwaliteit, sodat die prys gevolglik meer
regverdig sal wees.
Die vier kopers steel ongeveer R300/ton - R500/ton jaarliks vanaf die
produsente deur ons koringprys af te speel met die goedkoopste
koringwat hulleopdiewêreldmark kan kry.
Jaco:
Die koringtelers moet probeer om ‘n kultivar daar te plaas
wat die opbrengs verhoog en kan dan dalk toegee op kwaliteit. Ons
koring word in elk geval vermeng met die swakker kwaliteit koring
wat ingevoerword.
Die telers kon die afgelope paar jaar nie daarin slaag om kultivars te
teelmet ‘n abnormalehoëopbrengs nie.
OP PLAASVLAK
Saad
KORINGPRODUSENTE...
Hoekomplant jullenie koringnie?
SAGraan/
Sasol Nitro fotokompetisie
1...,116,117,118,119,120,121,122,123,124,125 127,128,129,130,131,132,133,134,135,136,...148
Powered by FlippingBook