SA Graan September 2014 - page 128

September 2014
126
AGSUN8251geeprodusentegemoedsrus
S
onneblom het oor die afgelope dekade bewys dat dit as
hoofgewas kompeterend met ander hoofgewasse verbou
kanword.
Met die koms van hoë-opbrengspotensiaal-sonneblombasters op
die Suid-Afrikaanse mark, het die prentjie in die sonneblombedryf
aansienlik verander. Produsente het al hoe meer oortuig geword
dat daar waarde in sonneblom is as ‘n volwaardige hoofgewas, in
teenstellingmet die vanggewaswat dit voorheenwas.
Hierdie benadering is twaalf jaar gelede nog verder versterk deur
‘n kultivar wat tot vandag toe spog as een van die kultivars op
die sonneblommark met die hoogste langtermyn gemiddelde
opbrengste oor al die opbrengspotensiaalgebiede. Daar word
natuurlik verwys nadie immergewildeAGSUN 8251.
Sonneblomprodusente in Suid-Afrika is oor die afgelope dekade
bederf met ‘n kultivar wat nie net in ‘n klas van sy eie is wat op-
brengsstabiliteit betref nie, maar wat produsente ook gemoedsrus
gee met betrekking tot siekteweerstandbiedendheid, uitstekende
agronomiese eienskappe en goeie bestuiwing. Bekend as ‘n sonne-
blomkultivar met ‘n wye genetiese potensiaal, vaar AGSUN 8251
uitstekend in droë seisoene en kom ook tot sy reg in baie nat
seisoene.
Een van die beperkinge op sonneblom is die feit dat stamsiektes
plante op ‘n laat fisiologiese stadium kan infekteer. Stamsiektes,
soos byvoorbeeld Sclerotinia (
Sclerotinia sclerotium
), veroorsaak
dat plante laat in die seisoen begin omval en kan produsente se
opbrengste asookwinsmarges aansienlik verlaag.
AGSUN 8251 is een van die min sonneblomkultivars op die Suid-
Afrikaanse mark wat die unieke
stay green
-geen bevat. Die
stay
green
-geen veroorsaak dat die stam van die plant groen bly ten
spyte van die feit dat die plant naby aan stroopgereed is. Die groen
stam plaas ‘n beperking op die infeksie van sekere stamsiektes,
beperk die omval van plante en verseker produsente van goeie
opbrengste ten spyte van strawweproduksietoestande.
AGSUN 8251 spog ook as een van die toppresterende kultivars in
die nasionale kultivarproewe en het oor ‘n periode van twaalf jaar
op verskeie geleenthede as wenner uit die hierdie kultivarproewe
getree. Met ‘n gemiddelde opbrengs van 2,21 ton/ha oor twaalf
seisoene, teenoor ‘n 1,96 ton/ha proefgemiddeld van al die inskry-
wings in die nasionale kultivarproewe, kan daarmet sekerheid gesê
worddat AGSUN 8251 ‘n leier opdie sonneblommark is.
Nadat al die kommersieel beskikbare sonneblombastersopdiemark
geëvalueer is, is daar bevind dat die top-sonneblombasters almal
twee faktore in gemeen het, naamlik puik agronomiese eienskappe
enopbrengsstabiliteit.
Langtermynstabiliteit in opbrengs behoort vir sonneblomprodu-
sentediegrootsteoorweging teweeswat kultivarkeusebetref envir
jare het AGSUN 8251 produsente verrasmet sy hoë opbrengste en
siekteverdraagsaamheid.
Daar kan dus met vrymoedigheid na AGSUN 8251 verwys word
as die alles-in-een-kultivar. Hierdie is slegs een van vele hoë-
opbrengspotensiaal-sonneblombasters inAgricol seAGSUN-sonne-
blomreeks.
‘n Nuwe toetreder tot hierdie reeks is die baie aanpasbare
AGSUN 5278, wat veral tot sy reg kom in pakket-aanplantings met
AGSUN 8251. Nog ‘n voorbeeld van stabiliteit is die immergewilde
AGSUN 5264, wat uitstekend vaar by vroeë en laat aanplantings.
Met opbrengs asmaatstaf, gee Agricol se AGSUN-sonneblomreeks
sonneblomprodusente vollegemoedsrus.
OP PLAASVLAK
Saad
JOUBERT SWANEPOEL,
landboukundige, Agricol
Produk-inligting
Die immergewildeAGSUN 8251: Die alles-in-een-kultivar.
1...,118,119,120,121,122,123,124,125,126,127 129,130,131,132,133,134,135,136,137,138,...148
Powered by FlippingBook