SA Graan September 2014 - page 142

September 2014
140
AKTUEEL
Goeiearbeidspraktyke en -verhoudinge indie kollig
I
n 2013 is die Rhys Evans Groep aan-
gewysasdieGraanSA/SyngentaGraan-
produsent van die Jaar.
SAGraan/Grain
het gaan inloer by dié familieboerdery
naby Viljoenskroon om by hulle te gaan
kersopsteek oor hoe hulle arbeidsverhou-
dingeen -praktykehanteer.MnrArnoCronjé
(hul hoofbestuurder) was aandiewoord:
“Ons uitgangspunt is om ons werkers met
respek te hanteer (soos ons self hanteer wil
word), sonder om dissipline prys te gee.
Hulle moet weet wat hul verantwoordelik-
hede is enons houhulledaarby.”
Vir hulle is die grootste uitdaging om hul
personeel in die nuutste tegnologie op
te lei om by die huidige uitdagende om-
standighede aan te pas. “‘n Mens moet
deurentyd in gedagte hou dat hulle saam
met die boerdery ontwikkel endaaromdeel
is van die boerdery. Ons probeer om aan
ons werkers die beste werksomstandig-
hede te gee en dié wat aan die gestelde
vereistes voldoen, verhoging op meriete
te gee. Ons wil eerder hê hulle moet voel
hulle weet waarheen ons op pad is. So-
doende probeer ons hulle deel maak van
dieboerdery.”
Opheffing
Die Rhys Evans Groep se werkers bly nie
op die boerdery se plase nie en dit maak
dit moeiliker om nou betrokke te wees by
die gesinne. “Ons is direk en indirek op ver-
skillendemaniere betrokke by die gemeen-
skap, maar veral by skole waar ons graag
bystand lewer met die instandhouding van
hul sportfasiliteite en skoolgronde.
“Ons hou ook van tyd tot tyd, met behulp
van buite-instansies, inligtingsessies vir
werkers oor temas, soos persoonlike finan-
siële bestuur en gesondheidsprobleme,
en probeer hulle opvoed om nie in te gee
onder die sosiale druk waarmee hulle
gekonfronteerwordnie.
“Dit is iets wat vir hulle baie moeilik is
– veral omdat van hul familielede hoë
posisies beklee en daarom baie geld aan
duur motors en ander items bestee om
hulle sosiale stand in die samelewing
te probeer bevestig. Werkers wat onder
hierdie tipe druk swig, kry baie swaar as
gevolg van die skuldlas wat hulle aangaan
omby ‘n lewenstyl bóhulleeievermoëns te
probeer byhou.”
Die groep maak ook ‘n bydrae wat die
opheffing van werkers betref deur middel
van ‘n program waar hulle derdejaar-land-
boustudente vanaf instansies soos die
Potchefstroom Landboukollege inneem om
hul praktiese jaar by die Rhys Evans Groep
te doen. Hulle word dan aan die totale
boerderyblootgestel. “Dit kangevolglikook
moontlik daarop uitloop dat ons vir hulle
poste aanbied. Op presies hierdie wyse
het een van ons werkers al gevorder tot ‘n
junior plaasbestuurderspos en daar is een
wat in lyn staan daarvoor. Ons gee egter
voorkeur aanons eie personeel se kinders,”
vertel Cronjé.
“Om met die vinnige ontwikkeling van
tegnologie tred te hou, het ons ook begin
om studente wat gekwalifiseer het as trek-
keroperateurs aan te stel, gevolg deur ‘n
tydperk van intensiewe indiensopleiding.
So vind opheffing plaas in die sin dat
hulle nie gewone plaasarbeiders is nie,
maar hoogs opgeleide trekkeroperateurs.
Dit is egter nie iets wat oornag gebeur
nie, en moet met groot omsigtigheid aan-
gepakword.”
Dissipline
Hulle het ‘n voltydse arbeidsverhoudinge-
bestuurder en ‘n eie interne dissiplinêre
prosedure. Elke afdelingsbestuurder is
verantwoordelik vir die dissipline van sy
eie werkers en pas alle wetlike vereistes
getrou toe. “Waar sake by ‘n sekere vlak
verbybeweeg, sal ons van ‘n arbeidskon-
sultant se hulp gebruik maak,” verduidelik
Cronjé.
Minimum loonenvakbonde
“My siening van die minimum loon is dat
dit ‘n skande is dat van ons produsente
steeds nie die minimum loon betaal nie.
Sodanige produsente behoort uitgewys
en vervolg te word, want dit is een van
die faktore wat bydra tot arbeidsonrus en
wat aan produsente ‘n slegte naam gee.
Produsente kan nie verwag dat mense op
lone minder as die minimum loon moet
oorleef met lewenskoste wat konstant
stygnie. Ons glodaaraanomgoeiewerkers
meer te betaal en sodoende te verseker dat
ons kwaliteitwerkers het wat by ons bly.
Produsente sal daaraangewoondmoet raak
dat hulleminderwerkers gaanhê, watmeer
betaal salmoet word.”
‘nBate
“As jy wil hê iemand moet ‘n werk doen,
stel hom in staat om dit te doen. Dit sluit
toerusting, opleiding en ‘n omgewing wat
bevorderlik vir prestasie is, in. As jy wil hê
hy moet jou duur trekker bestuur, rus hom
toe met die nodige vaardighede om dit te
kan doen – en beloon hom dan daarvoor.
Party mense sien ‘n werknemer as ‘n las
of gereedskapstuk. Ons sien werkers as ‘n
bate. Wanneer ons hom aanstel, stel ons
hom aanmet die idee dat ons sy potensiaal
wil benut en homwil ontwikkel, tot ons en
sy eie voordeel.”
ADRI THERON,
SAGraan/Grain
medewerker
–Rhys EvansGroep
Reeks
Die Rhys Evans Groep is direk en indirek op
verskillende maniere betrokke by die ge-
meenskap, maar veral by skole waar hulle
graag bystand lewer met die instandhouding
vanhul sportfasiliteite en skoolgronde.
Congratulations!
Ms Sylvia Phokane (middle), of the ARC-Grain Crops In-
stitute (ARC-GCI), was awarded the Best Oral Presenta-
tion and Best Overall Winner in the MSc category at the
ARC-Professional Development ProgrammeConferenceon
27 June this year, held at the ARCCentral Office, Pretoria.
Phokane is mentored by Mr Edson Ncube (right) and Prof
Bradley Flett (left) of the ARC-GCI, and Ms Lindy Rose at
Stellenbosch University where Phokane is registered for
aMSc degree inPlant Pathology.
–Mary James, ARC-GCI
1...,132,133,134,135,136,137,138,139,140,141 143,144,145,146,147,148
Powered by FlippingBook