SA Graan September 2014 - page 143

o
ngeveer twee jaar gelede moes ek ‘n troue beplan en
koördineer en aangesienbeidedieman en vrou eers laat
inhul lewens besluit het om te trou, het albei al hulle eie,
gevestigde, volgemeubeleerdewonings gehad.
Trougeskenke sou dus vir almal ‘n tameletjiewees, want
wat koop ‘nmens vir iemandwat reeds alles het endie kans boonop
groot isdat daar in sommigegevalle selfs tweevan ‘n item salwees?
Dieegpaar seplanwasomnáhulwittebrood saam in ‘nnuwehuis in
te trek om só ‘n nuwe begin aan te kondig. Die huis sou egter uit sy
nate barsmet albei se besittings en iemandmoes besluit wat moes
saamtrek enwatmoes agterbly –daar isbesluit op ‘nderdepartyvir
hierdie taak endaardiepersoonwas ek!
Om nogmeer hooi opmy vurk te laai, was die tuin ook my verant-
woordelikheid. Die nuwewoningmoes kant en klaar wees, binne en
buite, met hulle terugkeer vanaf hul eksotiese wittebrood, aange-
siendienuwebruidegom sybruidoor dievoorhek sedrumpel sowel
asdievoordeur sedrumpel woudra. Die spanningwasgroot omdie
verrassingbetyds te voltooi vir dienuwe egpaar.
Tydens ‘n paar konsultasies in beide se bestaande wonings, kon
ek mooi vasstel waarvan hul gehou het om hulself mee te omring.
Een vereiste wat hulle aan my gestel het, was dat die huis en die
tuin inmekaarmoes vloei om ‘n eenheid te vorm. Om ‘n nuwe tuiste
vir iemand anders te skep, verg baie kopkrap, veral as dit vir twee
uiteenlopende persoonlikhede is. ‘n Nuwe uitdaging is egter al-
tydwelkom.
Ek het baie moeite gedoen om die tuinontwerp visueel somooi as
moontlikopplanvas te lê, aangesienekdit graagas ‘nkunswerkwou
raam en teen een van die huis se mure wou hang. As trougeskenk
kon die gaste dan enige van die tuinprodukte borg, waarna hul
naam/name langs die produk se skematiese voorstellingopdie plan
aangebring sou word. Sommer vinnig het die tuinprodukte op die
plan kopers gekry.
Die tuin sou ‘n lewende monument wees van al die spesiale gaste
wat by hulle bruilof was, terwyl die binne-leefarea verteenwoor-
digend vandie egpaar self souwees.
In die huis was dit ‘n perd van ‘n heel ander kleur wat ek moes op-
saal. Ekmoes die elementewat beskikbaar was vanuit hulle “vorige
lewens”mooi meng enpas omdie tweewêrelde sinvol en aanskou-
lik bymekaar te bring. Boonop moes ‘n klein begroting dit alles
maakwerk.
In ontwerpterme praat ons dikwels van items wat “hande vashou”
en hiermee bedoel ons dat die verskillende items gelukkig saam ‘n
eenheid moet vormmet mekaar; sonder om te bots. Hier volg ‘n
paar wenke wat ek toegepas het om in hierdie woning suksesvolle
groeperings tot stand te bring wat maklik in enige ander huis ook
toegepas kanword:
Ek het beginom foto’s te neem van al die items indie twee huise en
agteropelke fotohetekdiepresiesematesvanelke itemaangebring.
Tweedens het ek die twee groepe foto’s deurmekaargeskommel en
beginuitsorteer.
My heel eerste taak was om al die foto’s wat visueel bymekaarge-
pas het ten opsigte van kleur, saam te groepeer. Hieruit het ‘n
paar moontlike kleurskakerings ontstaan en met die hulp van verf-
kleurkaarte wat verniet beskikbaar is by enige verfhandelaar, kon
ek ‘n mooi prentjie vorm van elke gevoel of atmosfeer wat ek met
kleurwou skep.
Die volgende taak was om te besluit watter items bymekaar hoort
tenopsigtevanhul gebruik enookmoontlikdievertrekwat ditmoes
huisves.
Om alles temaak pas, inaggenome elke item se individuele grootte,
het ek begin deur die items wat die grootste grondoppervlak in be-
slag sou neem se groottes (volgens skaal) op gekleurde karton aan
te bring. So het elke 2 cm op papier 1 m in realiteit voorgestel. Dit
is ‘n maklike, werkbare skaal om te gebruik. Deur die uitgeknipte
“items” rond te skuif op ‘n vloerplan vandieselfde skaal (skaal 1:50),
kon ek alles ingepas kry. Dit is veel makliker om gekleurde karton-
itemsop ‘nvloerplan rond te skuif asomdie regtemeubelstukkeoor
te trek endanmetmoeitebinne vertrekke rond te skuif.
Deur hierdie metode te volg, het eertydse slaapkamergordyne in
die ingangsportaal opgeëindig en ‘n antieke staanlamp sommer in
die kombuis. Van die ornamente wat gemaak was om te staan, is
netjies teendiemuur geraam. Ditwasvet pret (en ‘ngroot verligting)
toe allesmooi in plek begin val het. Al moes ek tog op die ou einde
tussen die buite- en die binne-leefareas rondhardloop om alles op
hulle voorafbepaalde plekke te kry, was die taak soveel makliker
gemaak deur sorgvuldigebeplanning.
Al die trougaste het weer reünie gehou by die nuwe woning en
die egpaar ingewag met hulle terugkeer van hul wittebrood af. Die
eindproduk was werklik iets besonders en die uitdrukking op almal
segesigtewas prysloos.
Maar die grootste beloning op al die harde werk, was die effek van
hoe hulle nuwe blyplek nou daar uitgesien het, op die bruidegom...
Hy moes sy bruid eers neersit voor hy haar oor die drumpel kon
dra,want syemosieshet homvir ‘nwylebeetgekryendaarwasselfs
‘npaar tranewat weggepinkmoesword.
Om tweewêreldebymekaar tebring
Vir navrae, skakel DavidViljoen vanMercuryDesigns by 011 894 2430 of
082 468 3142, of stuur vir hom ‘n e-pos na:
.
Gaan hou ook van ons
Facebook
-bladsy “Wysboek op Faceboek”
.
DAVIDVILJOEN,
kreatiewe landskapsontwerper en tuinboukundige
KREATIWITEIT
metDavid
Wysboek op
Facebook
141
September 2014
1...,133,134,135,136,137,138,139,140,141,142 144,145,146,147,148
Powered by FlippingBook