SA Graan September 2014 - page 132

September 2014
130
Faktorewat stroperkapasiteit in
sojabonebeïnvloed
V
olgens verskeie artikels in landboutydskrifte, het die
produksie van sojabone vanaf 135 000 ha in 2004 tot
480 000 ha in 2012 gegroei. Daar word ook bereken dat,
met die nuwe persaanlegte vir oliesaadwat aangebou is en
nogbeplanword, dieoppervlakte van sojabone kan verdubbel.
Ook vanuit bewaringsboerderygeledere gaan daar steeds meer
stemme opwat sojabone beskou as die ideale gewas vir wisselbou
saam met mielies. Die onderwerp van ‘n lesing wat vroeg in
September vanjaar inKwaZulu-Natal gehouword, is: “Breekdeurdie
6 ton-hindernis in opbrengs van sojaboonproduksie. Is dit prakties
en ekonomies uitvoerbaar?”
Dit in ag genome, tesamemet ‘n laer mielieprys, moet daar verwag
word dat sojaboonaanplantings opmerklik kan verhoog. In hierdie
artikel word ‘n paar faktore genoem wat ‘n invloed kan uitoefen
op stroperkapasiteit – dit is veral noodsaaklik om seker te maak of
die bestaande stroperkapasiteit voldoende sal wees om die groter
oppervlakteop ‘nplaas doeltreffend tehanteer.
Tydsbeperking op strooptye
Sojabone behoort gestroop tewordwanneer die voginhoud tussen
13%en14% is. Asdievoginhoud laer as12%daal, kanbaiegesplete
pitte asook vergruising gedurende die dorsproses voorkom. Meer
peule wat oopspring as die voginhoud te laag daal, kan ook groot
verliese veroorsaak.
Verlengde strooptydmet verskillende
sojaboonkultivars
Die belangrikste inligting wat in ag geneemmoet word ten opsigte
van kultivarkeuse, is die lengte van die groeiseisoen. Sojabone is
gevoelig vir daglengte en ‘n gegewe kultivar sal later rypword hoe
verder suid in Suid-Afrika dit geplant word. Om dieselfde rede sal
die plantdatum ook die lengte van die groeiseisoen beïnvloed en
sal ‘n gegewe kultivar heelwat gouer blom by ‘n later plantdatum.
Heersende temperature (veral nagtemperature) het ook ‘n invloed,
daarom groei sojabone heelwat stadiger op die Hoëveld in
vergelykingmet diewarmer Laeveld.
Hierdie inligting kanmet vrug deur produsente gebruik word om ‘n
langer strooptyd te verkry deur kultivars te plant met verskillende
rypworddatums.Dit sal virprodusentevoordeligweesomsojaboon-
kultivaraanbevelings van die LNR-Instituut vir Graangewasse (LNR-
IGG) tebestudeer en/of hulle saadverskaffer hieroor te raadpleeg.
Peul- en planthoogte
Peul- en planthoogte beïnvloed die stroopbaarheid van sojabone.
Oor die algemeen is daar ‘n verband tussen peul- en planthoogte
en die relatiewe lengte van die groeiseisoen. Sogenaamde kort
groeiseisoen-kultivars het gewoonlik ‘n laer peul- en planthoogte as
langgroeiseisoen-kultivars.
Beide eienskappe word ook deur produksiepraktyke beïnvloed. ‘n
Nouer tussenry- en binneryspasiëring sal peulhoogte betekenisvol
verhoog. Sodoende vergemaklik dit die stroopproses. Die aan-
beveling vir plantpopulasie is tussen 300 000 en 400 000 plante
per hektaar.
Weerstand teen die oopspring van peule
Hierdie eienskap van ‘n kultivar kan ‘n belangrike rol speel tydens
ongunstige toestande met die stroop van sojabone, omdat dit
verliese aansienlik kan verminder.
Kort of vinnige kultivars het die grootste risiko vir oopspring, terwyl
langer groeiende kultivars die minste daardeur geraak word. Weer
eens is dit raadsaam om kennis te neem van die evaluering van die
LNR-IGG tenopsigte vandieoopspring van verskillende kultivars.
Verliesewat tydens stroop voorkom
Wanneer daar oor stroperkapasiteit besin word, is dit nodig om
verliese tydens die stroopproses in ag te neem. Tydens die stroop
van sojabone kan pitverlies so hoog soos 20% wees indien die
operateur niebehoorlikaandaggeeaandie instellingenwerkingvan
die stroper nie.
Sojaboonverliese kan indie volgende kategorieë ingedeel word:
Vooroesverliese
Dit is saad wat van reeds oopgespringde peule op die grond lê en
ook saadwat in die peule sit waarvan die plante reeds op die grond
omgeval het.
Insamelingsverliese
Dit behels alle peulewat nog vas is aan plante tydens stroop, maar
nooit in die stroper beland nie. Diemeeste verliese kom juis in hier-
die kategorie voor.
Drom- en silinderverliese
Dit is saad wat deur die stroper beweeg, maar in die peul bly. Dit
worddus niegedors nie.
Skeidingsverliese
Hier word verwys na gedorste bone wat saammet die kaf weer op
die land beland. Om die totaal van dié verliese so laag as moontlik
te hou, moet die instelling van die stroper behoorlik gedoen word
en gedurende die stroopperiode behoort aanpassings gemaak te
word soos toestande verander.
Wat sê die kenners?
Die eerste aanbeveling wat gemaak word om die stropery glad te
laat verloop en om die kapasiteit te verhoog, is om van ‘n
flexi
-
strooptafel gebruik te maak. Die voordeel is dat die snybalk die
kontoer van die land kan volg en die sojabone baie nader aan die
grond kan afsny.
Dit verseker dat selfs peule wat laag gedra word, so versamel kan
word. Afhangende van die opbrengs, kan daar met ‘n
flexi
-tafel
tussen 5 km/h en 7 km/hgestroopword.
Die sogenaamde
flexi draper
-strooptafel gebruik bande om die
afgesnyde sojabone indie stroper in tebeweeg. Hierdie aksie isbaie
sagter en verliese by die strooptafel is minder. Dit is egter heelwat
duurder om aan te koop. Voor strooptyd moet daar veral aandag
aan die snybalk gegee word. Maak seker dat die lemme skerp is en
vervang geslyte lemme met nuwes. Die lembeskermers moet vas
OP PLAASVLAK
Stroperkapasiteit / Sojabone
Werktuieen implemente
KOOS LE ROUX,
SAGraan/Grain
medewerker
1...,122,123,124,125,126,127,128,129,130,131 133,134,135,136,137,138,139,140,141,142,...148
Powered by FlippingBook