SA Graan September 2014 - page 125

Dit egter teendie agtergrond vandie risiko enbeperktemarkruimte,
maak dat koringnogons hoofgewas is.
Andries:
Die Swartland is koringwêreld – koring met die beste
kwaliteit en goeie opbrengste is hier in sy natuurlike omgewing.
Ons kan koring produseer, ons kan voedsel produseer en dít in ‘n
omgewingwaar baiemin ander gewasse verbou kanword.
Indien nie, hoekom nie? Vervul ander
gewasse die rol?
Andries:
Die beperkende faktore in die koringbedryf het my
geforseer om aanvanklik medics as ‘n alternatiewe gewas te ge-
bruik, eerstensomdievoordeel van stikstofbinding tot voordeel van
koring te gebruik en insette te verminder asook risikoverspreiding
met ‘ngroter veefaktor.
Tans speel kanola ‘n kritieke rol in my boerdery as gevolg van die
mededingendheidsvoordeel wat oliesaadpryse vir my bied. Hierdie
mededingende alternatiewe veroorsaak dat die rol van koring inmy
boerderyverder gaanverminder.Dit hetmy laat besluit ommy risiko
te versprei enmeer kanola aan teplant enminder koring.
Buiten die prys van koring en indien jy
wel in ‘n erkende koringproduksiegebied
boer en nie vanjaar koring geplant het nie,
hoekom nie? Watter redes sou jy aanvoer
dat dit niebetalendwasomkoring teplant
nie?
Richard:
Winsgewendheid souonsmeer laat saai het. Ons saai 40%
kontantgewasse. Ons sal dit verhoog mits die vertakking (teenoor
vee)meerwinsgewend is.
Andries:
Verseker is winsgewendheid die belangrikste oorweging.
Indien ek nie geld kan maak uit koringboerdery nie, moet ek na
alternatiewe kyk.
Tans is daar wêreldwyd ‘n baie groot voorraad koring beskikbaar en
onsmoes aanvaar pryse gaanonder druk bly. Verder het insetkoste,
as gevolg van die wisselkoers, geweldige stygings beleef. Die
brandstofpryse het ons heeltemal uit diewedloop uit gehaal. Nadat
ek al hierdie onsekerhede in ag geneem het, het ek besluit ommy
risiko te versprei enmeer kanola aan teplant enminder koring.
Koos:
Ons area het geen afname in aanplantings gehad nie – daar
is inteendeel ‘nbietjiemeer koring aangeplant.
Indien insetkoste beperkend is, noem dié
watwel is
Richard:
Diebeskikbaarheid van chemiesemiddelswat geregistreer
is op die gewassewat ons verbou bly ‘n probleem en dan natuurlik
ook dieprys. Die stelsel van
minor cropuse
vandieRegistrateur het
gedeeltelikdieprobleemaangespreek,maardaarblysteedsgebreke
bymaatskappyeom allemiddels te registreer.
Omdat ons op die voorpunt van tegnologie is, weet ons as ‘n nuwe
aktief of middel oorsee beskikbaar gestel word. Hierdiemiddels vat
egter ‘n jaar of twee om by ons uit te kom. Ons insette bly geneig
om hoër te wees as dit waarvoor hulle oorsee aangekoop word,
maar hierdiegapinghet oor tyd vernou.
Andries:
Insetkoste is sonder uitsondering hoog, met stygings wat
nie tred hou met die pryse van die produk geproduseer nie. Die
onstabiliteit van ons wisselkoers doen regtig nie veel om hierdie
dilemma te stabiliseer nie.
Jaco:
Insetkoste van koring is laer as dié van somergewasse per
hektaar. Sodit is niehier indieOos-Vrystaat ‘n reuseprobleemnie.
Koos:
Ons het nie ‘n afname in aanplantings gehad nie. Uit die aard
vandie saak is alle insetkoste altyd ‘nbeperkende faktor.
Is daar voorstelle om die genoemde
insetkoste nog verder af te bestuur?
Richard:
Die gebruik van kunsmis en bemesting kort nog baie
werk. Ons kan deur middel van stikstofbindende gewasse, ons
produksiekoste wat kunsmis betref, nog afwaarts bestuur. Die
meeste van ons ander uitgawes is reeds tot op die been gesny en
ekonomie van skaal begin ‘ngroter rol speel bymeganisasie.
SAGraan/
Sasol Nitro fotokompetisie
123
September 2014
1...,115,116,117,118,119,120,121,122,123,124 126,127,128,129,130,131,132,133,134,135,...148
Powered by FlippingBook