SA Graan September 2014 - page 131

From thewheat field to fettuccineandeverything inbetween.
YourclientserviceteamatNedbank is ledbyaskilledrelationshipmanagerwho isdedicatedtoyourbusinessandsupported
byanagriculturespecialistwhohas indepthknowledgeof your local environment.Weoffer a rangeof solutions tailored
to theneedsof theagri-industryand facilitateblackeconomicempowerment transactions toensuresustainablegrowth
of thesebusinesses.
Email usat
nedbank.co.za
NedbankLimitedRegNo 1951/000009/06.Authorised financial servicesand registeredcredit provider (NCRCP16).
HAPPEN
AGRICULTURAL
SECTORGROWTH
MAKING
11068
Die feit dat ‘n lot saad deur ‘n geregistreer-
de onderneming verkoop word en/of daar
‘n ontledingsverslag daarvoor beskikbaar
is, beteken egter nie dat daardie saadlot
gesertifiseer is nie.
Saadsertifisering behels ‘n volledige kon-
trolesisteem vanaf die vrystelling van die
variëteit deur die teler daarvan tot en met
die uiteindelike beskikbaarstelling van die
saad aan die produsent. Dit geskied oor
verskeie generasies van vermeerderingwat
gewoonlik drie tot vier seisoeneduur.
Gedurende elk van die onderskeie ver-
meerderingsfases word daar volledige
kontrole uitgevoer deurdat elke eenheid
vir produksie van saad by SANSOR geregi-
streer word. SANSOR kontroleer eers die
oorsprong en sertifiseerbaarheid van die
ouersaad van die betrokke variëteit voordat
die eenheid aanvaar word vir die produksie
van saad vir sertifisering.
Tydens die groeistadium word die plante
op vasgestelde groeistadiums deur SAN-
SOR opgeleide en gemagtigde inspek-
teurs ondersoek om onder meer te bepaal
of die plante aan die voorgeskrewe mini-
mumvereistes ten opsigte van die varië-
teitsegtheid en identiteit voldoen.
Dit sluit in aspekte soos die kontrolering
van isolasie-afstande, vorige gewasse, op-
slagplante en aftipes. Vir elke inspeksie
wat uitgevoer word, word daar verslag
aan SANSOR gelewer wat dan die bevin-
ding op rekord plaas. Die inspeksieproses
word deurlopend deur SANSOR sowel as
beamptes van die Departement van Land-
bou, BosbouenVisserye (DLBV) gemonitor.
Nadat die saad geoes is, word dit dan
verwerk en verpak. Weer eens word daar
kontrole uitgeoefen om te verseker dat
geen vermenging plaasvind nie. Die houers
waarin die saad verpak is, word dan met
voorgeskrewe inligtingwat op etikette deur
SANSOR verskaf word, gemerk.
Vir gesertifiseerde saad, word ‘n blou
etiket gebruik met die landswapen en die
woorde
SA gesertifiseerde saad: SANSOR
daarop gedruk. Elke houer word ook met
‘n SANSOR-seël met ‘n unieke nommer
daarop, verseël.
Die saad word dan deur SANSOR op-
geleide en gemagtigde monsternemers
bemonster en deur ‘n geregistreerde saad-
toetslaboratorium ontleed om die ontkie-
ming en fisiese suiwerheid van die saad
te bepaal. ‘n Verdere monster word ook
deur die afdeling Variëteitskontrole van
die DLBV uitgeplant om dit met die verwy-
singsmonster van die betrokke variëteit
te vergelyk. Indien die betrokke saadlot
aan al dieminimumvereistes van die Saad-
sertifiseringskema voldoen, insluitend dié
vir variëteitsegtheid, sal SANSOR dan ‘n
sertifikaat uitreik om die sertifisering daar-
van tebevestig.
Deur gesertifiseerde saad aan te koop,
kan die produsent die gemoedsrus hê dat
die betrokke saadlot deur meer as 90 kon-
trolepunte gegaan het voordat dit vir ver-
koopbeskikbaar gestel is, dat die produksie
van die saad deur ‘n onafhanklike instansie
gemonitor en gekontroleer is, dat daar ‘n
volledige produksiegeskiedenis op rekord
is, en dat die betrokke saadlot voldoen aan
die vasgesteldeminimumvereistes.
Deur gesertifiseerde saad aan te plant,
word ons skaars hulpbronne optimaal be-
nut deurdat die beste moontlike saad
gebruik word wat die potensiaal het om
die beste resultate te lewer. Verwerkers
weet dan ook dat hulle ‘n produk met
eenvormige kwaliteitstandaarde aankoop
indien die produk vanuit gesertifiseerde
saad geproduseer is. By grondbone is dit
baiebelangrik.
1...,121,122,123,124,125,126,127,128,129,130 132,133,134,135,136,137,138,139,140,141,...148
Powered by FlippingBook