September 2014
128
Die belangrikheid van saadkwaliteit
by grondbone
S
aad is die belangrikste inset wan-
neer ‘n gewas aangeplant word,
want dit bepaal die potensiaal van
dieoeswat verkrygaanword.
Hoewel omgewingstoestande en verbou-
ingspraktyke die uiteindelike opbrengs
bepaal, speel die genetika van die saad
wat geplant word ‘n deurslaggewende
rol. Die opbrengspotensiaal van ‘n gewas,
ongeag die omgewingstoestande en ver-
bouingspraktyke, is nou gekoppel aan die
variëteit wat aangeplant word. Dit ver-
wys nie net na die aanpasbaarheid van
die betrokke variëteit tot die omgewing
waarin dit geplant word nie, maar ook die
variëteitsuiwerheid daarvan, met ander
woorde tot hoe ‘n mate elke plant aan die
beskrywing van die betrokke variëteit
voldoen.
Wanneer ‘n variëteit deur die ontwikkelaar
(teler) daarvan vir bemarking vrygestel
word, word dit gedoen omdat die teler
spesifieke eienskappe in daardie variëteit
ingeteel het wat tot voordeel van die pro-
dusent is: Hetsy beter agronomiese eien-
skappe, siekteweerstand teenoor byvoor-
beeld blaarvlek, verdraagsaamheid teenoor
nematodes en pitvorm en kwaliteitsaspek-
te, soos byvoorbeeldoliensuurinhoud.
Om hierdie eienskappe te behou, moet
daar streng beheer tydens die vermeer-
deringsfases toegepas word – dit word
gekontroleer wanneer saad ingevolge die
bepalings van die Suid-Afrikaanse Saad-
sertifiseringskema geproduseerword.
Die teler oorhandig ‘n klein hoeveelheid
saad aan die produksie-afdeling van ‘n
saadmaatskappy. Hierdie telersaad word
dan vermeerder tot pre-basissaad een. Die
opbrengs daarvan word vermeerder tot
prebasissaad twee, danweer tot basissaad,
waarna gesertifiseerde saad geproduseer
word. Dit is hierdie generasie wat die
kommersiële produsent dan uiteindelik
plant vir produksie vandie kommoditeit.
Die aantal vermeerderingsfases van ‘n
spesifieke variëteit, word deur die teler
daarvan bepaal. Dit is omdat die varië-
teitsegtheid van saad, al is dit aanvanklik
ook hoe suiwer, mettertyd degenereer en
sommige van die gewenste ingeteelde
eienskappe, soos siekteweerstand en op-
brengs “verlore” raak. Dit veroorsaak ook
dat die plante nie meer aan die betrokke
variëteitsbeskrywing voldoen nie en dus as
saadniebemark kanwordnie.
Daar moet ook streng kontrole uitgevoer
word om te verseker dat daar nie vermeng-
ing tussen die verskillende variëteite plaas-
vind nie, al is elk van die betrokke variëteite
op hulle eie variëteitseg. Verskillende varië-
teite het verskillende eienskappe, soos by-
voorbeeld baklengte (die tyd wat dit neem
om gaar te word). Wanneer verskillende
variëteite met verskillende baklengtes ver-
meng is, sal sommige pitte al gaar wees,
terwyl ander nog rou en sommige reeds
swart verbrand is.
Vermenging van variëteite kan ook in die
land plaasvind, as ‘n ander variëteit die
vorige seisoen daarop geproduseer is en
opslag voorkom of indien planterbakke nie
skoongemaakword tussendie aanplant van
verskillende variëteitenie.
Produsente wat die kommoditeit wat hulle
geproduseer het, terughou en dan gebruik
as saad, pas gewoonlik nie kontrolemaat-
reëls toe om vermenging of degenerasie
van variëteite te verhoed nie. Die fisiese
kwaliteit van die saad, soos kiemkragtig-
heid wat onder meer beïnvloed kan word
deur opbergingstoestande, is dan ook nie
bekendnie.
Dit is uiters riskant vir die produsent om
nie-gesertifiseerde saad aan te plant. In-
dien daar iets verkeerd gaan, byvoorbeeld
swak ontkieming, het die produsent geen
verhaalsreg nie en sal die verlies self gedra
moet word.
Deur saad van ‘n ongeregistreerde saad-
maatskappy aan te koop, benadeel ook
die regte van die teler deurdat hy nie vol-
doendevergoedingontvangvirdie teëlwerk
wat gedoen is nie. Dit neem etlike jare en
miljoene rande om ‘n nuwe variëteit te
teel en vry te stel. Sonder ‘n inkomste uit
tantieme sal saadmaatskappye nie die
finansiële las kan dra nie en sal die teling
van nuwe variëteite gestaak moet word,
tot nadeel vandieprodusent.
Hierdie geval is reeds ‘n werklikheid by
grondbone in Suid-Afrika deurdat geen
privaatinstansie meer betrokke is by die
teling vannuwegrondboonvariëteitenie.
Indien saad van ‘n registreerde saadmaat-
skappy aangekoop word, moet die saad
aan sekere minimumvereistes voldoen wat
deur die Plantverbeteringswet, 1976 (Wet
53 van 1976) voorgeskryf word. Indien die
onderneming saad verkoop wat nie aan
hierdie minimumvereistes voldoen nie, is
hulle aan ‘n misdryf skuldig en kan hulle
vervolg word. Produsente kan dan ook
vergoeding van die onderneming eis vir
skadewat gely is.
OP PLAASVLAK
Gesertifiseerde saad /Grondbone /Opbrengspotensiaal
Saad
EDDIEGOLDSCHAGG,
tegniese bestuurder: SANSOR
1: ‘nSertifiseringseël.
2: ‘nSertifiseringsetiket vangrondbone.
1
2