SA Graan September 2014 - page 135

Hoeveel diesel is daar in jou diesel?
E
konomiese vraag en aanbod asook pogings om paraffien
vir die armes in Suid-Afrikameer bekostigbaar temaak, het
in die afgelope paar jaar gelei tot ‘n groot prysverskil tussen
diesel enparaffien.
Ongelukkig is daar sommige brandstofverskaffers wat dit misbruik
ommeer wins op diesel temaak deur dit te verdunmet paraffien of
bloot net paraffien as diesel te verkoop – ‘n praktyk wat heeltemal
onwettig is.
Diesel word met amper R3/liter deur die regering belas. Paraffien
het egter geen belasting op nie en dit is nou selfs vrygestel van
BTW, wat die groot verskil in prys tussen diesel en paraffien baie
aantreklik maak vir party dieselverskaffers wat dan hul diesel
daarmee
spike
. Die verskaffer spaar dus R3met elke liter paraffien
wat hybydiediesel gooi.
As joudiesel dus ooit tegoedkoop is,moet jydalk ondersoek instel,
want iets wat te goed klink om waar te wees, is gewoonlik! Jou
“winskopie” kan jou nog ‘n fortuin kos en baie moeite en ongerief
veroorsaak.
Die smeereienskappe van diesel is van kritieke belang vir
die duursaamheid van die moderne dieselinspuitingstelsels.
Paraffien se smeereienskappe is baie minderwaardig en kan nie
met enjinolie verbeter word nie. Om hierdie rede kan oormatige
paraffien in diesel ‘n enjin baie skade aandoen. Vervaardigers
van enjins en brandstofinspuitingstelsels is ook in staat om te
bepaal of die teenwoordigheid van oormatige paraffienverdunning
verantwoordelik is vir diemislukking van toerusting.
Minstens sewe groot trekkerverskaffers het ‘n gesamentlike
verklaring uitgereik wat behels dat enjinmislukkings as gevolg van
die gebruik van besmette diesel nie deur hullewaarborge gedek sal
word nie. Ongelukkig is besmette diesel nie altyd maklik om te
identifiseer nie en kan selfs soos gewonediesel lyk en ruik.
Die dieselverskaffer Vecto Petroleum wil hierdie skadelike
praktyk met wortel en tak uitroei. Hulle het al duisende
onafhanklike toetse uitgevoer op die diesel wat ander
tans verkoop en in meeste van die gevalle was daar
paraffien in die diesel wat getoets is, gewoonlik so 25%. Som-
mige gulsige verskaffers het diesel met ‘n paraffieninhoud van tot
37% verkoop.
VectoPetroleum streef daarnaomniks anders as 100% suiwer
dieselbrandstof te voorsien nie. Om dit te bewys,
deel hulle gratis toetsapparate aan al hul kliënte
uit. Indien jy van Vecto Petroleum gebruik
maak, kan jy gerus wees dat dit 100% suiwer
diesel is endat jouduur toerusting veilig is.
Besmette diesel is nie altyd maklik om te
identifiseer nie en kan selfs soos gewone
diesel lyk en ruik.
133
September 2014
OPPLAASVLAK
Brandstof
CORNÉ LIEBENBERG,
besturende direkteur, VectoPetroleum
Produk-inligting
1...,125,126,127,128,129,130,131,132,133,134 136,137,138,139,140,141,142,143,144,145,...148
Powered by FlippingBook