SA Graan September 2014 - page 136

September 2014
134
d
it het die afgelope week by
monde van die ANC se sek-
retaris-generaal duidelik ge-
word dat die opsie in terme
waarvan boere 50% eienaar-
skap aan plaaswerkers moet
afstaan nie in die kru vorm soos deur die
Minister van Landelike Ontwikkeling, mnr
Gugile Nkwinti, voorsien was, afgeforseer
gaanwordnie.
Nkwinti se voorstel was waarskynlik nooit
op enige beleidskomitee van die regerende
party of die staat vir bespreking voorgelê
nie en is boonop onversoenbaar strydig
met die veronderstellings vandieNasionale
Ontwikkelingsplan (NOP). Dit iswaarskynlik
ook so dat die regering nog nie die NOP
behoorlikaandieANCofenigevandieander
twee lede van die Alliansie kon verkoop
nie. Cosatu, byvoorbeeld, weier steeds
volstrekomdieNOPbyNedlac tebespreek.
Die gevolg is dat die Plan waarskynlik in
bepaalde sektore van die ekonomie vaardig
kan word en in ander sektore, soos die
mynwese, nooituitdiegronduit sal komnie.
Die vraag is dus; het georganiseerde land-
bou die opsie wat Cosatu uitoefen tot
ons beskikking of sal ons noodwendig
moet konformeer tot die regering se wils-
besluite? Met ander woorde, kan ons die
Plan verwerp en aandring daarop dat die
staat dit weer bedink of kan ons op eie
stoom met ‘n wesenlike en aanvaarbare
alternatief vorendag kom. Ek twyfel, en om
die volgende redes.
Eerstens is landbou in Suid-Afrika te ge-
kompliseerd en divers om ‘n nuwe kom-
promie te veronderstel. Verskeie boere
en landbou-organisasies het reeds op eie
inisiatief loodsprojekte of bemagtigings-
projekte vir opkomende produsente van
stapel gestuur. Terwyl die staat daarvan
kennis neem, word dit nie verreken as
‘n model vir grondhervorming nie. Dit is
asof daar ‘n meester-model moet wees in
terme waarvan die legitimering van grond
plaasvind alvorens die staat en die ANC dit
as ‘n alternatief vir die huidige grondbesit-
model sal erken.
In die tweede plek het landbou nie die
politieke kapitaal van Cosatu om die staat
se betrokkenheid te onderhandel nie. Die
staat sal die aard en die omvang van die
“nuwe” plan wil determineer, omdat dit is
wat intervensionistiese state soos dié van
Suid-Afrika doen, maar ook omdat grond
‘n belangrike konsolidasie-fenomeen binne
diepartygewordhet.
Terwyl daar twyfel is of grondhervorming
werklik die kapasiteit het om populisties
te mobiliseer, is daar goeie rede om te glo
dat dit effektief as ‘n bindingsmeganisme
in ‘n elitistiese patronaatstelsel werk.
Grondhervorming is ‘n elite projek, nie ‘n
dinamikaomdiepeasantry tot konsensus te
bringnie.
Wat georganiseerde en kommersiële land-
bou dus betref, is die opsies nie nood-
wendig legio nie. Indien ons by gebrek
aan konsensus nie die ruimte kan vind om
‘n alternatief te beding nie, moet ons dalk
inkoop op diemees pragmatiese alternatief
en dan ons beperkte bedingingsmag ge-
bruik om bepaalde dimensies van daardie
alternatief te plooi tot ons voordeel. Die
NOP bevestig die privaat besit van grond.
Jy bly die eienaar van jou plaas. Die 20%
grond wat vir die doel van hervorming
ingekoop word, word bekom in terme van
die beginsel van ekonomiese eenhede en
nie die verbrokkeling van gevestigde een-
hedenie.
Die aantreklike en noodwendige opsie van
grootskaal-produksie kanook in so ‘nmodel
ingepas word. Daar is dus genoegsame
diversiteit opgesluit in die NOP vir die
komplekse natuur van landbou in die land
en daarmee saam kan die onderskeibare
variasies op die spelreëls beding word
op ‘n ad hoc-basis. Met ander woorde,
graanprodusente kan ‘n alternatiewe dina-
mika beding wat nie noodwendig versoen-
baar ismet dieproduksieproses by kleinvee
nie. Graanboere kan die ekonomie van
skaal-voordele vandieNOP aansienlikbeter
benut aswat tans diegeval vir veeboere is.
Internasionale markte hou ‘n bepaalde
mededingende voordeel in vir graanpro-
dusente wat in terme van skaal produseer
en die voortdurende spanning tussen
die staat en landbou is meer as net sleg
vir die identifisering en benutting van
markgeleenthede. Uiteindelik bring die ge-
sprek ons by ‘n noodwendige konklusie;
die druk om grondhervorming of dan
die legitimering van grondbesit gaan nie
weggaannieenonsweet reedsdat politieke
onsekerheid die Suid-Afrikaanse ekonomie
tot bydie rand van ‘n resessiegedwinghet.
Dit is nie net landbou wat baie vinnig tot
‘n kompromie met die staat sal moet kom
indien ons ooit weer teen 3% wil groei
nie. Die sakesektor in die algemeen en
spesifiek so mynbou, wat verantwoordelik
is vir 48%vanalleuitvoere, sal dringendhul
kapasiteit, invloed en gesagmoet kalibreer
met dié van die staat. In ‘n kompromie is
daar nie noodwendig verloorders nie, maar
dit beteken per definisie dat nie een van
die betrokke partye se behoeftes en be-
lange ten volle bevredig word deur die uit-
komstenie.
Daar isnie ‘nmodelopdie tafelofbedingbaar
wat die komplekse belange in landbou-
Suid-Afrika kan bevredig nie; onsmoet ons
verlaat op kompromie. Wat my betref is die
NOPeen so ‘nopsie. Nie alleenhet die staat
reeds daarop ingekoop nie, maar verskeie
belange indieekonomieasookbehoudende
politieke partye in die nasionale wetgewer.
Die Plan hou meer voordele as nadele in
en die swakplekke of ontoepaslikhede kan
herbedingword.
Grondhervorming is ‘npolitiekekompromie,
maar dit kan landbou ook beide maak of
breek in ‘n ekonomiese sin. As ons dink
die onsekerheid of die politieke druk van
grondhervorming gaan verdwyn, maak ons
‘n groot fout. Ons sal beheer moet neem
van die Plan, en daarvoor is dit nodig dat
ons inkoop op die kompromie. Die NOP
kan net tot wasdom gedryf word as boere
self beheer neem van die projek; die staat
het geen kapasiteit om dit te maak werk
nie, maar sal jou verantwoordelik hou
daarvoor.
AKTUEEL
InkoopopdiePlan is ‘nopsievir landbou-Suid-Afrika
PIETCROUCAMP,
politieke ontleder
POLITIEKE
ont leding
1...,126,127,128,129,130,131,132,133,134,135 137,138,139,140,141,142,143,144,145,146,...148
Powered by FlippingBook