September 2014
120
KORINGPRODUSENTE...
Hoekomplant jullenie koringnie?
S
uid-Afrika sukkel die afgelope paar jaar om beswaarlik 45%
van sy jaarlikse koringbehoefteplaaslik teproduseer.
Ons spandeer byna R6 miljard per jaar om die res in te
voer, geld wat vir produksie in die platteland bestem is en nou na
die buiteland gaan. Ons is bewus daarvan dat desnieteenstaande
uitstekende opbrengste en rekordoeste in die Wes- en Suid-Kaap
asook in die koeler besproeiingsgebiede, winsgewendheid steeds
onder geweldige druk is, om nie van die Vrystaat te praat nie.
Hoekom dan? Wat is die redes vir die swak kompeterendheid van
koringop jouplaas?
Die tydskrif het by ‘n paar koringprodusente gaan stilstaan om by
hulle te hoor of daar nie oplossings vir hierdie dilemma gevind kan
wordnie.
Dieprodusentewat aandiegesprek deelgeneemhet, is:
Mnr RichardKrige –Caledon-distrik;
Mnr Andries Theron –Moorreesburg-distrik;
Mnr CDduToit –Riversdal- enNapier-distrik;
Mnr JacoBreytenbach – Fouriesburg- enBethlehem-distrik; en
MnrKoosBlanckenberg–Koeberg-area indieDurbanville-distrik.
Uit ons gesprek met die produsente blyk dit dat opbrengs en
nogmaals opbrengs ‘n groot behoefte, indien nie dié grootste
behoefte nie, onder produsente is. Produsente soek nuwe kultivars
wat vir hulle ‘nhoër opbrengs kangee.
Verder voel produsente dat hulle nie ‘n groot genoeg premie betaal
word vir die kwaliteit van koring wat hulle produseer nie. Suid-
Afrikaanse produsente produseer van die beste kwaliteit koring in
die wêreld enmeen die kopers buit hulle uit deur swakker kwaliteit
koring in te voer en in temeng.
Produsente wys daarop dat hulle in kompetisie is met ‘n
gesubsidieerde, swakkwaliteit, ingevoerde produk en voel hulle kan
niedaarmee kompeteer nie.
Sooswat RichardKrige vandieSuid-Kaapdit duidelik stel: “Dit is by
my ‘n bekommernis dat ons, ten spyte daarvan dat Suid-Afrikaanse
produsente op die voorpunt van tegnologie is en van die beste
produsente terwêreld is, steeds nie kan kompeteer teen ingevoerde
koringnie.”
AndriesTheronvandieWes-Kaapvoel:“Koringkwaliteitenopbrengs
isnegatief gekorreleerd. Teel vironskoringmetdieselfdekwaliteit as
dít wat ingevoerword,met hoër opbrengste.”
Koringprys en insetkoste is natuurlik ‘n verdere belangrike punt
waaroor produsente sterk voel. Diversifikasie en risikoverspreiding
dra ook daartoe by dat koringaanplantings afgeskaal word. Maar
komons kykmeer spesifiek nawat dieprodusentegesêhet wat aan
ons gesprek deelgeneemhet:
Het koringproduksie ‘n rol te speel in jou
wisselboustelsel?
Richard:
Ja, beslis. Ons het nie baie alternatiewe in die gebied nie
enproduseer opdroëland in ‘nwinterreënvalstreek. Somergewasse
is nie ‘n alternatief nie. Gars se markruimte is beperk en ons kan
nie alleenlik oliesade (kanola) produseer nie, aangesien ons ‘n
rotasiebeplanningmoet volg.
Ons wisselbou is hoofsaaklikmedics/klawersmet koring elke twee-
de jaar – so koring bly ons hoofkontantgewas. Die winsgewend-
heid van koring op marginale gronde maak dat ons egter met vee
boer waar daar nie baie hoëpotensiaalgrond is nie. Hier bring ons
hawer in as ‘n weidingsgewas. Hawerpryse bly ook laag teenoor
ingevoerdehawer.
Vee het oor die afgelope tien jaar, sewe uit die tien keer, die saaiery
se syfers opons plaas geklop.
Andries:
Koringhet nog altyden sal indie toekoms steeds ‘n kernrol
in my boerdery speel. Die gebrek aan lewensvatbare, volhoubare
alternatiewe gewasse in die plek van koring, sal die plek wat koring
in my boerdery speel ten minste in die kort termyn verseker, maar
die grootte van die rol wat koring gaan vervul, gaan egter in my
wisselboustelsel verminder.
Ongeveer 20 jaar gelede was ek in ‘n 100%-monokultuurkoring-
stelsel. Van toe af, tot enmet verlede jaar, was ek in ‘n 50%-koring-,
50%-medics-, lupine- en kanolastelsel. Tans is ons besig om oor
te skakel na ‘n derde stelsel: Koring (slegs een derde), kanola (een
derde) enmedics (eenderde).
CD:
Ja, koring maak 50% van die kontantgewasse uit wat ons
aanplant.
Jaco:
Wat wisselbou betref, is dit ‘n uitstekende gewas en is dit
die manier waarop ons wisselbou die afgelope 20 tot 30 jaar in
die Oos-Vrystaat toegepas het. As ons lande het wat baie vuil raak
met onkruide en ons sukkel om daarvan ontslae te raak met die
chemiese middels tot ons beskikking in die somergewasse (soos
oliebome en/of kankerroos), is dit ‘n baie goeie idee om oor te slaan
na koring “omdie lande skoon temaak”.
OP PLAASVLAK
Koring / Kompeterendheid / Verbouing / Kwaliteit
Saad
ESTIEDEVILLIERS,
redakteur,
SAGraan/Grain
RICHARDKRIGE
ANDRIES THERON
CDDU TOIT
JACOBREYTENBACH KOOSBLANCKENBERG
SAGraan/Grain
ondersoek