SA Graan September 2014 - page 146

144
September 2014
BesteGrootneef
d
it lyk deesdae of die donder-
weer sommer van onder af
boontoe kan slaan, soos al wat
leef en beef betoog. Waar is
die goeie ou dae waar mense
rondgestaan het met plakkate
waarop geskryf staan: “Ek betoog teen
betogings...”. In ons oorle jong dae was dit
die ergstewat ons gesien en beleef het. En
die klomp takharewat teen Springboktoere
inEngelandbetooghet.
Nou betoog elke Jan Rap en sy maat. Dis
asof ons oornag ‘n nasie geword het wat
heeltyd probeer om sy eie alie raak te skop.
Kwaadvir alswat leef enbeef. Kwaadvir die
BlouBulle, Bafana, ’33 sedroogteof oor die
dak wat lek. Kwaad vir tollenaars, Filistyne,
Palestyne en slaggate. Dis of die hele volk
ennasie eengroot stresbal gewordhet.
Dit is ook nie net van stoom afblaas nie.
Mens en dier, huis en haard ontgeld dit as
die spul begin protesteer. Net in dié week
het ‘n klomp kinders Johannesburg inge-
vaar om te protesteer teen tienerswanger-
skappe. Ek meen te sê, dit is nou soos die
pot wat die ketel verwyt...
Die moeilikheid is dat die gerugte en berigte van protes nie ‘n hier
en ‘n daar in die land is nie, maar oral en die heeltyd. Wat ons nou
niénodighet nie, ismensewat die kole verder aanblaas. Veral as dit
gaanoor grond.
Want grond is deel van ons vesel. Grond is winter en somer,
westewinde en lentereëns. ‘nWindpomp se draai en ‘n tolbos teen
die draad. ‘n Skaap se blêr en ‘n jakkals se roep. Dit is deel van ons
bestaan – vanAdam se tyd af.
Koel koppe en sterk harte is nou nodig. Salomo se wysheid en Job
se geduld.Want indiéwedstrydoor grond is daar nie tweede kanse
of ekstra tyd nie. As ek die minister reg verstaan, wil hy teen April
volgende jaar nuwe óf ander planne oor grond ontvang, óf hy druk
deurmet sýplan.
Vergeet ook maar dat slim proffies met “die antwoord” sal kom.
Hulle verstaan in elk geval niehoemy skoendruk nie.
OuNeef, dit is die één keer dat ons leiers dit ondermekaar sal moet
uitspook. En hullemoet sommer vooraf akkoord gaan dat ou koeie
in slote bly – maak nie saak wie destyds vir Jan Smuts of Malan
gestem het nie. Die planne temaak is buitendien nie net vir ons nie,
maar vir ons kinderswat ook eendagwil boer.
Ou Neef, die grondsakkie moet betyds toegeknoop word,
finish
en
klaar. Engeengeskuiwery aandoelpalenie.
So van ‘n losgemaal gepraat. Buurman sê Curriebeker-rugby is
beter – tenminste speel ons teenonsself! Daar is buitendien te veel
rugby – geenmens kan byhou nie – tot by die Statebondword nou
rugbygespeel! Hoop togdieCheetahs doenbeter dié jaar...
GroeteopdieOosgrens.
Kleinneef
E-POSSE
aanGrootneef
Koelkoppeen
sterkharte
Lesers iswelkom om ‘n e-pos aanKleinneef te stuur by
1...,136,137,138,139,140,141,142,143,144,145 147,148
Powered by FlippingBook