SA Graan September 2014 - page 145

143
Die2014ToyotaCorollaDiesel is
Waku-Doki
d
ie Japannese praat van “Waku-Waku” wanneer hulle ‘n
groot lekkerte verwag. So praat die Japannese ook van
“Doki-Doki”, wat verwys na die klank van jou hartklop.
“Waku-Doki” is dus wanneer jy só opgewonde oor iets
lekkers is, dat jouhart vinniger klop.
Toyota SA reken dat om jou nuwe 2014 Corolla by jou plaaslike
Toyota-handelaar te bestel, is pure “Waku-Doki” en ‘n mens kan
nie help om saam te stem nie.
SA Graan/Grain
het die sedert die
amptelike loodsing in Februarie vanjaar, verskeie modelle in die
nuweCorolla-reeks getoetsbestuur.
Diegevolgtrekkingoor dienuwe reeks is purepositief. Dit is ‘n ruim,
gerieflike motor. Absolute kwaliteitmotor en die dieselkragbron is
veral uiters ekonomies. Padbeheer, gerief en algemene bestuurs-
ervaring is uit dieboonste rakke.
Vergeet die ideedat dieToyotaCorolla ‘n klein karretjie is. Vandag is
dit ruim, middelslag-groottemotors. Waar meeste ander motors in
Suid-Afrika ingevoerword,worddieCorollaswatopSuid-Afrikaanse
paaiegesienword, plaaslik vervaardig.Meer as 1miljoenCorollas is
tot en met November 2013 in Suid-Afrika vervaardig en nagenoeg
980 000 is al hier verkoop. Hierdie syfers wys dat hier iets is wat
werk. Die splinternuwe2014-weergawe vandieCorolla is effens laer
as sy voorganger, wat homminder bonkig laat vertoon,maar dit het
steeds dieselfdegrondvryhoogteomdiegemiddeldegrondpadmet
‘ngerustehart aan tedurf.
Diebinneruim is nounoggroter, danksy ‘n100mm langer asafstand
as die vorige model – wat steeds gebou word en nou as die
Corolla Quest bemark word. Hierdie 100 mm bykomende lengte
is doeltreffend aangewend om die ontwerp te verbeter en die
binneruimafmetings tevergroot.Dit het dit ookmoontlikgemaakom
diewieleverder nadieuithoekevandiemotor te skuif,wat nogmeer
padvastheid verseker.
Ten opsigte van kragbronne, het die nuwe modelreeks ‘n splinter-
nuwe1,4 liter turbodiesel (die1.4D) endriepetrolenjins– ‘n1,33 liter,
‘n 1,6 liter en ‘n 1,8 liter. Al die enjins is aan ‘n sesgang-ratkas
gekoppel,maar die1,6- en1,8-petrolweergawes kanookmet Toyota
se nuwe outomatiese Multidrive S-transmissie bestel word. Die
turbo-ondersteunde 1,4 liter dieselenjin het ‘n kraglewering van
66 kW teen3000 rpmen ‘nwringkrag van205Nm, wat tussen1800
tot 2 800 rpm strek. Die 1.4D versnel in 12,5 sekondes van 0 tot
100 km/h en kan ‘n topspoed van 180 km/h behaal. Met sy sesgang-
handratkas, bieddie1.4Ddiebestegemiddeldebrandstofverbruik in
sy klas – net 4,5 liter/100 km.
DienuweCorolla isbeskikbaar in ‘nkeusevanviermodelweergawes:
Esteem (intreevlak), Prestige (middelvlak), Sprinter (sport) en die
vlagskip-weergawe, wat die Exclusive genoem word. Wat die
dieselenjin betref, is hy net in die Esteem- en Prestige-weergawes
beskikbaar. Die nuwe Corolla word ook sterker gebou as sy voor-
ganger.Meerhoësterktestaalwat regdeurdie rompstruktuurgebruik
is, het die gebruik van ligter metaal op verskeie plekke moontlik
gemaak. ‘n Gewigsbesparing van sowat 5,7 kg per voertuig is die
resultaat van ‘n sterker romp, sonder om algehele rompstewigheid
in teboet.
Die nuwe Corolla deel die beproefde MacPherson-stuttipe voor-
vering en agterste draaibalkvering van sy voorganger. Die voorste
en agterste stelsels is egter omvattend hersien om ritgehalte en
ratse gedrag te verbeter. Die nuwe Corolla is verfyn ten einde die
beste akti we en passiewe veiligheidstandaarde sowel as beter
voetgangerbeskerming te bied. Dit het die hoogste gradering
moontlik indie jongste, strenger Euro-NCAP-botstoetsebehaal.
Aktiewe veiligheid is verbeter deur die gebruik van ‘n nuwe ABS-
remstelsel en ‘n korter rempedaalslag vir beter gevoel en vinniger
reaksie. Kloubeheer (TRC) envoertuigstabiliteitsbeheer (VSC) isnou
in vier vandie verskillendemodelweergawes beskikbaar.
Die Esteem- en Prestige-modelle het lugsakke vir die bestuurder
en voorste passasier sowel as kantlugsakke. Sweepslagwerende
voorsitplekke (WIL) is ‘n bonus wat die Corolla bied om sweep-
slagbeserings indiegeval van ’nbotsingvanagter, tehelpverminder.
Die sitplekstruktuur sal die insittende se bolyf in die geval van ‘n
hoëspoed-agterkantbotsing, agtertoe laat sak en die beweging
van die onderlyf by dié van die kop aanpas om die gevaar van
sweepslagbeserings te verminder.
DienuweCorollasse remstelsel isaansienlikverbeter.Dit sluit onder
andere remtegnologie in, soos ‘n sluitwerende remstelsel (ABS)
met elektroniese remkragverdeling (EBD) en remhulp (BA). ABS
verseker dat diewiele nie vasslaanwanneer die bestuurder remnie.
EBD verseker dat die mees doeltreffende hoeveelheid remkrag op
elkewiel inwisselende padtoestande uitgeoefenword. Dié remhulp
komagter indiendiebestuurder vinnigof paniekbevange remenpas
bykomende remkrag toe indien die bestuurder nie genoeg remkrag
in ‘nnoodgeval deurvoer nie.
‘n Verdere groot pluspunt is die raakskerm-klankstelsel met AM/
FM-radio, CD/DVD/MP3-speler, en ‘nUSB-sok vir draagbaremusiek-
spelers,waaronderookdieApple iPod. ’nTrurat-videomonitor asook
‘n Bluetooth-selfoonstelsel is deel van die standaardtoerusting van
die Prestige-model. Die nuwe Corolla het ‘n fabriekswaarborg van
drie jaar of 100 000 km en word deur ‘n diensplan van vyf jaar of
90000kmgedek. Versieningstussenposes isop15000kmvasgestel
(wat ookdie1.4D insluit). Dienuwemodellewordvoortsgedekdeur
die ToyotaCare-noodpadhulpprogramwat klante van 24-uur nood-
padhulp voorsien ten einde algehelegemoedsrus te verseker.
GERRIE SMIT,
lid van die SAMotorskrywersgilde
WIELE
vir die plaas
Die 2014Corolla 1.4DPrestige. Let opnadie vaartbelynde
ontwerp.
September 2014
1...,135,136,137,138,139,140,141,142,143,144 146,147,148
Powered by FlippingBook