SA Graan September 2014 - page 120

September 2014
118
GM-mielies tem
diedroogte
P
rodusente in die Mpumalanga
Hoëveld wat kwaai gebuk gegaan
het onder die knellendedroogte van
Desember en Januarie vanjaar, het
nogtans goeie mielie-oeste behaal danksy
goeie bestuurspraktyke, die gebruik van
moderne tegnologie, soos goeie genetiese
materiaal en geneties gemodifiseerde
mieliekultivars.
Twee produsente wat besonder goeie
opbrengste behaal het, is mnre Hannes
Geldenhuys – Geldenhuys Boerdery, van
die plaas Rietvallei; en Carel Kriek van die
plaasModderfontein (albei van Heidelberg,
Mpumalanga).
Met tussen 900 mm en 1 000 mm was
Geldenhuys se gemiddelde reënval verge-
lykend met normale tye. Hy het 700 ha
van Monsanto se GM DKC73-74BR GEN
geelmielies en 800 ha DKC78-45BR GEN
witmielies op droëland geplant. Hy pas
geenbewerking toe.
“Ek plant die afgelope tien jaar Bt-mielies.
Met konvensionele mielies was my
opbrengs gemiddeld 3,5 ton/ha. Met Bt-
mielies indie lang termynwasmyopbrengs
gemiddeld 2 ton/ha meer. Vanjaar was my
geelmielie-oes gemiddeld 6,7 ton/ha en
witmielies gemiddeld 7 ton/ha.”
Hy het die geelmielies op 11 November en
die witmielies op 29 Oktober geplant en in
Junie vanjaar gestroop.
“Ons groot probleem met konvensionele
mielies was stronkboorderskade en die
drukoparbeid.Onshet soms50 - 100ekstra
werkers moes huur ommet botteltjies wit
poeiergif deur die lande te loop om in
die kelkies te gooi. Die afgelope tien jaar
het ek nog geen stronkboorderinfestasie
ondervind nie. Ek pas die toevlugsareareël
baie streng toe.
“‘n Ander ernstige probleem is die
mieliekewer wat maklik ‘n hele land kan
verwoes. Ons bekamp hom nou suksesvol
met saadbehandeling,” sêGeldenhuys.
Sy plantestand die afgelope seisoen was
40 000 ha met rywydtes van 0,96 m. Vir
onkruidbeheer spuit hy die hele land
voor-plant met onkruiddoder om veral
opslagmielies te beheer. Hy spuit Roundup
PowerMAX® net wanneer nodig vir laat
ontkiemendeonkruideop agtblaar-stadium.
Kankerroos is diegrootsteprobleem.
Bemesting het bestaan uit 5:3:2 vloeibaar
met-plant, teen 250 kg/ha. Korrelbemesting
het gevolgmet 6:3:3 (32) teen 320 kg/ha.
Die DKC78-45BR GEN het baie hoë op-
brengspotensiaal, is uiters meerkoppig,
beskik oor goeie siekteverdraagsaamheid,
is ‘n kort plant met uitstekende staan-
vermoë en baie goeie hitte- en droogtever-
draagsaamheid. DKC73-74BR GEN het ‘n
baie hoë opbrengspotensiaal, goeie staan-
vermoëenpresteergoed indroëlande indie
ooste enweste.
Op ‘n vraag of die GM-mielies enige weer-
stand van diere ondervind wat dit nie wil
vreet nie, en of die Roundup Ready enige
nadelige uitwerking op mense het wat dit
hanteer soos in sommige anti-GMO-kringe
beweer word, antwoord Geldenhuys: “Dit
is alles onwaar. Ek voer die afgelope tien
jaar my beeste en hoenders GM-mielies.
My kuilvoer is GM. Ek verkoop aan bure
met melkerye en nog geen weerstand is
ondervind nie. Dieselfde wat Roundup
Ready betref. Geen probleme is ondervind
nie. Ek sal nooit weer teruggaan na
konvensionelemielies toenie.”
Hy boer saam met sy skoonseun, Martin
Lourens, syvrou,Magda, en sydriedogters
–Alta,MarelieenAnelia. Alta is ‘npredikant
verbonde aan die Klipkerkgemeente op
Heidelberg, maar is tydens haar af-naweke
opdieplaas.Dieboerderybestaanookuit ‘n
voerkraal en Boranstoet. Al dié gesinslede
het ‘n aandeel indie stoet.
Carel Kriek
Kriek se reënval in Januarie was slegs
39 mm. Sy normale gemiddelde reënval
vir Januarie is 133 mm. Hy het vir die
eerste keer die afgelope seisoenMonsanto
se nuwe GM-witmielie, DKC78-79BR, op
900hadroëlandgeplant.
Hy het in November 2013 geplant en
gedurende Mei/Junie vanjaar gestroop. Sy
opbrengs op swakker gronde was gemid-
deld 5 ton/ha - 6 ton/ha. Op beter gronde
het hy tussen10 ton/ha - 12 ton/hagestroop.
Hy plant reeds sedert die 2006/2007-sei-
soen, GM-mielies. “In 2006 het ons een van
diewarmsteendroogste jarenogbeleef. Ek
het 80haBt-mielies en 98ha konvensionele
mielies geplant. Om stronkboorders te
bekamp,hetekopdiekonvensionelemielies
lugbespuiting toegedien teenR100/ha,maar
dit het nie veel gehelp nie. My opbrengs
met konvensionele mielies was 2,5 ton/ha;
vergelekemet5 ton/havirdieBt-mielieswas
dit 100%meer, en ek het die lugspuitkoste
bespaar. Sedert ek Bt-mielies plant, het ek
nog nooit weer stronkboorderinfestasie
ondervindnie.
“Ek pas die toevlugsareavereiste baie
streng toe om die GM-tegnologie te be-
skerm. Dit werk soos ‘n bom en ek doen
‘n beroep op my medeprodusente om
toevlugsareas volgens die neergelegde
reëls nougeset na te kom. Ons moet die
tegnologie beskerm,” sê Kriek. Sy plante-
stand was 33 000/ha en die rywydtes
0,76 m. Vir onkruidbeheer gebruik hy
Roundup Ready PowerMAX op agtblaar-
stadium wanneer nodig, om hoofsaaklik
wandelende Jood en kankerroos te beheer.
Hy het nog nooit weerstand teen dié
onkruiddoder ondervindnie.
Bemesting het bestaan uit 3:2:1 vloeibare
kunsmis met-plant teen 260 kg/ha. Kor-
relbemesting het gevolgmet 6:3:3 (32) wat
gewissel het tussen 160 kg/ha - 300 kg/ha
afhangende van die opbrengsvermoë van
die grond. Kriek stoor sy mielies op die
plaas in sy eie silo’s met ‘n kapasiteit van
6 000 ton. “Ek verkoop wanneer die prys
reg is en ekmaak seker ek weet aanwie ek
verkoopommygeldbetyds te kry,” sêhy.
Kriek doen ook sy eie proewe op sy plaas,
in samewerking met landboukundiges.
Verlede jaar het hy 19 kultivars van drie
maatskappyeopdieproef gestel voordat hy
op DKC78-79BR besluit het. Dit is ‘n mielie
met ‘n baie hoë opbrengspotensiaal, sterk
meerkoppigheid en met weerstand teen
stronkboorder.
Kriek was ook een van die produsente wat
vanjaar ‘n troosprys vanR60 000gewenhet
in die presisieplanterkompetisie wat deur
Monsanto in samewerking met Cerealis
Precision aangebied is.
OP PLAASVLAK
Saad
HANS LOMBARD,
virMonsanto
Produk-inligting
1...,110,111,112,113,114,115,116,117,118,119 121,122,123,124,125,126,127,128,129,130,...148
Powered by FlippingBook