November 2013
62
Fokus op water en energie
BRIAN DE VILLIERS, VILLA CROP PROTECTION
Water word as ‘n draer vir swam-, onkruid- en
insekdoders gebruik om die produkte so ega-
lig as moontlik oor ‘n oppervlakte te versprei.
Omdat water helder is, vergeet ons egter dik-
wels van die onsigbare faktore in water wat ‘n
nadelige invloed op verskeie plaagdoders kan
uitoefen.
Om dit in perspektief te stel, kom ons neem
water met die volgende katiooninhoud as
voorbeeld: Kalsium (120 mg/liter), magnesium
(60 mg/liter), natrium (800 mg/liter) en kalium
(20 mg/liter). Indien hierdie katione bymekaar
getel word, is daar dus 1 000 mg/liter (1 g/liter)
katione wat produkte potensieel kan benadeel.
Indien ‘n onkruiddoder byvoorbeeld teen ‘n
spuitvolume van 200 liter water per hektaar
toegedien word, is daar dus 200 g potensieel
antagonistiese katione wat met die onkruid-
doder kan reageer en onkruidbeheer kan
benadeel.
Dit is net een van die gevare van water. In hier-
die artikel gaan waterkwaliteit deeglik bespreek
word om die leser in staat te stel om die regte
stappe te neem om dit reg te stel. Sodoende
sal effektiewe beheer van onkruide, siektes en
peste bewerkstellig word, selfs met die gebruik
van swak kwaliteit water.
Watter eienskappe van
water speel ‘n rol?
Daar is drie faktore in water wat produkeffek-
tiwiteit kan benadeel. Hierdie faktore is op-
geloste soute, pH en bufferkapasiteit.
Dit is belangrik om te besef waarom hierdie
faktore belangrik is, watter produkte hierdeur
beïnvloed word en die stappe wat geneem
moet word om die nadelige invloed hiervan te
verminder.
Opgeloste soute
Enige waterbron bevat ‘n sekere hoeveelheid
opgeloste soute (ione). Katione soos kalsium
(Ca
2+
), magnesium (Mg
2+
), natrium (Na+) en ka-
lium (K+) kom algemeen in water voor. Verder
bevat water ook verskeie anione, byvoorbeeld
chloried (Cl
-
) en bikarbonaat (HCO
3-
).
Indien sekere onkruiddoders toegedien word
in harde (hoë kalsium- en magnesiumvlakke)
of brak water (hoë natriumvlakke), bind die
opgeloste katione aan die onkruiddoder en
belemmer sodoende die opname van die
produk. Dit het dan verlaagde onkruidbeheer
tot gevolg. Hierdie reaksie vind gewoonlik nie
in die spuittenk plaas nie, maar soos die spuit-
druppel op die blaar uitdroog.
Die bekende onkruiddoders wat deur hier-
die verskynsel benadeel word, is glifosaat,
sekere hormoondoders, clethodim (en ander
produkte in hierdie groep) en sekere sulfoniel
ureums. Indien glifosaat byvoorbeeld in harde
of brak water toegedien word, word die op-
name belemmer, wat dan swak onkruidbeheer
tot gevolg het. As ‘n produsent dus meer as
een waterbron tot sy beskikking het, is dit be-
langrik dat die bron met die minste opgeloste
soute gebruik word.
Daar is egter ook baie effektiewe byvoegmid-
dels wat hiervoor gebruik kan word. Hierdie
byvoegmiddels bevat gewoonlik ammonium-
sulfaat en het die vermoë om antagonistiese
soute te bind, voordat dit met die onkruiddoder
kan reageer.
Dit is egter belangrik om etiket-riglyne in hier-
die verband te volg. Die byvoegmiddel moet
byvoorbeeld aan sekere vereistes voldoen om
vir hierdie doel gebruik te word. Die volgende
is net ‘n paar belangrike vereistes vir hierdie
produkte, wat bekend staan as soutbyvoeg-
middels:
Die byvoegmiddel moet geregistreer wees
volgens Wet 36 van 1947 en moet ‘n L-nom-
mer hê. Produkte en kunsmisstowwe met
K- en ander nommers is nie geregistreer
vir hierdie doel nie en die gebruik daarvan
is onwettig. Verder is hierdie produkte heel
waarskynlik oneffektief.
Die gebruik van die byvoegmiddel moet
verkieslik op die onkruiddoder-etiket aan-
beveel word. Volg etiket-riglyne en moet
nooit ongeregistreerde byvoegmiddels
gebruik nie.
Gebruik slegs goeie kwaliteit byvoeg-
middels. Sekere byvoegmiddels is hoër
gelaai met die aktiewe bestanddeel as
ander. Maak dus eers seker hoeveel ammo-
niumsulfaat die produkte bevat en kies die
produk wat die beste waarde vir geld is.
Hierdie produk is dikwels nie die goedkoop-
ste byvoegmiddel per liter nie.
pH
Verskeie produkte en veral sekere insekdoders,
word deur alkaliese hidroliese benadeel. Alka-
liese hidroliese is die afbraak van insekdoders
by ‘n hoë pH terwyl dit in die water opgelos is.
Alkaliese hidroliese begin sodra die insekdoder
in die water opgelos word en eindig sodra die
spuitdruppeltjie uitgedroog het. Indien ‘n in-
sekdoder dus met hoë pH-water vermeng
word, breek dit dus geleidelik oor tyd af, wat
dan swak plaagbeheer tot gevolg kan hê.
Die oplossing vir hierdie probleem is om buf-
fers te gebruik. Buffers word gewoonlik eerste
by die spuitwater gevoeg, voor die insekdoder.
Die spuitwater se pH word dus verlaag, wat
dan die leeftyd van die opgeloste insekdoder
dramaties sal verleng. Dit het dan verhoogde
insekbeheer tot gevolg. Buffers verlaag ge-
woonlik die pH van die water na ‘n vlak van
tussen pH 4 en 6. Dit is gewoonlik die pH-vlak
waar hierdie gevoelige insekdoders op hul
mees stabiele is.
Om goeie kwaliteit buffers te gebruik, is van kar-
dinale belang. Dit is ook belangrik om te bepaal
dat die pH wel na die regte vlak toe verlaag word
sodat die insekdoder optimaal kan presteer.
Nie alle produkte word egter deur alkaliese hi-
droliese beïnvloed nie en in sommige gevalle
is buffers onnodig en kan soms selfs nadelig
wees. Volg asseblief die etiket en buffer slegs
dié produkte wat wel ‘n lae pH vereis.
Die ongeregistreerde gebruik van buffers kan
in sekere gevalle rampspoedige gevolge inhou.
‘n Voorbeeld hiervan, is met die sulfonielureum
(SU) onkruiddoders. Die SU’s is meer oplos-
baar en meer effektief by hoë pH-spuitoplos-
sings. Die gebruik van lae pH-buffers met
SU-spuitoplossings sal die effektiwiteit daar-
van benadeel, wat sal lei tot swak onkruidbe-
heer. Gebruik dus buffers alleenlik indien dit ‘n
voordeel inhou en aanbeveel word.
Bufferkapasiteit
Die een eienskap van water wat dikwels ver-
geet word, is bufferkapasiteit. Bufferkapasiteit
Die onsigbare gevare