SA Graan November 2013 - page 65

63
November 2013
is die vermoë van sekere waterbronne om ‘n
verandering in pH te weerstaan. Water met ‘n
hoë bufferkapasiteit bemoeilik dus die verla-
ging van die pH met die gebruik van buffers.
Daar word dikwels aanvaar dat buffers die pH
van die water na voorafbepaalde vlakke toe
sal verlaag. Dit kan wel die geval wees met lae
bufferkapasiteit water, maar met hoë buffer-
kapasiteit water is dit moontlik dat die pH nie
genoegsaam verlaag word nie en die produk
kan dan moontlik deur alkaliese hidroliese
benadeel word.
Die ioon in water wat grootliks bydra tot buffer-
kapasiteit, is bikarbonaat (HCO
3-
). Hoe hoër die
bikarbonaatinhoud, hoe hoër sal die bufferka-
pasiteit wees en hoe moeiliker sal dit wees om
die pH van die water te manipuleer.
Lae bufferkapasiteit het ‘n eie stel probleme en
die pH van die water kan dalk te laag daal met
die gebruik van sekere buffers. ‘n Te lae pH het
ook nadele, soos suurhidrolise. Onmengbare
spuitoplossings is ook dikwels die gevolg van
‘n te lae pH-spuitoplossing. Dit is dus belangrik
om te weet wat die bufferkapasiteit van die
spuitwater is.
Watter stappe moet
geneem word?
Die volgende stappe moet geneem word om te
sorg dat waterkwaliteit min of geen rol speel by
plaagdodereffektiwiteit nie:
Neem watermonsters van al die beskik-
bare waterbronne en toets vir Ca
2+
, Mg
2+
,
Na
+
, K
+
, HCO
3-
(of alkaliniteit), pH en elek-
triese geleidingsvermoë. Indien ‘n volle-
dige waterontleding onmoontlik is, laat
toets vir ten minste die pH en elektriese
geleidingsvermoë.
Indien moontlik, probeer ommodderige en
troebel water te vermy.
Gebruik byvoegmiddels indien dit aanbe-
veel word met ‘n spesifieke produk. Ge-
bruik net goeie kwaliteit byvoegmiddels
met ‘n L-nommer.
Maak seker dat die pH genoegsaam ver-
laag word indien buffers gebruik word en
dat die soutbyvoegmiddel hoog genoeg
met ammoniumsulfaat gelaai is.
Dit kan beheer word
Waterkwaliteit kan die effektiwiteit van verskeie
produkte benadeel. Dit is egter beheerbaar en
die gebruik van die regte byvoegmiddels sal
die effektiwiteit van plaagdoders verhoog,
selfs met die gebruik van swak kwaliteit water.
Gebruik altyd geregistreerde byvoegmiddels;
produkte wat nie geregistreer is nie, is nie geskik
om as byvoegmiddels gebruik te word nie.
Vir meer inligting, skakel gerus vir Brian de
Villiers by 082 880 0974.
SA Graan/
Sasol Nitro fotokompetisie
in water
Omdat water helder is, vergeet ons dikwels van die onsigbare faktore in water wat ‘n nadelige invloed op verskeie plaagdoders kan uitoefen.
1...,55,56,57,58,59,60,61,62,63,64 66,67,68,69,70,71,72,73,74,75,...100
Powered by FlippingBook