SA Grain March 2014 - page 67

65
March 2014
Mengproses
Moenie meer as een entstof kombineer en meng nie, tensy die
instruksie op die pamflet dit so deurgee. Twee produkte verskil
van mekaar ten opsigte van chemiese samestelling en pH, wat
kan veroorsaak dat lewendige entstowwe geïnaktiveer kan word.
Meng slegs soveel entstof as wat benodig word en spuit dit dan
op voordat nuwe entstof gemeng word.
Hou medisyne koel, veral entstowwe – by 4°C - 8°C.
Beperk diere in ‘n goeie drukgang
Hierdie maatreël voorkom beserings aan diere en verminder die
risiko om beseer te word vir die persoon wat inspuitings toedien.
Binnespierse (intramuskulêre)
inspuiting (IM)
Kies veral by voerkraalbeeste of beeste wat binnekort geslag
gaan word, spiermassa wat minder waardevol is, byvoorbeeld
die nekarea. In die geval van ouer diere kan die boudspier ook
gebruik word.
Trek gelyke volume lug op en spuit dit in die bottel in om die mid-
del makliker te onttrek.
Verwyder al die lug in die spuit deur die spuit te klop en dan die
inspuiting te druk totdat al die lug uit is.
Gebruik ‘n 18G naald om diep in die spier te plaas en sodoende
die vel en die subkutane (onderhuidse) weefsel te penetreer. Die
naald moet loodreg wees ten opsigte van die dier.
Sit die naald eers in en kyk of daar nie bloed uitkom nie. As daar
bloed uitkom, haal die naald uit en sit weer in op ‘n ander plek.
Sekere middels kan die dier se dood veroorsaak as dit nie bedoel
is vir binneaarse inspuiting nie.
Konnekteer die spuit deeglik en spuit die middel stadig in.
Indien inspuitings oor ‘n paar dae gegee moet word, moet die
spiere waar dit toegedien word, afgewissel word.
Onderhuidse (subkutane) inspuiting (Sc)
Gee onderhuidse inspuiting halfpad in die nekarea voor die
skouer of oor die ribbes agter die skouer.
Gebruik kort naalde – 0,5 duim tot 1 duim.
Tel die vel met die een hand op en spuit in onder die “tent” van
die vel wat vorm, teen ‘n hoek van 30° - 45° in verhouding tot die
dier (sien
Figuur 1
en
Foto 1
).
Binneaarse (intraveneuse) inspuiting (IV)
Kry advies vanaf jou plaaslike veearts sodat hy/sy kan demon-
streer hoe om dit te gee.
Dit word meestal gebruik om diere te ent met hartwaterentstof
en om diere te behandel vir melkkoors. Sommige antibiotika kan
ook binneaars toegedien word.
Nagevolge van swak inspuitingstegniek
Behandeling mag dalk nie suksesvol wees nie, omdat middel
swak absorbeer wanneer dit nie op die korrekte plek gedeponeer
is nie.
Middel kan dalk langer in die weefsel bly en gevolglik kan daar
residue wees in die vleis of melk.
Diere se senuwee kan beskadig word, veral by jonger kalwers
wat nie korrek ingespuit is nie.
Oormatige verlies aan spierweefsel by die slagpale weens ab-
sesse of littekens wat uitgesny moet word.
Diere kan in skok ingaan of selfs doodgaan as ‘n middel wat
bedoel is vir onderhuidse inspuiting per ongeluk binneaars
beland.
Mense kan hulself beseer of raakspuit.
Foto 1: Gee onderhuidse inspuiting halfpad in die nekarea voor die skouer of oor die ribbes agter die skouer.
Onderhuidse area
Vermy
Binnespierarea
1...,57,58,59,60,61,62,63,64,65,66 68,69,70,71,72,73,74,75,76,77,...124
Powered by FlippingBook