SA Grain March 2014 - page 65

hy of sy het die etiket se aanwysings gelees,
verstaan en weet presies hoe om die entstof
toe te dien. Indien daar enige onsekerheid
oor toedieningsprotokol is, skakel die
registrasiehouer wat dan graag die pro-
dusent sal inlig oor die korrekte gebruik van
die entstof. Maak ook seker of die bepaalde
entstof wel in daardie geografiese gebied
sal werk, want dit is dalk so dat sommige
stamme van die mikro-organisme nie in alle
geografiese gebiede beheer kan word nie.
Dit kan gebeur dat sekere organismes
muteer en dat bepaalde entstowwe nie
heeltemal na wense werk nie. Indien die
produsent doodseker is dat die koue ketting
streng gehandhaaf is, die diere korrel-
ingeënt is en alles volgens aanwysing
gedoen is, moet die produsent die saak
by die registrasiehouer aanmeld. Dit is
nie alleen in belang van die produsent nie,
maar ook in belang van die registrasiehouer
om voor te bly met die ontwikkeling van
entstowwe teen weerstandbiedende stam-
me van ‘n mikro-organisme.
Opvolgwerk
Om die opvolgwerk te doen as diere
ingeënt word, is ook van uiterste belang.
Die produsent se dagboek, veral die een op
die selfoon wat ‘n boodskap stuur as daar
iets belangriks aandag moet geniet, is dus
van onontbeerlik ten einde die opvolgaksies
streng na te kom.
‘n Groot vraag wat dikwels rondgaan is:
Hoe gemaak met vee wat ingekoop word?
Is die produsent verseker dat sulke diere
wel korrel-ingeënt is? Indien jy enigsins
onseker is, dring daarop aan dat die
verkoper van sulke diere ‘n sertifikaat van
‘n veearts verskaf wat aandui dat die diere
wel ingeënt is.
Die goeie nuus is dat SAAHA-lede gedurig
nuwe entstowwe ontwikkel om aan die
behoefte van die Suid-Afrikaanse vee-
en pluimveebedryf te voldoen. Daar is
dus geen kans dat produsente op ‘n dag
sonder geskikte entstowwe sal wees nie.
In dieselfde asem moet produsente uiters
bedag wees op entstowwe wat aangebied
word deur individue, en selfs enkele
veeartse, wat nie geregistreer is nie. Dis so
goed soos om suikerwater in jou trekker se
dieseltenk te gooi.
Navrae kan aan die SAAHA gerig word
by 011 805 2000 of kontak die outeur by
of 082 446 8946.
SA Graan/
Sasol Nitro fotokompetisie
– Molly Bester 2011
Entstowwe is voorkomend van aard
en moet as deel van ‘n streng siekte-
bestuursprogram aangewend word.
1...,55,56,57,58,59,60,61,62,63,64 66,67,68,69,70,71,72,73,74,75,...124
Powered by FlippingBook