SA Grain March 2014 - page 72

Maart 2014
70
‘n Beesgesondheidsprogram is ‘n moet
vir elke beesprodusent se jaarprogram
‘n
Voorkomende beesgesondheidsprogram bly ‘n interessante
uitdaging en behoort ‘n roetine en onontbeerlike komponent
van elke beesprodusent se jaarprogram te wees.
Daar is reeds verskeie programme deur verskeie veeartse opgestel,
maar almal moet aan die einde van die dag dieselfde doelwit voor
oë hê: Die optimale gesondheid van die beeskudde. Hierin word
gefokus op die noodsaaklike siektes, en siektes soos rooiwater,
galsiekte en hartwaterbloed se entstowwe word weer elders in
diepte na gekyk.
MSD Animal Health, Suid-Afrika, beskik oor ‘n wye reeks produkte,
soos byvoorbeeld doseermiddels, dipmiddels, entstowwe,
antibiotikums en groeibevorderaars. Elke groep het ‘n spesifieke
teikengroep diere sowel as seisoen van die jaar waar hulle voorkeur
hoort te geniet. Die belangrikheid van ‘n jaarprogram is van
toepassing in ‘n somer- of winterreënvalstreek. Teel- en dekseisoene
moet sover moontlik aangepas word om in ooreenstemming met die
voedselbeskikbaarheid te gebeur.
Sommige programme begin by ‘n teelseisoen, ander weer doodeen-
voudig volgens die kalenderjaar en die aktiwiteite word dan daar-
in gevoeg. In die programvoorbeeld (
Tabel 1
tot
Tabel 4
) volg ‘n
driemaande-kalfseisoen vanaf Augustus tot Oktober. Hierin word
daar aan soveel siektes en parasiete as moontlik aandag gegee.
Onthou dat jy saam met jou veearts ‘n nommerpasprogram vir jou
kudde moet opstel.
Die belangrikste deel van die program is om die kalwers (versies
en bulletjies) so deeglik moontlik voor te berei in die eerste twaalf
maande. Hierin herhaal ons die belangrikste siektevoorkomings-
toedienings sodat ons vanaf 18 maande ouderdom hoofsaaklik een
hoofbehandelingskedule vir vroulike diere in Julie het, met slegs ‘n
paar ander kleiner behandelingskedules in ander maande.
Dit help om die hantering en stres van die beeste te verminder.
Aangesien Julie ‘n koeler maand is, is daar min tekens van hittestres.
Op die stadium is al die vroulike diere se dragtigheidstatus reeds
verby die sensitiewe eerste trimester van dragtigheid.
PROMOSIE-ARTIKEL
JOHAN CLOETE,
tegniese bestuurder: Herkouers, MSD Animal Health
TIPE
BEES
OUDERDOM MAAND AKSIE
PRODUK
SIEKTE OF EFFEK
ENTSTOF –
LEWENDIG/
DOOD
HERHALING/REDE
Kalwers <1 maand
Aug - Okt Inspuit
Hartwaterbloed
Hartwater
Lewendig
Pre-immuniteit
Kalwers 2 - 6 maande
Sept - Feb Inspuit
Rooiwaterbloed
Rooiwater
Lewendig
Kan varieer
Kalwers 2 - 6 maande
Sept - Feb Inspuit
Galsiektebloed
Galsiekte
Lewendig
4 - 6 weke ná rooiwater
Kalwers 2 - 6 maande
Sept - Feb
Opgiet-
middel
Delete All
Bosluise, myte, luise,
vlieë
Soos benodig
Kalwers 2 maande
Sept
Ontwurm
Gardal 10%
Rondewurms
3 - 4 maande later
2 maande
Sept
Ent
Drie-dae-stywesiekte Drie-dae-stywesiekte
Lewendig
1 x jaarliks*
2 maande
Sept
Ent
Piliguard® Pinkeye-1
Trivalent
Erge oog-ontsteking,
blindheid
Dood
1 x jaarliks*
Kalwers 3 maande
Okt
Inplantaat
Ralgro Cattle
Skelet- en spiergroei-
bevorderaar
Eenmalig, nie vir
bulletjies nie
3 maande
Okt
Ent
Respiravax
Longontsteking en BVD Dood
Ná 4 weke
3 maande
Okt
Ent
Clone 13 (SDK)
Slenkdalkoors
Lewendig
1 x jaarliks*
3 maande
Okt
Ent
Lumpyvax
Knopvelsiekte
Lewendig
Indien koei nie geënt
was nie*
Kalwers 4 - 5 maande
Nov
Ent
Supavax
Miltsiekte, sponssiekte,
lamsiekte
Lewendig/
dood
Miltsiekte,
1 x jaarliks*
Lam/spons ná 4 weke
4 - 5 maande
Nov
Ent
Multiclos/Covexin 10
8 - 10 verskillende
clostridiumstamme
Dood
Ná 4 weke*
4 - 5 maande
Nov
Ent
Respiravax
Longontsteking en BVD Dood
Hierna 1 x jaarliks*
4 - 5 maande
Ent
Lumpyvax
Knopvelsiekte
Lewendig
Ma wat geënt was
1 - 3 maande voor kalf
Kalwers 5 - 6 maande
Des
Ent
Botuvax
Lamsiekte
Dood
Eenmalig hier
5 - 6 maande
Des
Ent
Multiclos/Covexin 10
8 - 10 verskillende
clostridiumstamme
Dood
Hierna 1 x jaarliks*
5 - 6 maande
Des
Ontwurm
Solution 3,5% L.A.
Rondewurms,
blou bosluise
Strategies in die somer
5 - 6 maande
Des
Inplantaat
Revalor G
Background
kalwers
Nie teeldiere nie
5 - 6 maande
Des
Ent
Drie-dae-stywesiekte Drie-dae-stywesiekte
Lewendig
1 x jaarliks*
Vers-
kalwers
5 - 6 maande
Des
Ent
S-19 stam (slegs
4- tot 8-maande-
ouderdom)
Brusellose/aborsies
Lewendig
* Nooit weer en nie bul-
letjies nie
TABEL 1: VERSIES EN BULLETJIES (0 - TOT 6-MAANDE-OUDERDOM).
Daar is noodsaaklike* voorsorgmaatreëls en minder noodsaaklike** of opsionele voorsorgaksies wat geneem kan word.
1...,62,63,64,65,66,67,68,69,70,71 73,74,75,76,77,78,79,80,81,82,...124
Powered by FlippingBook