SA Grain March 2014 - page 69

Produk-inligting
67
March 2014
FOKUS
Dieregesondheid
Spesiale
Bloednier en sy uitwerking
op ‘n skaap
D
ie bakterie wat bloednier in skape veroorsaak, naamlik
Clostridium perfringens
Tipe D, is een van die bakterieë
wat natuurlik in die dermkanaal van die meeste skape en
beeste voorkom.
Sodra die normale omgewing in die dermkanaal versteur word, be-
gin die bakterium vermeerder en groot hoeveelhede toksiene word
afgeskei. Die toksiene word dan deur die liggaam versprei en veroor-
saak ‘n enterotoksemie of, anders bekend, ‘n ontsteking van die
dermkanaal en bloedvate. Die toksiene rig ernstige skade aan en is
die oorsaak van vrektes.
Die mees algemene aanduiding van die voorkoms van bloednier is
akute vrektes. Min diere toon maklik waarneembare kliniese tekens
en behandeling is gewoonlik nie suksesvol nie. Enting is dus van kar-
dinale belang vir die voorkoming van bloednier. Groot verliese weens
vrektes sal die gevolg wees indien enting nie toegepas word nie.
By uitsondering kan die brein ook aangetas word met ‘n kroniese
vorm van bloednier. Diere van alle ouderdomsgroepe is vatbaar vir
die siekte, maar weens hul gulsigheid vrek die vetste diere gewoonlik
eerste.
Faktore wat tot die siekte aanleiding kan gee, sluit in:
Skielike verandering in die tipe of gehalte van voer, insluitende
weiding.
Byvoeding wat hoë energie verskaf.
Tydens of net ná ontwurming.
Vir diagnose moet daar vir die bakterium in die dermkanaal getoets
word met meegaande tipering, ‘n urinetoets en ‘n histologiese seksie
van die brein.
Die beste raad is egter die voorkoming van die siekte. Dit kan be-
werkstellig word deur diere gereeld teen die bakterium te ent. Veral
dragtige diere moet voor lamtyd geënt word sodat teenliggame in
die bies vir die lam beskikbaar kan wees.
Produkte wat vir die voorkoming van bloednier gebruik kan word,
sluit in One Shot Ultra™ 7 (Reg. Nr. G2818, Wet 36 van 1947). Dié
produk dek ook ander siektes, soos pasteurellose, lamdissentrie,
bloedderm, kwaadaardige edeem, sponssiekte, gasgangreen en
baarmoeder-gangreen.
Ultrachoice 7 dek al die bostaande siektes behalwe pasteurellose.
(Reg. Nr. G2804, Wet 36 van 1947) Glanvac (Reg. Nr. G2347, Wet 36
van 1947) is ‘n produk vir skape en bokke spesifiek vir bloednier, teta-
nus asook kaasagtige limfklierverswering.
Vir meer inligting, skakel gerus jou naaste veearts of Zoetis verteen-
woordiger.
JACOBA VAESSLER,
tegniese veearts, Zoetis
Enting is van kardinale belang vir die voorkoming van bloednier.
1...,59,60,61,62,63,64,65,66,67,68 70,71,72,73,74,75,76,77,78,79,...124
Powered by FlippingBook