SA Grain March 2014 - page 74

Maart 2014
72
PROMOSIE-ARTIKEL
TIPE
BEES
OUDERDOM MAAND AKSIE
PRODUK
SIEKTE OF EFFEK
ENTSTOF –
LEWENDIG /
DOOD
HERHALING/
REDE
Bulle 18 maande - 5 jaar + Sept - Feb Opgietmiddel
Delete All
Bosluise, myte, luise, vlieë
Soos benodig
Mrt
Ent
Clone 13 (SDK)
Slenkdalkoors
Lewendig
1 x jaarliks* ná die
dekseisoen
Apr
Ent
Drie dae
stywesiekte
Drie-dae-stywesiekte
Lewendig
1 x jaarliks** nie
voor toetse/teel-
seisoen
Apr
Ent
Respiravax
Longontsteking en BVD Dood
1 x jaarliks*
Apr
Inspuit
Vit AE
Multimin Se
Winter vitamientekorte
Mineraaltekorte
Ná 2 maande
Ná 6 maande
Jun
Ent
Trichguard V5L
Trich, vibrio, lepto
Dood
1 x jaarliks*
Jun
Ent
Supavax
Milt-, spons-, lamsiekte
Dood/lewendig 1 x jaarliks*
Jun
Ent
Multiclos/
Covexin 10
8 - 10 verskillende
clostridiumstamme
Dood
1 x jaarliks*
Jun
Ent
Lumpyvax
Knopvelsiekte
Lewendig
1 x jaarliks*
Jun
Toetse
Veltoets
Bloedmonster
Bees tuberkulose,
bees brusellose
Intra-dermaal
Bloedtoets
1 x jaarliks*
Jun
Ontwurm
Sovereign pour
on/Fluxacur NF
Rondewurms,
lewerslakke
Winter vir
rondewurms en
lewerslakke
Jun
Inspuit
Vit AE
Winter vitamientekorte
Ná 2 maande
Aug - Sep
Skedespoeling
Vrugbaarheids-
toetse
Laboratorium-
toetse
Trichomonas
Vibriose
Jaarliks, 2 keer 1
maand uit mekaar
Aug - Sep Inspuit
Vit AE
Multimin Se
Winter vitamientekorte
Mineraaltekorte
Weer in die herfs
Ná 6 maande
TABEL 4: BULLE (18-MAANDE TOT 5-JAAR PLUS OUDERDOM).
Daar is noodsaaklike* voorsorgmaatreëls en minder noodsaaklike** of opsionele voorsorgaksies wat geneem kan word.
Goedgekeurde entstowwe wat in die laaste trimester van dragtigheid
toegedien word, kan daartoe aanleiding gee dat die komende
kalfseisoen se biesmelk die hoogste teenliggaampievlakke moontlik
kan bevat vir oordraging aan die nuutgebore kalwers.
Sekere entstowwe is spesifiek weggelaat uit sekere maande as
gevolg van die feit dat hulle lewendige entstowwe is wat verkieslik
nie kort voor teel of in die eerste drie maande van dragtigheid
gegee moet word nie. Deur die program so te struktureer, kan die
meeste van die voorkomende inentings in die veiliger periode toege-
dien word.
Versies en bulletjies word volgens die programskedule gedurende
die sewe- tot twaalfmaande-ouderdomstydperk soos volg voorberei.
Sekere entstowwe, soos byvoorbeeld S-19 en RB51, mag nooit aan
bulkalwers of bulle toegedien word nie aangesien dit tot testikulêre
en geslagsorgaanontsteking (orgitis en epididimitis) asook heel
moontlik permanente onvrugbaarheid kan lei. Beide die genoemde
entstowwe mag ook nie aan dragtige verse en koeie toegedien
word nie.
Die S-19 brusellose entstofstam mag ook nie herhaal word of buite
die vier- tot agtmaande-ouderdomsgroep toegedien word nie. Só ‘n
toediening sal heel waarskynlik lei tot vals positiewe toetsresultate
waarin dit nie moontlik is om tussen ‘n “veld”-stambesmetting van
ander beeste en die entstofstam te onderskei in die laboratorium nie.
Die groeibevorderaars moet ook streng binne hul aanbevole etiket-
aanbevelings toegedien word. Indien jy twyfel of die beeste vir
reproduksiedoeleindes gebruik gaan word al dan nie, moet dan
eerder nie die Revalor G in beide geslagte en die Ralgro-Cattle vir
bulkalwers toedien wat vir latere teeldoeleindes gebruik gaan word
nie, aangesien daar vrugbaarheidsprobleme kan ontstaan. Indien die
nul tot ses maande en dan die sewe tot twaalf maande komponente
van die kalwers nagevolg word, soos hier uiteengesit met verdere
skraagdosisse tussen twaalf tot 18 maande, behoort die jong beeste
‘n voldoende immuunrespons te ontwikkel sodat hulle ingeskakel
kan word met die 18 maande oue verse en ouer koeie se praktiese
jaarlikse inenting.
Hierdeur kan ons die volwasse koeie in die winter inent om die mees
optimale immuniteit vir die kalwers moontlik te maak deur middel van
die kolostrum wat hulle in die eerste een tot twaalf ure ná geboorte
inneem. Op dié stadium, indien die vorige gesondheidsprogram nou
nagevolg is, behoort dit redelik voldoende te wees om die koeie
volgens die tabelle te bestuur met die minste hantering moontlik. Die
bestuur sluit nie die beheer van bosluise in nie, aangesien dit baie
spesifiek volgens die uitdaging op die plaas self bepaal moet word.
Die bulle se gesondheidsplan is so gestruktureer dat daar gedurende
die periode voor die skedespoeling en vrugbaarheidstoetse as-
ook die periode direk voor en ten tye van die teelseisoen, geen produk
toegedien word wat enigsins ‘n negatiewe of onderdrukkende effek
op saadkwaliteit of vrugbaarheidstoetse kan uitoefen nie.
Vir verdere besonderhede en implementering van die gesondheids-
program en die inskakeling van byvoeding daarin, kan lesers dr Johan
Cloete, tegniese bestuurder: Herkouers, kontak by 0861 838 838,
083 643 5456 of
.
MSD-produkverwysing
Botuvax® Reg. Nr. G2193 (Wet 36 van 1947); Covexin® 10 Reg. Nr. G3354 (Wet 36
van 1947); Botuvax® Reg. Nr. G2193 (Wet 36 van 1947); Duovax Reg. Nr. G2328
(Wet 36 van 1947); Lumpyvax™ Reg. Nr. G3673 (Wet 36 van 1947); Multiclos Reg.
Nr. G3392 (Wet 36 van 1947); Piliguard Pinkeye-1 Trivalent Reg. Nr. G2803 (Wet 36
van 1947); RB-51® Reg. Nr. G3056 (Wet 36 van 1947); Respiravax™ Reg. Nr. G3867
(Wet 36 van 1947); Supavax® Reg. Nr. G2643 (Wet 36 van 1947); Delete® All Reg.
Nr. G2837 (Wet 36 van 1947); Solution 3,5% LA® Reg. Nr. G3689 (Wet 36 van 1947);
Sovereign® Reg. Nr. G3831 (Wet 36 van 1947); Fluxacur NF Reg. Nr. G3202 (Wet
36 van 1947); Gardal 10% Reg. Nr. G3201 (Wet 36 van 1947); Ralgro® CATTLE Reg.
Nr. G1406 (Wet 36 van 1947); en Revalor® G Reg. Nr. G 2714 (Wet 36 van 1947).
‘n Beesgesondheidsprogram is ‘n moet
1...,64,65,66,67,68,69,70,71,72,73 75,76,77,78,79,80,81,82,83,84,...124
Powered by FlippingBook