57
March 2014
of 012 319 6183) of me Elna de Bruyn (
of
012 319 6096) gekontak word vir inligting en aansoekvorms.
Inbring van plantmateriaal oor die
landsgrense
Alle plantmateriaal wat oor die landsgrense ingevoer word, moet
by die punt van binnekoms aan die betrokke owerheidsinstansie
verklaar word en moet oor die nodige invoerpermit en magtiging
(indien dit saad van ‘n ongelyste variëteit is) beskik.
Kwarantynmaatreëls
Onthou, hoewel plantmateriaal kan voldoen aan die fitosanitêre
invoervereistes van die Departement van Landbou, Bosbou en
Visserye (‘n wettige permit en fitosanitêre sertifikaat) is daar nog
gevare aan die ingevoerde materiaal verbonde.
Die huidige permitstelsel verplig die invoerder alleenlik om vir
peanut stunt virus
te laat toets. Die ingevoerde materiaal het dalk
moontlik weerstand teen byvoorbeeld tamatiemosaïekvirus (TMV),
maar sal ‘n draer kan wees van die virus.
In Suid-Afrika was TMV nog nie ‘n probleem nie, so die fokus was
nog nooit uitsluitlik daarop om te teel vir weerstand teen TMV nie.
Die Suid-Afrikaanse kommersiële kultivars sal val soos soldate in
die Tweede Wêreldoorlog as TMV onder hulle moet uitbreek!
Dit is dan ook die rede waarom saad uit byvoorbeeld Argentinië
(waar daar nou groot probleme ondervind word met infeksie deur
Thecaphora frezzi
, wat roetbesmetting veroorsaak), eers onder
kwarantyn geplant moet word.
Dr Jorge Baldessari van INTA, Argentinië, het die LNR-Instituut
vir Graangewasse (LNR-IGG) in 2013 besoek en gesê dat daar ook
klaarblyklik geen weerstand daarteen is nie. Die saad wat uitge-
voer word, word chemies behandel, maar ook dít kan nie verseker dat
daar geen spore agterbly nie.
Die LNR-IGG is altyd bereid om in samewerking met die invoerder
die saad onder kwarantyn te evalueer vir siektes en plae.
Kwarantynfase
Geen basiese tydperk van kwarantyn kan van toepassing gemaak
wordnie, aangesien elke individuele invoer opmeriete getakseerword
en die kwarantynbenadering volgens die fitosanitêre risiko daaraan
verbonde bepaal word. ‘n Volledige fitosanitêre profiel van elke
eenheid word op rekord geplaas en bewaar. Indien plantmateriaal nie
voldoen aan kwarantynvereistes nie, kan die plantmateriaal volgens
die keuse van die invoerder teruggestuur word aan die verskaffer of
vernietig of gereinig word volgens spesifikasies (byvoorbeeld: Die
saad word in ‘n chloor-oplossing gewas).‘n Bron van kernplante van
ingevoerde plantmateriaal moet deur die invoerder vir ‘n minimum
tydperk van vyf jaar in stand gehou word.
Belangrikheid van kiemplasma
Die eienskappe van die verskillende kiemplasma-insluitings (
entries
)
word gebruik in navorsingsprogramme om kultivars te verbeter in
terme van byvoorbeeld die persentasie saadontkieming, siekte- en
pesweerstand, verdraagsaamheid vir middels wat toegedien word
om onkruid te beveg en die uiteindelike doel – ‘n kwaliteit opbrengs.
Beheermaatreëls
Navorsers sal probleme die hoof bied deur siekteweerstandbiedende
kultivars te teel en te selekteer uit die kiemplasma en kommersiële
kultivars. Nog maatreëls wat deur produsente gevolg kan word
om die verspreiding van siektes en plae te beperk, sluit in onkruid-
verwydering, diep ploeg van grondboonreste en wisselbou. Onthou,
moet nooit peulgewasse direk ná mekaar plant nie. Volg grondbone
op met mielies of grasse.
Volg ook die wettige permitstelsel en verkry ‘n fitosanitêre sertifikaat
vir invoere. Indien nodig, doen navraag by die LNR-IGG om die
invoerder by te staan om die materiaal te evalueer.
Aanbeveling
Daar word voorgestel dat die permitstelsel se voorwaardes elke
jaar deur die DLBV hersien moet word om peste en siektes wat
oor die wêreld heen problematies raak, te kan beveg. So moet
Suid-Afrika voorsiening maak dat ingevoerde grondboonsaad,
veral uit Argentinië, vry is van roetbesmetting (
Thecaphora
frezzi
). Indien dit nie gebeur nie sal Suid-Afrika definitief oor
‘n paar jaar reeds die effek van die siekte op die kwaliteit en
kwantiteit van hul oeste begin waarneem.
Invoerders moenie kortpaaie probeer volg om saad in te kry
nie. Kry die wettige permit en fitosanitêre sertifikaat, al is die
prosedure tydrowend en duur.
Daar behoort op die invoervorm deur die invoerder aangedui te
word of die plantmateriaal alleenlik vir eie gebruik aangewend
gaan word of nie.
Indien ‘n permit nie voorsiening maak vir die verpligte toets vir
sekere siektes en plae wat voorkom in die wêrelddeel waaruit die
materiaal uit verkry word nie, moet die invoerder die ongelooflike
belangrike stap neem om eers die ingevoerde materiaal onder
kwarantyn te laat plant deur deskundiges. Sodoende kan die
materiaal vry verklaar word van destruktiewe peste en plae wat
Suid-Afrika se grondboonbedryf so geweldig kan benadeel.
Onthou die spreekwoord wat sê “A stitch in time saves nine”.
‘n Probleem wat vroegtydig uitgesorteer word, sal verhoed dat
derduisende rande later bestee sal moet word om die siekte of
plaag uit te roei en te beheer.
Daar moet gestreef word om ‘n inkubator-model te ontwikkel
vir handeldryf- en besigheidsontwikkeling en gefasiliteerde
vennootskappe met privaat sektore.
Navorsingsinstansies, grondboonprodusente en privaat maat-
skappye wat die verwerking van grondbone hanteer (vir
uitvoere), moet met mekaar kommunikeer.
Tegnologie is globaal beskikbaar – dit moet net gebruik word.
Belangrike kontakinligting
Kontak me Joan Sadie (registrateur: Plantverbeterings-
wet, Direktoraat: Plantproduksie) by 012 319 6034 of
of Alana Pretorius by
PretoriusAE@
arc.agric.za.
“
Daar is nie kortpaaie
met betrekking tot die
verkryging van geldige
permitte en fitosanitêre
sertifikate of selfs die
saad nie.
“