SA Grain March 2014 - page 77

– ‘n gevaar vir mens en dier
T
etanus of klem-in-die-kaak is nie
‘n aansteeklike siekte nie en word
deur ‘n bakteriese toksien of gifstof
(neurotoksien tetanospasmin) ver-
oorsaak. Die senuweesisteem van perde
en skape en soms beeste, bokke, varke
en mense en by uitsondering honde
en katte, word aangetas. Tetanus kom
ook by die mens voor (soönose) waar
dit pynlike spierspasmas in die kou- en
nekspiere veroorsaak. In mense van
ontwikkelende lande is tetanus ‘n publieke
gesondheidsprobleem.
Besmetting
Tetanus is ‘n siekte wat bykans alle diere
asook die mens, aantas. Perde en mense
is baie vatbaar vir die siekte, terwyl beeste
minder vatbaar is. Jong lammers word
dikwels aangetas.
Die siekte word deur die toksien van die
bakterie
Clostridium tetani
veroorsaak. Die
bakterieë vermeerder in die dooie weefsel
van ‘n wond van die dier. Die kragtige
toksien word vanaf die wond van die dier
geabsorbeer en beweeg langs die senuwees
na die brein en rugmurg. Dit veroorsaak
tipiese senusimptome.
Wondewaarin die bakterieë die algemeenste
vermeerder is dié wat deur kastrasie en die
afsit van sterte (veral by skape) veroorsaak
word. Perde word gewoonlik aangetas as
hulle beslaan word met ‘n perdeskoen of
in ‘n skerp voorwerp trap. Hulle kan ook
tetanus kry as wonde besmet word met die
bakterieë waar anaërobiese- (afwesigheid
van suurstof) toestande gunstig is.
Die bakterieë kan ook soms die nael-
string besmet, vermeerder en sy toksien
produseer. Die gebruik van rekkies vir
stertafsit en kastrasie by lammers is veral
gevaarlik en moet by onbeskermde lammers
(dragtige ooi nie ingeënt voor lam) vermy
word. Hierdie rekkies veroorsaak die
afsterwe van weefsel (nekrose) van die vel
wat ideale toestande vir die vermeerdering
van die bakterieë skep; grootskaalse verliese
is al as gevolg van hierdie metode gely.
In koeie ná kalwing, waar die nageboorte
(plasenta) vassit of agterbly, kan tetanus
ook voorkom. Beeste het gewoonlik hoë
vlakke van neutraliserende teenliggaampies
teen die neurotoksien van die bakterieë. Ná
kalwing daal die teenliggaampies baie en
sodoende raak die koei meer vatbaar vir
tetanus.
Met die skeer van skape waar skeerletsels
voorkom en by die onthoring van diere kan
tetanus ook voorkom. Soms ná operasies en
inentings van diere is dit ook moontlik dat
iatrogeniese (oorsaak is onbekend) tetanus
voorkom.
Die broeitydperk (van besmetting tot
simptome) by tetanus duur twee tot 14
dae. Vrektes kom gewoonlik binne vier tot
tien dae voor.
C. tetani
is baie algemeen in
mis, veral perdemis, en in die grond wat
baie organiese materiaal bevat, soos dié
van krale en stalle, en wonde wat hiermee
in aanraking kom word dan maklik besmet.
Siektetekens by lammers
‘n Lam met tetanus toon tipiese senusimp-
tome:
Hy gaan lê en vind dit uiters moeilik om
op te staan.
Later word hy so styf dat hy omval en
nie weer kan opstaan nie.
Die bene is styf uitgestrek en die hele
liggaam trek styf.
Die nek word teruggetrek en die
kakebeen toegeklem (
lockjaw
).
Wanneer die dier gesteur word, kan hy
tetaniese spasma ontwikkel.
Ander diersoorte ontwikkel ook tipiese
senusimptome.
Voorkoming en beheer
Tetanus word die beste voorkom deur
immunisering (inenting). Diere wat vir
die eerste keer op die ouderdom van
drie maande of ouer ingeënt word, moet
‘n tweede inenting ná vier tot ses weke
ontvang. Hierna word hulle slegs een keer
per jaar ingeënt om immuniteit te behou.
Om diere (lammers) wat jonger as drie
maande is tydens kastrasie en stertafsit
en teen moontlike naelstringinfeksie ná
geboorte teen tetanus te beskerm, moet
die moederdier vir die eerste keer agt weke
en weer vier weke voor partus (geboorte)
ingeënt word, en daarna een keer jaarliks,
twee tot vier weke voor lam.
Op hierdie manier verkry die jong diere
biesmelk-immuniteit wat hulle vir bykans
vyf weke sal beskerm. Op die ouderdom van
drie maande kan hulle dan geïmmuniseer
word soos voorheen beskryf.
Perde en in ‘n mindere mate skape, is veral
vatbaar vir tetanus en behoort jaarliks
ingeënt te word. Alhoewel moederdiere
(byvoorbeeld ooie en merries) teen tetanus
ingeënt word en daar ‘n biesmelkimmuniteit
ontwikkel in die lam of vul, moet goeie
higiëne altyd gehandhaaf word gedurende
kastrasies, stertafsit of chirurgiese prose-
dures.
75
March 2014
FOKUS
Dieregesondheid
Spesiale
JAN DU PREEZ,
besturende direkteur, Instituut vir Suiweltegnologie
1
3
4
2
1: ‘n Lam met tetanus. Die tetanus-bakterieë het in die wond, wat ontstaan het toe die stert afgesit is,
vermeerder en gifstof geproduseer.
2: Koeie kan ná kalwing, waar die nageboorte vassit of agterbly, tetanus kry.
3: Die algemeenste wonde waarin besmetting voorkom en waar tetanus ontstaan by skape, is by die
afsit van sterte asook by kastrasie.
4: Perde kry gewoonlik tetanus nadat hulle in ‘n skerp voorwerp trap, beslaan word (perdeskoen) of
wondbesmetting kry.
SA Graan/
Sasol Nitro fotokompetisie
1...,67,68,69,70,71,72,73,74,75,76 78,79,80,81,82,83,84,85,86,87,...124
Powered by FlippingBook