SA Grain March 2014 - page 71

69
March 2014
Nege verskillende virustipes
Daar is nege bekende tipes perdesiektevirusse in die natuur. Hierdie
virustipes is immunologies verskillend en beskerm nie onderling
teen mekaar nie. Dit beteken dat perde telkemale perdesiekte kan
opdoen en ten spyte van die gebruik van polivalente entstof, is
doeltreffende immunisering nie altyd moontlik nie.
Gevriesdroogde perdesiekte-entstof
Onderstepoort se perdesiekte-entstof word as twee aparte in-
spuitings met verskillende perdesiekte-virustipes aangebied. Dien
eers kombinasie I toe en minstens drie weke later kombinasie II. Be-
skerming van die ingeënte perde teen perdesiekte word verkry drie
tot vier weke ná die volledige inenting. Perde moet verkieslik jaarliks
gedurende die lente of vroeë somer teen perdesiekte ingeënt word.
Uitwerking van die entstof
Diere wat vir die eerste keer ingeënt word, kan moontlik ‘n effense
reaksie toon tussen die sewende en veertiende dag. Vir hierdie
tydperk en ‘n week daarna moet sulke diere nie harde werk doen nie.
Perde wat voorheen teen perdesiekte ingeënt was, sal waarskynlik
nie tekens ná inenting wys nie. Sulke perde kan normale werk verrig
ná inenting, maar moenie oorwerk word nie. Perde wat traagheid ná
inenting wys, moet onder geen omstandighede geforseer of gedryf
word nie. Perde is redelik goed beskerm teen perdesiekte drie tot vier
weke ná inenting. Omdat die perdesiekte-entstof beskerming gee
teen verskeie perdesiekte-virustipes is die spektrum van immuniteit,
veral in jong perde, ná ‘n enkele inenting (kombinasie I en II) nie altyd
voldoende om die perd teen perdesiekte te beskerm nie.
Waarskuwing
Sommige jong vullens, wat vir die eerste keer geïmmuniseer word,
kan dalk hewig reageer. Moenie die dier binne sewe dae ná inenting
slag vir menslike gebruik nie.
Verpakking
Die entstof word in twee aparte botteltjies aangebied wat vir ‘n
enkele inenting van ‘n perd is. Dragtige merries moet verkieslik nie
in die eerste drie maande van dragtigheid ingeënt word nie. Inenting
in die laat stadium van dragtigheid is veilig en word algemeen
aanbeveel omdat dit ‘n goeie passiewe biesmelk-immuniteit in die
vul tot gevolg het.
Sebra is ‘n draer
Onderstepoort se Veeartsenykunde-instituut het onlangs bewys dat
die sebra ‘n draer is van die perdesiekte-virus.
Gebruiksaanwysings van perdesiekte-
entstof
Die aktiewe bestanddeel van die entstof is in die vorm van ‘n poeier
of klont in ‘n klein botteltjie. Koppel een van die ingeslote naalde aan
een van die spuite met verdunningsvloeistof en spuit die inhoud in
botteltjie nommer 1. Skud die botteltjie tot die inhoud opgelos is en
onttrek weer met die spuit. Die entstof is nou gereed vir gebruik en
moet dadelik ingespuit word.
Vermy blootstelling aan hoë temperature en direkte sonlig gedurende
inenting. Bewaar die res van die verpakking by 4°C tot 8°C vir toediening
minstens drie weke later. ‘n Skraagdosis-entstof teen perdesiekte
word jaarliks aanbeveel.
Dosis
Die dosis entstof wat toegedien moet word, is 2 ml onderhuids
ongeag die ouderdom of massa van die perd.
Voorkoming en beheer van perdesiekte
Perde moet jaarlik ingeënt word. Die entstof sal nie noodwendig
volledige immuniteit (beskerming) in alle perde teweegbring
nie en dit is noodsaaklik om ook ander bykomstige maatreëls te
neem om perde teen perdesiekte te beskerm gedurende die tyd
van die jaar wanneer die risiko van oordraging van besmetting
deur die bytende
Culicoides
muggie die hoogste is.
Perde moet weggehou word van laagliggende dele van die plaas,
soos vleie, naby riviere, damme en panne omdat die bytende
muggies wat perdesiekte oordra, daar baie aktief is.
Perde moet laatmiddag, snags en vroeg soggens op stal gehou
word. Die
Culicoides
muggies is nagtelike insekte en is nie
geneig om geboue binne te gaan nie.
Die aanwend van insekweerders en die gebruik van insekdoders
op die huid van die perd sal die
Culicoides
muggies ontmoedig
om op die perd te voed (bloedmaal te neem) en so die perd met
virusse te besmet.
Moenie sebras wat as ‘n bron van besmetting (reservoir) van
perdesiekte-virus kan dien naby perde aanhou nie.
Teel liefs net met ingeënte merries sodat verseker kan word dat
die vul ‘n goeie immuniteit deur die kolostrum (biesmelk) van
die merrie kry om hom die eerste ses maande van sy lewe te
beskerm. Vullens moet verkieslik twee keer gedurende hulle
eerste en tweede lewensjaar ingeënt word en daarna net een
keer jaarliks.
Die teelseisoen moet liefs so gereël word dat die vullens nie die
ouderdom van ses maande bereik gedurende die tyd (somer-
maande) wanneer die muggies aktief is nie. Op ses maande moet
die vullens van ingeënte merries die eerste keer ingeënt word,
want dan beskerm die immuniteit van die merries nie meer die
vullens nie.
Hou perde indien moontlik in perdesiekte-vrye areas aan.
Raadpleeg die veearts vir verdere inligting aangaande immunise-
ring en voorkomingsmaatreëls teen perdesiekte.
Perde moet
laatmiddag, snags en
vroeg soggens op stal gehou word.
Die
Culicoides
muggies is nagtelike
insekte en is nie geneig om geboue
binne te gaan nie.
1...,61,62,63,64,65,66,67,68,69,70 72,73,74,75,76,77,78,79,80,81,...124
Powered by FlippingBook