SA Grain March 2014 - page 70

Maart 2014
68
Wat behels die gevreesde
PERDESIEKTE?
E
tlike duisende perde het al in Suid-Afrika en Afrika gevrek
weens die gevreesde perdesiekte. Die enting van perde met
Onderstepoort se perdesiekte-entstof is die belangrikste
voorkomingsmaatreël teen die siekte. Onderstepoort kan die
immuunstatus van perde teen perdesiekte bepaal.
Perdesiekte is ‘n erge (perakute) tot matige infeksiesiekte van die
perdefamilie, wat nie aansteeklik is nie. Dit word veroorsaak deur ‘n
virus (orbivirus). Daar is nege verskillende virusstamme (serotipes)
wat perdesiekte veroorsaak.
In 1944 het Onderstepoort se Veeartsenykunde-instituut bewys
dat die oordrag (vektor) van perdesiekte en bloutongvirusse deur
klein, bloedsuiende muggies gedoen word. Perde is baie vatbaar vir
perdesiekte en vrektes van tot 95% kan voorkom by ongeënte perde.
Donkies en muile is meer weerstandbiedend teen perdesiekte en
die siekte se verloop by hulle is gewoonlik matiger. Perdesiekte
kom gereeld in die meeste lande suid van die Sahara in Afrika voor.
Honde wat besmette vleis eet van perde wat aan perdesiekte gevrek
het, kan siek word en vrek. Honde speel egter blykbaar nie ‘n rol in
die verspreiding van perdesiekte nie.
Hoe kry perde die siekte?
Die virus word na die perd oorgedra deur klein, bloedsuiende
muggies (ook genoem brandassies) met die naam
Culicoides
spp.
Die belangrikste spesie is
C. imicola
. Die siekte kom hoofsaaklik
in die laatsomer en herfs voor wanneer muggies volop is. Warm,
vogtige klimaatstoestande begunstig die uitbroei van die insekte,
wat skemeraande en snags aktief is en in groot getalle in laagliggende
dele in vleie en rondom panne en damme waargeneem word.
Gedurende die winter, vernaamlik in gebiede waar strawwe koue en
ryp voorkom, verdwyn die muggies en gevolglik kom gevalle van
perdesiekte nie voor nie, totdat klimaatstoestande wat dit begunstig,
die volgende somer weer intree.
Siektetekens
Perdesiekte kom in vier verskillende vorms voor, naamlik: Perdesiek-
tekoors, dunkopperdesiekte, dikkopperdesiekte of ‘n kombinasie van
die twee vorms. Perdesiektekoors is ‘n matige vorm van die siekte en
word gekenmerk deur ‘n koors wat vir een tot ses dae duur.
Hierdie perde se weerstand verlaag en hulle is meer vatbaar vir ‘n
opvlamming (terugval) van galkoors. So ‘n toestand kan foutiewelik
gediagnoseer word as ‘n terugval van perdesiekte tydens die
hersteltydperk gedurende perdesiekte.
Dunkopperdesiekte tas hoofsaaklik die longe aan en word gekenmerk
deur hoë koors, moeilike asemhaling, skuim uit die neusgate en ‘n
kort verloop met dood as gevolg van versmoring. By die dikkopvorm
is onderhuidse swelsels, veral bokant die oë, die ooglede, die lippe,
tussen die onderkaak en die onderdeel van die nek, bors en pens
kenmerkend. Die dood tree gewoonlik in as gevolg van hartversaking.
Die gemengde (kombinasie) vorm van perdesiekte, het siektetekens
van beide die dunkop- en dikkopperdesiekte.
FOKUS
Dieregesondheid
Spesiale
JAN DU PREEZ,
besturende direkteur, Instituut vir Suiweltegnologie
1: Die muggie
Culicoides
imicola
dra die perdesiektevirus na perde oor.
2: ‘n Perd met dikkopperdesiekte: Daar is swelsels bokant die oë.
3: Dié perd, wat dikkopperdesiekte het, se ooglede is geswel.
4: Hierdie perd is dood aan dikkopperdesiekte. Daar is baie skuim by sy
neusgate.
5: Sebras kry subkliniese (niesigbare) perdesiektebesmetting en kan dus
as bron van besmetting dien. Sebras vrek egter nie van perdesiekte nie.
6: Perde moet jaarliks teen perdesiekte ingeënt word.
1
2
3
5
6
4
1...,60,61,62,63,64,65,66,67,68,69 71,72,73,74,75,76,77,78,79,80,...124
Powered by FlippingBook