SA Grain March 2014 - page 64

Maart 2014
62
Is ons op die wenpad
met entstowwe of verloor ons?
V
eesiektebekamping is iets waarmee
die veeboer elke dag te doene het.
Sommige daarvan, soos miltsiekte,
kom sporadies voor, terwyl ander
weer elke dag in die produsent se dagboek
behoort te wees.
Die sage rondom Slenkdalkoors is nog nie
vergete nie en noord van ons grense kruip
dié gevreesde kleinveepes stadig maar
seker nader. Vir die landbougemeenskap
kan veesiektes haas nie net meer deur elke
individuele produsent bestuur word nie,
omdat die hele land se veekudde in gedrang
kom as siektes soos bek-en-klouseer onder
die veestapel invaar. Dink maar net aan die
vernietigende uitwerking wat voëlgriep
alreeds op die volstruisbedryf gehad het.
Staatsveeartsenykundige
dienste
Een van die groot probleme is dat die
staatsveeartsenykundige-dienste
ernstig
onder finansiële en mannekragtekorte
gebuk gaan. Waar daar in die “goeie ou
dae” oorgenoeg staatsveeartse was wat
die landelike gebiede bedien het, is daar
deesdae ‘n tekort van etlike honderde van
hierdie essensiële manne en vroue wat na
die gesondheid van die veestapel moet
omsien. Private veeartse is ook maar dun
gesaai en dus is elke produsent eintlik maar
op homself aangewese.
Gelukkig is Suid-Afrika geseën met ‘n
stewige dieregesondheidsbedryf wat vee-
medisyne, soos entstowwe, antibiotika,
anti-inflammatoriese middels, endo- en
ektoparasietmiddels en dergelike middels
op groot skaal vervaardig en versprei deur
‘n verskeidenheid kanale waar die produsent
dit geredelik kan bekom.
Geregistreer
Die Suid-Afrikaanse Dieregesondheids-
vereniging (SAAHA) se lede bestaan uit ‘n
samestelling van eg Suid-Afrikaanse maat-
skappye, multinasionale maatskappye en
semi-staatsinstellings wat veemedisyne en
verwante middels volgens internasionale
standaarde vervaardig. Daar is geen twyfel
dat die bedryf se middels enige dag met
oorsese standaarde kan kompeteer nie.
Alle dieremedisyne en veeartsenykundige
farmaseutiese middels moet geregistreer
wees alvorens dit in die algemene handel
versprei en verkoop mag word. Die middels
en medisynes word of onder die Wet op
Misstowwe, Veevoedsel, Landboumiddels
en Veemiddels, 1947 (Wet Nr. 36 van 1947) of
die Wet op Medisyne en Verwante Middels,
1965 (Wet Nr. 101 van 1965) geregistreer.
Die antibiotika, parasietmiddels en entstow-
we is meestal onder Wet 36 geregistreer, ter-
wyl pynmiddels en narkotika onder Wet 101
geregistreer is. Daar is wel uitsonderings wat
onder Wet 101 geldig is: Die sogenaamde
outogene entstowwe word onder die wet
toegelaat – dit is waar daar nie ‘n entstof vir
‘n bepaalde siekte bestaan nie en die vee-
arts dan die reg gegun word om van die
besmette diere te gebruik om ‘n entstof te
vervaardig en op daardie bepaalde plaas vir
die bepaalde dier of kudde te gebruik ten
einde die siekte te bestry.
Sulke outogene entstowwe mag egter
geensins kommersieel of op enige ander
plaas aangewend word alvorens dit ge-
registreer is nie. Ongelukkig is daar enkele
individue wat outogene entstowwe ver-
vaardig en versprei – dit is net ‘n kwessie
van tyd voor daardie bom gaan bars en ‘n
geweldige negatiewe impak op Suid-Afrika
se status as uitvoerder van diereprodukte
gaan hê.
Dit is vir die produsent uiters belangrik
om nie om die bos gelei te word oor enige
entstowwe nie. As daardie houertjie nie
‘n volledige etiket dra waarop die regi-
strasienommer ingevolge Wet 36 aangedui
is nie, moet die plaashek onmiddellik ge-
sluit word en die persoon wat die middel
aanbied, moet die plaas belet word. Wie op
aarde sal in elk geval ‘n ongeregistreerde
middel, wat geen rekord van effektiwiteit
het nie, net op sy kudde loslaat?
Onthou, entstowwe ontlok ‘n biologiese
reaksie by die dier en as daardie entstof een
of ander vreemde mikro-organisme bevat is
dit miskien die einde van die hele kudde.
Mites oor entstowwe
Wat entstowwe betref, is daar ‘n klomp
mites wat die ronde doen, en dikwels tot
onbevredigende resultate lei. Entstowwe
as sodanig is voorkomend van aard
en moet daarom as deel van ‘n streng
siektebestuursprogram aangewend word.
Geen entstof kan gewaarborgde resultate
lewer nie: Dit is bloot ‘n metode om die breë
bevolking binne die kudde teen die bepaalde
mikro-organisme te ent sodat die diere hulle
eie verdediging daarteen kan opbou.
Binne enige bevolking is daar ‘n spektrum
van individue waarvan sommige baie
vatbaar sal wees vir die effekte van ‘n
bepaalde mikro-organisme en ander weer
uiters weerstandig teen die organisme sal
wees. Dus beteken dit dat die entstof die
meeste diere in die kudde sal beskerm,
maar dat enkele individue geneties net
nie oor die vermoë sal beskik om daardie
organisme te beveg nie.
Dink maar aan hartwater as ‘n voorbeeld:
Sommige beeste kan die pak van hartwater
vat, terwyl ander bloot neerslaan en vrek.
As ‘n kudde dus geënt word, selfs presies
volgens voorskrif, sal daar altyd individue
wees wat nie nodige positiewe reaksie
daarop gaan toon nie.
Aanwending
Dit bring ons by die entstowwe se aan-
wending: Vanaf die vervaardiging wat uit ‘n
SAAHA-oogpunt heeltemal bo verdenking
moet wees, tot die veilige berging daarvan,
die vervoer daarvan en die uiteindelike toe-
diening daarvan. As die sogenaamde koue
ketting tydens vervoer of berging gebreek
word, is dit amper soos ‘n waarborg vir
oneffektiwiteit. Almal weet tog dat sekere
entstowwe koud gehou moet word en as dit
effens warm raak, is dit daarmee heen.
Entstowwe het ook net ‘n bepaalde rak-
leeftyd voordat dit ontbind. Dit gaan hier nie
oor die effektiwiteit wat afneem nie, maar
oor die moontlikheid dat die entstof, wat
self biologies van aard is, moontlik endo-
gene toksiene kan vrystel as dit ontbind en
diere ernstig daarmee vergiftig of selfs dood.
Moet dus nooit ‘n entstof ná die vervaldatum
gebruik nie, al sê een of ander slimjan dat
als nog in orde is. ‘n Bees kos baie meer as
‘n botteltjie entstof.
‘n Verdere uiters belangrik aspek van
entstowwe is dat die steriliteit van toe-
diening noodsaaklik is. Steriliseer hande en
toerusting, soos spuite en naalde alvorens
die inenting aangepak word. Vuil toerusting
is ‘n waarborg vir ‘n fiasko.
Inentingsproses
Wanneer dit by die fisiese inentingsproses
kom, moet die produsent doodseker maak
FOKUS
Dieregesondheid
Spesiale
GERHARD H VERDOORN,
Suid-Afrikaanse Dieregesondheidsvereniging
1...,54,55,56,57,58,59,60,61,62,63 65,66,67,68,69,70,71,72,73,74,...124
Powered by FlippingBook