SA Grain March 2014 - page 66

Maart 2014
64
FOKUS
Dieregesondheid
Spesiale
Hoe om
beeste
reg in te spuit
I
nspuitings is een van die beste maniere om medisyne vir beeste
toe te dien. Antibiotika, anti-inflammatoriese produkte, entstow-
we, ontwurmingsmiddels, vitamiene en hormone is van die mid-
dels wat deur middel van ‘n inspuiting gegee kan word.
Dit is egter belangrik om die korrekte metode te gebruik om goeie
resultate te verkry sonder om die diere (of jouself) te beseer. Hier
volg ‘n paar stappe om dit korrek te doen:
Lees die aanwysings op die etiket
Dit is baie belangrik om die regte inligting oor die produk te
verkry. In die geval van entstowwe sal dit duidelik op die etiket
aangedui wees hoe die produk vermeng en toegedien moet
word, byvoorbeeld deur middel van binnespierse of onder-
huidse inspuiting.
Daar sal inligting wees oor die volume wat toegedien moet word
per kilogram of hoeveel entstof gegee moet word ongeag die
gewig. Dit is uiters belangrik om die gewig van die dier te bepaal
om te voorkom dat, byvoorbeeld jong kalwers, te veel van die
middel ontvang.
Die etiket sal ook inligting bevat oor hoe gereeld en met watter
intervalle die produk gebruik moet word.
Daar sal waarskuwings wees om aan te dui in watter gevalle
die produk nie gebruik mag word nie, byvoorbeeld in dragtige
beeste. Dit sal ook vleis- en melkontrekkingsperiodes aandui,
wat van uiterste belang is.
Inligting oor hoe om die produk te berg en by watter temperatuur,
sal ook op die etiket vervat word. Entstowwe word byvoorbeeld
gewoonlik teen 4°C - 8°C gestoor, en sommige ander produkte by
kamertemperatuur. Entstowwe moet ook nie gevries word nie.
Kyk na die vervaldatum op die etiket – betroubare resultate kan
nie gewaarborg word as ‘n produk verouder is en nie korrek ge-
berg is nie.
Indien daar enige onsekerheid oor ‘n middel is, kontak jou naaste
veearts om die regte inligting te verkry.
Voorbereiding van die produk
In die geval van antibiotika moet die bokant van die bottel met
alkohol skoongemaak word voordat die middel opgetrek word.
Gebruik slegs ‘n skoon, steriele naald en nie ‘n naald wat alreeds
gebruik is om diere te spuit nie. Bakterieë kan so die produk
binnedring en die kwaliteit en rakleeftyd verkort.
Gebruik skoon toerusting
Was jou hande voor en na hantering van produkte.
Gebruik weggooibare spuite en naalde vir behandelings en ou-
tomatiese spuite vir inentings, waar moontlik.
Moenie chemikalieë gebruik om spuite vir entstowwe uit te spoel
nie, aangesien dit lewende entstowwe kan inaktiveer. Spoel
spuite uit met kookwater voor en nadat dit gebruik is.
Vir ander middels kan ‘n ligte ontsmettingsmiddel gebruik word,
maar die spuite moet deeglik met kookwater uitgespuit word na-
dat dit ontsmet is.
Gebruik skerp, steriele naalde vir individuele diere, of gebruik
weggooibare naalde waar moontlik.
Gebruik een naald vir elke tien beeste as diere geënt word. Daar
is siektes wat wel tussen beeste oorgedra kan word, naamlik gal-
siekte, knopvelsiekte en beesleukose.
Gebruik die kleinste deursnee naald om skade aan weefsel te
voorkom.
Vir ‘n onderhuidse inspuiting: Gebruik 18G 1 duim tot halfduim
naalde.
Vir binnespierse inspuiting: Gebruik 18G 1,5 duim naalde.
Vir kalwers: Gebruik ‘n korter naald – 21G 1 duim.
Spuit slegs 10 ml per inspuitingsplek vir binnespiers en tot 20 ml
per plek as onderhuids gespuit word.
Moenie inspuit nie
Onderhuids
Binnespiers
Figuur 1: Gee onderhuidse inspuiting halfpad in die nekarea voor die skouer of oor die ribbes agter die skouer.
DANIE VAN ZYL,
Kroonstad Dierehospitaal
1...,56,57,58,59,60,61,62,63,64,65 67,68,69,70,71,72,73,74,75,76,...124
Powered by FlippingBook