SA Grain March 2014 - page 57

FOKUS
Saad
Spesiale
Saadkwaliteit van
soja’s
bespreek
G
oeie saad vorm die grondslag
van goeie gewasproduksie. Daar-
om is dit een van die belangrik-
ste beleggings wat ‘n produsent
kan maak.
Die definisie van goeie saadkwaliteit is
egter baie kompleks. Verskeie faktore,
soos genetiese suiwerheid, klimaat, insek-
skade, siektes en ook vogpersentasie
tydens stroop, beïnvloed saadkwaliteit.
Daarbenewens kan stroperverstellings as-
ook die hantering en berging van die saad
insgelyks ‘n groot invloed op die uiteindelike
ontkiemingspersentasie en groeikragtigheid
van die saad hê.
Dit is belangrik om te onthou dat saad ‘n
lewende organisme is. Daarom kan die
kwaliteit van die saad met verloop van
tyd verander. Ontkiemingsvermoë kan
lank stabiel bly, maar sal mettertyd slegs
verswak soos wat saad verouder.
Groeikragtigheid is die vermoë van saad
om onder moeilike omstandighede, hetsy
koue, hitte, droogte of te veel water, ‘n
lewensvatbare saailing te ontwikkel. Die
heersende klimaat wat tydens ‘n pro-
duksiejaar geld, kan ‘n groot invloed op die
kwaliteit van die saad uitoefen.
Waarom die klem op goeie saadkwaliteit?
Omdat dit uiteindelik maar dié komponent is
wat plantestand en opbrengs gaan bepaal.
Bo en behalwe die bereiking van ‘n ideale
plantestand, is die ideaal om hierdie saad so
homogeen as moontlik in die ry en oor die
land te spasieer.
Dit is die probleem van hoëstand-aan-
plantings van swakker ontkiemende saad
– daar ontstaan gekonsentreerde bondels
plante wat onderlinge kompetisie skep en
definitief nie gaan bydra tot ‘n verhoogde
opbrengs nie.
Elke sojaplant moet voldoende geleentheid
gebied word om sonder onderlinge
kompetisie tot sy volle potensiaal te
ontwikkel. Wanneer dit gebeur, sal ‘n mens
in die praktyk waarneem dat elke plant
die maksimum aantal peule ontwikkel.
Indien nie, sal die langsliggende plante se
peultellings geweldig varieer, wat weer kan
lei tot opbrengsverliese.
Mnr Kip Cullers, die Amerikaanse soja-
wêreldkampioen wat al ‘n opbrengs van
10,8 ton/ha met soja’s behaal het, benadruk
die feit dat wanneer die plante begin opkom,
alle plante binne ‘n 24-uur-vensterperiode
uit die grond moet wees. Indien dit nie
55
March 2014
Produk-inligting
gebeur nie, tree die kleiner plante as
kompetisie vir die groter plante op en word
opbrengs ernstig benadeel. Die absoluut
homogene opkoms kan alleenlik met saad
van hoogstaande kwaliteit bereik word.
Hoe kan Suid-Afrikaanse
produsente die hoogste
kwaliteit saad bekom?
Saadproduksiepraktyke in die VSA is uit-
stekend. Uiters strawwe keuring van kwe-
kers, mededinging om kontrakte te kry en
vergoedingstrukture wat baie swaar op
kwaliteit berus, geniet alles voorkeur in
die VSA.
Tydens die produksiefase word lande
verskeie kere deur saadinspekteurs besoek
om onkruid-, insek- en siektebeheer te
monitor. Saadlande wat nie aan die vereiste
standaarde voldoen nie, word summier
afgekeur, tot so ‘n mate dat 150% van die
uiteindelike behoefte gekontrakteer word
ten einde die top 100% as saad te kan benut.
Met oestyd word alleenlik gespesialiseerde
stropers toegelaat en die proses word
deurlopend gemonitor ten einde meganiese
skade aan pitte uit te skakel en ook gesplete
pitte te elimineer.
DuPont Pioneer het verlede seisoen beide
glashuis- en veldproewe gedoen om a)
voorbeelde van plaaslik geproduseerde
maatskappysaad; b) plaaslike saad deur die
produsent teruggehou van vorige oeste;
en c) maatskappysaad geproduseer in die
VSA, te evalueer in terme van ontkieming,
groeikragtigheid en uiteindelike opbrengs.
Die doel was dus nie om variëteite met
mekaar te vergelyk nie, maar eerder om
die drie scenario’s van saadverkryging te
evalueer.
Verskeie metings is geneem waaronder
die ontkiemingspersentasie, die lengte van
die hipokotiel tot by die eerste trifolaat,
die aantal peule per plant en die gewig
per plant. Ter opsomming word in
Tabel 1
slegs gefokus op die uiteindelike opbrengs,
uitgedruk as persentasie van die hoogste
opbrengs behaal.
Die hoogste opbrengs is behaal met saad
vanuit die VSA. Soos blyk uit Tabel 1 het
die ingevoerde saad dus ooglopend beter
presteer as die plaaslik geproduseerde
saad en meer as dubbel die opbrengs van
plaasteruggehoude saad gegee.
Hierdie syfers is werklike syfers wat behaal
is, maar uiteraard slegs illustratief omdat
die kwaliteit van die saad van elk van die
drie scenario’s kan varieer na gelang van al
die faktore wat saadkwaliteit beïnvloed.
Daar is dus ‘n baie sterk korrelasie tussen
die beste kwaliteit saad, goeie ontkieming
en die beste moontlike opbrengs. Die sterk
saailinge wat ontwikkel het, tesame met die
eweredige plantestand, het grootliks tot die
verhoogde opbrengs bygedra.
Pioneer voer vanjaar hul sojaboonsaad in
vanuit die VSA, in verkoelde vraghouers.
Hierdeur kan produsente baat by:
Die hoogste moontlike ontkiemings-
persentasie.
Sterk groeikragtige saailinge.
Meer peule per plant.
Meer suksesvolle plante per hektaar.
Die hoogste moontlike opbrengs.
EMILE VAN DEN BERG,
DuPont Pioneer
RELATIEWE
OPBRENGS
VSA SAAD
SUID-AFRIKAANS GEPRODUSEER
EN GESERTIFISEER
TERUGGEHOUDE
SAAD
100
75
41
Rikus Schoeman (bemarkingsbestuurder: DuPont Pioneer), Kip Cullers (VSA
sojakampioen @ 10,8 ton/ha), David Hula (VSA mieliekampioen @ 27,5 ton/ha)
en Heinz Oellermann (verkoopsbestuurder: DuPont Pioneer).
TABEL 1: UITEINDELIKE OPBRENGS, UITGEDRUK AS PERSENTASIE RELATIEF TOT SAAD IN-
GEVOER VANUIT DIE VSA.
1...,47,48,49,50,51,52,53,54,55,56 58,59,60,61,62,63,64,65,66,67,...124
Powered by FlippingBook