FOKUS
Saad
Spesiale
Maart 2014
56
Kortpaaie om grondboonsaad in te
voer
beteken enorme probleme vir
die produsent
P
rodusente, grondboonfabriekeienaars, verwerkers – kortom
alle persone wat deel uitmaak van die grondboonbedryf
– maak staat op kwaliteit en kwantiteit om hul inkomste te
bepaal. Insette en uitsette is die sleutelwoorde.
Goedkoper ingevoerde grondbone (besmet met swamme en ander
kontaminante) wat ons land inkom, hetsy via skepe, in voertuie oor
die landsgrense vanaf buurlande of wat ingesmokkel word op ander
maniere, bring mee dat ongesiene en ongeïdentifiseerde peste en
plae saam met die saad/plantmateriaal die land binnekom.
Dit sal nie dadelik sigbare moeilikheid meebring nie, maar net soos
wat een kokkerot in jou kombuiskas ‘n hele kleuterskool van
kokkerotjies in ‘n ommesientjie tot gevolg het, net so sal die “on-
gesiene” swam- of bakteriespoor of insekeiertjies binne ‘n oogwink
‘n ontploffing meebring wat produsente en die hele grondboonin-
dustrie op hul knieë kan dwing.
Onthou, daar bly altyd genetiese materiaal in die vorm van peule
en pitte in die grond agter. Dit kan nooit heeltemal verwyder word
nie. So, indien hierdie peule/pitte besmet is, sal die siektes/plae ook
in die grond agterbly om tydens die volgende groeiseisoen ander
kultivars te besmet.
Wanneer so ‘n besmetting dus plaasvind, bestaan daar die
moontlikheid dat die bedryf dalk nie gereed is om die siekte of peste
te beveg nie, hetsy chemikalieë vir beheer wat nie in plek is nie en/
of kultivars met weerstand/toleransie teen die siekte of peste is nog
nie geteel nie.
Oorsese kultivars met weerstand/toleransie teen vreemde peste
en plae bestaan dalk, maar hierdie kultivars presteer dikwels baie
swak in Suid-Afrika aangesien hulle nie by ons klimaatstoestande
aangepas is nie. Nou moet daar inderhaas walgegooi word.
Navorsers moet weerstandbiedende lyne invoer en krui-
singsprogramme moet in werking gestel word om ‘n kultivar te teel
met weerstand teen die oorsese patogene en insekrasse, maar wat
ook by Suid-Afrika se klimaatstoestande aangepas is.
Invoer en permitte
Plantveiligheid en kwarantynmaatreëls verseker die veilige invoer
en vervoer in Suid-Afrika van grondboonsaad of dele van ‘n
grondboonplant of grondboonprodukte, hetsy of dit vir kiemplasma
of kommersiële verbouings- of eetdoeleindes is.
Die doel van die permitstelsel, fitosanitêre sertifikate en
kwarantynmaatreëls is om die introduksie van destruktiewe peste,
siektes en onkruid uit ander lande te verhoed, terwyl die handeldryf
en uitvoer van grondbone en grondboonprodukte steeds onder-
steun word.
Uit- en invoere van genetiese materiaal (kiemplasma) is baie
belangrik vir navorsers.
Daar is nie kortpaaie met betrekking tot die verkryging van geldige
permitte en fitosanitêre sertifikate of selfs die saad nie.
Regoor die wêreld het almal nou al duidelik kennis geneem dat
moeilikheid saam met skepe kan inkom. Nie eers noodwendig in
plantmateriaal nie. So het die klein swart Argentynse miertjies,
Linepithema humile
, (eers bekend as
Iridomyrmex humilis
) via
skepe en mense wat uit Argentinië, Uruguay, Paraguay en Brasilië
by hawens aangedoen het, in Suid-Afrika, Nieu-Seeland, Japan,
Australië, Hawaii, Europa en die VSA ‘n nuwe heenkome gevind.
Volgens die Prosedure vir Invoere (Dokument H van die Departe-
ment van Landbou, Bosbou en Visserye [DLBV]) en ingevolge die
Landbouplae en Plantverbeteringswette (
mag
slegs variëteite wat op die amptelike variëteitslys verskyn, ver-
handel word.
Indien variëteite ook in Tabel 8 van die Plantverbeteringswet gelys
is, mag slegs saad wat in terme van die Suid-Afrikaanse Saad-
sertifiseringskema gesertifiseer is, verhandel word. Variëteite wat
nie op die amptelike variëteitslys verskyn nie, mag slegs op persele
vir eie gebruik wat by die DLBV geregistreer is, aangewend word en
mag nie verhandel word nie.
Die invoerder is self verantwoordelik om enige regte ten opsigte van
ingevoerde plantmateriaal te laat registreer.
Enige persoon het die reg om aansoek te doen vir ‘n permit
by die DLBV vir die invoer van plantmateriaal in terme van die
Landbouplaewet, 1983 (Wet Nr. 36 van 1983). Aansoekvorms en
inligting is verkrygbaar by mnr Solomon Matsa (
Solomonmatsa@
daff.gov.za
).
Indien die saad wat ingevoer gaan word, van ‘n variëteit is wat nog
nie op die nasionale variëteitslys verskyn nie, moet ‘n aansoek om
magtiging vir die invoer van ‘n ongelyste variëteit ook ingedien
word. Aansoekvorms en inligting is verkrygbaar by me Joan Sadie
(
. Beide hierdie invoerpermit en -magtiging moet
verkry word voordat die saad ingevoer word.
Indien ‘n nuwe variëteit geskik bevind word vir Suid-Afrika se
klimaatstoestande, moet die variëteit geregistreer word op die
amptelike variëteitslys voordat verkope van saad plaasvind. Inligting
en aansoekvorms is verkrygbaar by Sadie. Plaaslik geproduseerde
saad mag slegs in beperkte hoeveelhede verkoop word indien aan-
soek om magtiging hiervoor verkry is. Aansoekvorms is verkrygbaar
by Sadie.
Indien die variëteit ook deur planttelersregte beskerm moet word,
kan me Noluthando Netnou-Nkoana (
ALANA PRETORIUS,
LNR-Instituut vir Graangewasse,
Potchefstroom en
JOAN SADIE,
registrateur: Plantverbeteringswet, Direktoraat: Plantproduksie