SA Grain March 2014 - page 55

FOKUS
Saad
Spesiale
53
March 2014
GM-mielies het ‘n betekenisvolle
bydrae
tot voedselsekerheid gelewer
O
m hulself te vergewis van die jongste ontwikkeling met
betrekking tot GM-gewastegnologie, het die voorsitter
van die parlementêre portefeuljekomitee vir wetenskap
en tegnologie, dr Eugene Ngcobo (LP), en een van sy
komiteelede, me Poppy Mocumbi (LP), besoek gebring aan Mon-
santo se GM-mielienavorsingsplaas naby Malelane in Mpumalanga.
Mnr Andrew Bennett (tegnologie ontwikkelingsbestuurder, GM-
gewasse vir Afrika van Monsanto), het aan hulle verduidelik dat
sedert die aanname van GM-mielies in Suid-Afrika in 1998 het dié
tegnologie ‘n betekenisvolle bydrae tot voedselsekerheid ge-
lewer. In 1998 was die gemiddelde mielie-opbrengs op droëland
2,73 ton/ha. In 2008 het die gemiddelde opbrengs gestyg na
5,09 ton/ha – ‘n produktiwiteitstoename van 86%.
Dit het nie net kommersiële boere bevoordeel nie. Sowat 120 opko-
mende boere naby Flagstaff in die Oos-Kaap het, volgens Bennett,
hulle gemiddelde opbrengs met GM-mielies verhoog van 1,5 ton/ha
na 4 ton/ha, ‘n toename van 160%.
Hy het vertel van belowende vooruitsigte in die pyplyn om voed-
selsekerheid verder ‘n hupstoot te gee, en dit is die gevorderde
droogteverdraagsame GM-mielieproewe wat in Suid-Afrika, Kenia,
Mosambiek, Tanzanië en Uganda gedoen word. Dié proewe word
deur WEMA (Waterdoeltreffende Mielies vir Afrika) onderneem. Dit
word befonds deur die Bill en Melinda Gates stigting, die Howard G.
Buffett-stigting en die VSA Agentskap vir Internasionale Ontwikke-
ling (USAID). Ander navorsingsvennote is die Internasionale Mielie-
en Koringverbeteringsentrum (CIMMYT) en Monsanto. Monsanto
skenk die tegnologie gratis.
Volgens CIMMYT sal opbrengs onder gematigde droogtes na ver-
wagting met 20% - 35%bo huidige variëteite toeneem. ‘n Bykomende
twee miljoen metrieke ton mielies sal in droogtejare beskikbaar
wees om tussen 14 en 21 miljoen mense in dié vyf lande te voed.
“Dit sal ‘n ontsaglike hupstoot vir opkomende mielieboere wees.
Hulle word die swaarste getref omdat hulle nie besproeiing kan
bekostig nie. Droogte tydens die blomstadium kan verliese tussen
50% en 100% veroorsaak. Droogteverdraagsame mielies sal na ver-
wagting in 2016 kommersieel beskikbaar wees,” aldus Bennett.
“Wat voedselveiligheid betref, is GM-voedsel wetenskaplik medies
en akademies wêreldwyd as veilig bestempel. Die Wêreldgesond-
heidsorganisasie (WGO) stem saam en verklaar: ‘Geen negatiewe
nagevolge is aangemeld as gevolg van die verbruik van sulke voed-
sel deur die algemene publiek in die lande waar dit goedgekeur is
nie’,” het hy bygevoeg.
HANS LOMBARD,
namens Monsanto
Koringkultivarprestasie vir
2014
op vergadering se agenda
D
ie regte kultivarkeuse bly een van die belangrikste produk-
siebesluite vir enige koringprodusent. Daar is tans ‘n
magdom uitstekende kultivars om van te kies. Vandag is
opbrengs nie meer die enigste belangrike aspek om in ag
te neem nie, kwaliteit is net so belangrik. Hoe moet ‘n produsent dan
nou maak om die regte kultivar vir sy behoefte te kies?
Gelukkig hoef produsente nie self al die kultivars wat aangebied word
te toets om inligting in die hande te kry nie. Die LNR-Kleingraanin-
stituut (LNR-KGI) plant elke jaar verskeie proewe in al die koringpro-
duserende gebiede in Suid-Afrika om die beskikbare kultivars van
al die saadmaatskappye op ‘n objektiewe en wetenskaplike manier
te evalueer ten opsigte van hulle opbrengspotensiaal, kwaliteit en
aanpasbaarheid.
Hierdie program, wat die enigste van sy soort in Suid-Afrika is, staan
bekend as die Nasionale Kultivarevalueringsprogram. Daar bestaan
drie afsonderlike evalueringsprogramme, naamlik vir verbouing in
die somerreënvalstreek (droëland sowel as besproeiing), asook vir
verbouing in die winterreënvalstreek.
Aan die einde van elke seisoen vergader die Nasionale Kultivarevalu-
eringswerkgroep om die data van die afgelope seisoen te evalueer en
te bespreek om te verseker dat die proewe wetenskaplik uitgevoer
word en die data objektief en korrek weergegee word. Hierdie groep
bestaan uit kundiges in die industrie en verteenwoordigers van al die
saadmaatskappye, Graan SA, die Universiteite van die Vrystaat en
Stellenbosch, SANSOR, SAB Maltings (Pty) Ltd, die onderskeie de-
partemente van landbou en ander rolspelers word na die vergadering
uitgenooi. Die jongste kultivarevalueringsvergadering om inligting oor
die navorsingsresultate rondom die prestasie van koringkultivars te
bespreek, is op 6 Februarie 2014 by die LNR-KGI op Bethlehem gehou.
Alle kultivars wat kommersieel verkrygbaar is en waarvan daar reeds
ten minste twee jaar se proefdata op hande is, word ingesluit in die
kultivaraanbevelings wat in die
Produksiehandleidings
vir beide die
winter- en somerreënvalstreke vervat word. Hierdie handige handlei-
ding bevat ook inligting ten opsigte van algemene produksieprak-
tyke, grondbewerkingsriglyne en plantvoeding asook die jongste
inligting rakende onkruid-, siekte- en insekbeheer.
Danksy befondsing deur die Wintergraantrust word hierdie hand-
leidings, wat in Afrikaans en Engels beskikbaar is, gratis aan alle
kommersiële koringprodusente in Suid-Afrika verskaf. Kyk uit vir
die handleidings wat vanaf die tweede week in Maart beskikbaar
sal wees.
Al die inligting rondom kultivarprestasie gedurende die 2013-koring-
seisoen sal ook aan produsente bekend gemaak word deur middel
van verskeie publikasies in die media.
Sien ook die los invoegsel in
dié uitgawe
.
ANNELIE BARNARD,
LNR-Kleingraaninstituut, Bethlehem
1...,45,46,47,48,49,50,51,52,53,54 56,57,58,59,60,61,62,63,64,65,...124
Powered by FlippingBook