Johannesburg:
Jacobs Straat 8,
Chamdor, Krugersdorp,
Suid Afrika, 1740
Tel: +27 11 762 5261
Fax: +27 11 762 4111
Kaapstad:
Tel: +27 21 552 0456
Dit is
NOU
die
tyd om te
BEGIN
met die
BEPLANNING
van jou
WINTEROES
Advance Seed het verskeie gewas
opsies tot jou beskikking:
HAWER; WINTER ROG; EENJARIGE
ITALIAANSE RAAI GRASSE;
MEERJARIGE RAAI GRASSE;
SPESIALE WEIDINGS MENGSEL (koel
seisoen gras); LANGSWENKGRAS;
KROPAARGRAS; JAPANESE RADYS.
Hierdie gewasse is ideaal vir die winter
voerperiode.
Beplan en bestel jou gewasse betyds
om teleurstelling te voorkom.
BEL NOU OM JOU
BESTELLING TE PLAAS!
Dit sluit die studie in van:
Grondkunde
Plantestudies
Dierestudies
Landbou-ekonomie
Basiese landbouchemie
Basiese genetika en biologiese konsepte
Volhoubare natuurlike hulpbron benutting
Landbou-ekologie
Landboubestuurspraktyke behels ‘n studie en toepassing van produksie, ekonomiese en bestuurs-
beginsels wat in die verbouing, transformasie en bemarking van voedsel en ander landbouprodukte
gebruik word. Hierdie beginsels word gebruik om waarde tot landbouprodukte te voeg sodat
die produkte ekonomiese, estetiese, sosiale en kulturele waarde het. Die doel van die vak is om
leerders te voorsien van ‘n goeie prakties-georiënteerde basis wat beide die teoretiese en praktiese
vaardighede integreer.
In hierdie vak kry leerders onderrig in die volgende:
Gewasproduksie en gewasbestuur
Grond- en waterbestuur
Oes van produkte en kwaliteitbeheer
Diereproduksie en bestuursaspekte
Boerderybestuur en -evaluasie
Waardetoevoeging en prosessering
Agri-toerisme, besigheidsbeplanning en entrepreneurskap
In landboutegnologie fokus die opleiding op tegnologie wat in die landbou gebruik word. Die vak
dek hoe prosesse, gereedskap, toerusting, strukture en vaardighede deur produsente benut word.
Leerders kry hier blootstelling aan:
Identifisering en oplossing van probleme met behulp van tegnologiese prosesse en relevante
wetenskaplike beginsels.
Basiese operasionele kennis en die korrekte gebruik van landbougereedskap, toerusting en
masjinerie wat gebruik word in die produksie en verwerking van voedsel en vesel.
Konstruksie, oprigting en die onderhoud van landbougeboue en strukture.
Instandhouding en herstel van plaasimplemente en masjinerie.
Energie-beginsels en die toepassing daarvan in die landbou.
Beplanning, konstruksie en instandhouding van dierehanteringsfasiliteite wat nodig is vir
effektiewe diereproduksie.
Veilige en doeltreffende gebruik van landboutoerusting wat in gewasproduksie, tuinbou,
boorde, wingerde, voergewasse en bosbou gebruik word.
Beplanning, ontwerp en instandhouding van makro- en mikrobesproeiing en hidroponika-
stelsels; kalibrasies en berekeninge in die landbouopset.
Benewens die vakkundige kennis en inligting wat leerders ontvang, word baie ander praktiese
kursusse ook by skole aangebied soos byvoorbeeld:
Kunsmatige inseminasie
Veehantering
Skeer en wolklassering
Beoordelingskursusse (verskillende groot- en kleinveerasse)
Safex – die bemarking van landbouprodukte
Volstruise
Produkprosessering – die maak van jogurt en kaas asook vleisverwerking
Die kursusse word ter ondersteuning vir leerders aangebied om te verseker dat hulle die wêreld van
werk met erkende sertifikate kan betree, wat aan hulle beter werksgeleenthede kan bied.
Suid-Afrikaanse landbou is verder verdeel in ‘n vooruitstrewende kommersiële landbousektor aan
die een kant en ‘n opkomende landbousektor. Beide hierdie sektore moet voortdurend ontwikkel
word en landbou-opleiding kan die verdeeldheid help regstel, maar terselfdertyd ook help dat Suid-
Afrika mededingend met die res van die wêreld kan bly. In hierdie opsig het sekondêre en tersiêre
opleidingsinstansies ‘n groot taak om studente op te lei wat oor die nodige kennis en vaardighede
beskik om hul plek in die ontwikkeling van landbou in Suid-Afrika vol te staan.
Indien jymeer omtrent landbouskoolonderrigwil weet, kan jy die Suid-Afrikaanse Landbouonderwys
Vereniging (SALOV) se webtuiste besoek by
of kontak die SALOV-voorsitter by
083 556 5947.
Landbouskole steeds belangrik
Vervolg van bladsy 15
16