Klop bloednier met ‘n bloedneus-uitklophou
DR JAN DU PREEZ, BESTURENDE DIREKTEUR: INSTITUUT VIR
SUIWELTEGNOLOGIE
Bloednier is een van die vernaamste siektes onder skape in Suid-Afrika.
Ander name waaronder die siekte bekendstaan is
enterotoxaemia, pulpy
kidney
of
overeating disease
.
Die siekte kom wêreldwyd voor waar skape aangetref word. Bloednier
kom egter nie algemeen by bokke voor nie en die siekte is bykans
onbekend by beeste. Indien bloednier by bokke voorkom, kan dit akuut
wees of chroniese diarree veroorsaak wat die bok laat vrek of vermaer.
Bloednier is gewoonlik ‘n siekte wat aangetref word by jong skape van
twee ouderdomsgroepe: Tussen die ouderdomme van drie weke tot
drie maande asook tussen ses tot twaalf maande; maar skape van enige
ouderdom kan aangetas word.
Die siekte is al by kalwers (ouderdom sewe tot tien weke), jong beeste
in ‘n goeie kondisie en volwasse beeste gerapporteer. Alhoewel
enige ouderdom beeste aangetas word, is dit hoofsaaklik kalwers en jong
diere tot twee jaar wat in voerkrale siek word.
Bloednier word veroorsaak deur ‘n anaërobe (leef in afwesigheid van
suurstof) bakterie
Clostridium perfringens tipe D
wat normaal in die
dermkanaal (veral die kleinderm) van skape en ander vee voorkom sonder
om enige siekte te veroorsaak. Die bakterieë kom in die diere se mis voor
en vorm weerstandbiedende spore in die grond. Dit kan vir maande daar
oorleef.
Ontstaanswyse
Daar is verskeie faktore wat aanleiding kan gee tot bloednier. Die
dermkanaal gaan staan (stase); ‘n skielike verandering van swak
grasveldweiding na welige aangeplante weidings; ‘n skielike verandering
van die dieet; die beweiding van voergewasse, soos lusern, groen koring
en groen hawer; ‘n dieet hoog in proteïene; oorvreet aan konsentrate of
welige weidings; asook ontwurming en koksidiosebesmetting. Skielike
veranderinge in die weer en die vreet van verlepte weidings kan ook
moontlik ‘n predisponerende rol speel.
Voedingryke voer met byvoorbeeld baie stysel, stimuleer die bakterieë
in die dermkanaal sodat hulle vinnig vermeerder en die dodelike
gifstof, epsilontoksien, binne ure produseer. Die gifstof verhoog die
deurlaatbaarheid van die dermwand en gifstowwe word gevolglik maklik
in die liggaam opgeneem.
Hierdie gifstof beskadig die selle in die bloedvaatjies se wande en verhoog
hulle deurlaatbaarheid. Nieraantasting word veral veroorsaak asook vog
op die brein (breinedeem), wat weer aanleiding gee tot senusimptome.
Siektetekens
Die erge vorm (akute gevalle) van bloednier veroorsaak skielike vrektes.
Skape word selde siek gesien. Gewoonlik tref die produsent vroegoggend
‘n aantal dooie skape in die veld of in die kraal aan nadat hulle die vorige
dag niks makeer het nie.
Lammers met erge bloednier kan binne twee ure vrek. Wanneer die siekte
nog in ‘n vroeë stadium is, bly die aangetaste diere agter in die kudde.
Hulle is lusteloos, depressief en hipersensitief; hulle waggel en vreet nie;
hul gewrigte knak; hulle is ataksies (het ongekoördineerde bewegings);
het konvulsies; kners op hulle tande; maak skopbewegings as hulle plat
lê en gaan dan in ‘n koma in en vrek. Sommige diere het ‘n ligte diarree.
Jong lammers het soms koliek en blaas op voor hulle vrek.
Met chroniese bloednier word die brein ook aangetas en senusimptome
ontstaan. Hierdie bloednier word veral gesien in speenlammers
(ouderdom tien tot twaalf weke) en volwasse skape van die ouderdom
van drie jaar en ouer.
Vervolg op bladsy 26
Veefaktor
Bloednier word gewoonlik aangetref by jong skape van twee ouderdomsgroepe – tussen die ouderdom van drie weke tot drie maande en tussen ses tot twaalf
maande, maar skape van enige ouderdom kan aangetas word.
Lewende hawe
Insette/Produksie
25
February 2014