SA Grain February 2014 - page 11

9
February 2014
skattings vir geelmielies vanaf Februarie tot en
met Julie buite die gestelde norm/grens was.
Met dié dat die witmielie-oes oorskat is en die
geelmielie-oes onderskat is, het dit meegebring
dat die totale mielie-oes vanaf die eerste
skatting tot die finale skatting baie mooi tussen
die voorgestelde norm/grense beweeg het.
Hierdie resultate laat ‘n effense bekommernis
ontstaan oor die akkuraatheid ten opsigte
van die verdeling tussen wit- en geelmielies
(aanplantings en produksie), veral vir die
Noordwes Provinsie en die Vrystaat.
Bykomende aksies vir die
2013/2014-seisoen
Dit is positief om te weet dat daar voortdurend
na nuwe metodieke en tegnologieë gesoek
word om die huidige produksieskattingsisteem
so akkuraat moontlik te maak. Aksies wat die
komende seisoen deur die NOK aandag sal
geniet, sluit die volgende in:
Fondse is toegeken om die akkuraatheid
van die oppervlakte aangeplant vir die
2013/2014-seisoen (vroeg 2014) te verifieer
en te verbeter.
Fokus sal eerste op die Noordwes Provinsie
wees, waarna fondse vir die Vrystaat
gesoek sal word om die 2014/2015-seisoen
se oppervlakte te verifieer.
Fokus op opbrengs-insetverskaffers se
metodes moet heroorweeg word.
Slotsom
Dit is vir Graan SA, saam met die Oes-
skattingsskakelkomitee (CELC), van kardinale
belang dat geloofwaardige skattings vrygestel
moet word. Die bepaling van korrekte
gemiddelde opbrengste is een van die NOK se
moeilikste take aangesien klimaat so ‘n groot
rol speel.
Uitgesluit die ongewenste afwykings wat
afsonderlik vir wit- en geelmielies voorgekom
het, was die skatting vir mielies in totaal, regdeur
die seisoen, binne die 5% norm/grens.
Grafiek 2: Geelmielies: Maandelikse produksieskatting versus finale oes (2012/2013-produksieseisoen).
Grafiek 3: Die persentasie oor-/onderskatting van die mielie-oes teenoor die finale oes (2012/2013-produk-
sieseisoen).
1...,2,3,4,5,6,7,8,9,10 12,13,14,15,16,17,18,19,20,21,...68
Powered by FlippingBook