Bekendstelling
Aktueel
Hersiene
Kanola
Produksiehandleiding
PROF ANDRÉ AGENBAG, UNIVERSITEIT VAN STELLENBOSCH
Die hersiene uitgawe van die
Kanola Produksiehandleiding
, wat
pas bekend gestel is, volg sewe jaar nadat die eerste uitgawe
die lig gesien het. Gedurende die afgelope sewe jaar het etlike
veranderinge en ontwikkelings in die kanolabedryf plaasgevind
wat kanola ‘n kontantgewas in eie reg gemaak het.
Die Raad van die Proteïennavorsingstigting (PNS) het onder
meer besluit om vanaf 2010 etlike miljoene rande beskikbaar te
stel vir navorsing en tegnologie-oordrag met die klem op die
generiese bemarking van kanola, met die mikpunt om teen 2015
‘n tonnemaat van 75 000 ton en 50 000 hektaar te produseer.
Hierdie insette van die PNS het beslis ‘n merkbare verskil gemaak
en die vonk verskaf wat die kanolabedryf nodig gehad het om
die volgende fase van ontwikkeling binne te gaan. Die beoogde
tonnemaat vir 2015 is reeds in 2012 verbygesteek met ‘n totale
opbrengs van meer as 79 000 ton en hierdie groei is in 2013
voortgesit om meer as 110 000 ton op sowat 75 000 hektaar
te produseer.
Voortdurende navorsing en skakeling met buitelandse instansies
en kundiges het groter diepte in die kanolakundigheid tot gevolg
gehad, maar het ook leemtes uitgewys in die eerste uitgawe
van die
Kanola Produksiehandleiding
. Dit het aanleiding gegee
tot hierdie hersiene uitgawe wat onder leiding van prof André
Agenbag deur ‘n span kundiges in die kanolabedryf saamgestel is.
Hierdie hersiene uitgawe bevat onder meer ‘n nuwe hoofstuk
oor die ekonomie van kanola, terwyl die hoofstuk oor die oes
van kanola, herskryf is om die nuutste inligting in te sluit oor
tegnieke om oesverliese te bekamp – sekerlik een van die grootste
hoofpyne van die kanolabedryf.
Die morfologie en fisiologie asook die groei en ontwikkeling
van die kanolaplant is volledig bygewerk en so ook inligting oor
die optimale gebruik van chemiese middels vir die beheer van
onkruide, insekte, plae en siektes in kanola. Groter klem word ook
gelê op die gesondheidswaardes van kanola vir die verbruiker.
Deur die finansiering van
hierdie hersiene
Kanola Pro-
duksiehandleiding
wat alle
aspekte van kanolaverbouing
dek, bevestig die PNS sy
volgehoue steun aan die
kanolabedryf en vertrou dat
almal wat hierdie besondere
naslaanwerk gebruik, dit
uiters nuttig sal vind en dat dit
sal meehelp tot die verdere
vestiging en verstewiging
van die kanolabedryf in Suid-
Afrika. Kopieë van hierdie
publikasie is beskikbaar by
die PNS-kantoor in Rivonia
by 011 803 2579 asook by prof
André Agenbag in Stellen-
bosch by 021 808 4803.
– alles wat kanolaprodusente
behoort te weet
Gerhard Scholtemeijer (voorsitter:
Proteïennavorsingstigting) wys trots
die nuwe
Kanola Produksiehand-
leiding
wat bekend gestel is.
13
Eersteklas
saad en
kundigheid
verseker ’n
suksesvolle oes.
Deur die integrasie van topprodukte,
praktiese boerderyoplossings en innoverende
gewasvoorsorg en -nasorg bied PANNAR SAAD
aan boere ’n volledige risikobestuurspakket. Praat
met PANNAR oor ons uitsonderlike PANAGRI
™
-,
PANACEA
™
- en YIELDBOOST
™
-programme.
2014/CORP/A/003A
® Geregistreerde handelsmerke van PANNAR BPK, © 2013 PANNAR BPK
GLOBALE TEGNOLOGIE
PLAASLIKE PRESTASIE
Saam boer ons
vir die toekoms
™