Onderwerp
Aktueel
ISSN 1814-1676
EIENAAR/UITGEWER
GRAAN SA, POSBUS 88, BOTHAVILLE, 9660
BESTURENDE REDAKTEUR:
Johan Loxton
Tel: 08600 47246 • Faks: 086 509 7276 • E-pos:
SUBSKRIPSIE EN VERSPREIDING (ADRESVERANDERINGE):
Marina Kleynhans
Tel: 08600 47246 • Faks: 086 509 7270 • E-pos:
REDAKSIE
ASSISTENT-REDAKTEUR:
Estie de Villiers
Tel: 013 752 5731 • Sel: 083 490 9449 • Faks: 086 275 4157
E-pos:
SA GRAAN/GRAIN
TEGNIESE REDAKTEUR:
Johan Smit
Tel: 018 468 2716 • Faks: 018 468 7782 • Sel: 082 553 7806
E-pos:
REDAKSIONELE ASSISTENT:
Elmien Bosch
Tel: 018 468 2716 • E-pos:
BLADUITLEG EN REPRODUKSIE:
Ashley Erasmus, Infoworks
Tel: 018 468 2716 •
E-pos:
DRUKWERK:
Kagiso BM
Tel: 011 622 3820
SPOTPRENTTEKENAAR:
Frans Esterhuyse
ADVERTENSIEVERKOPE
KOLBE ADVERTISING – Kaapstad
Jurgen van Onselen
Tel/faks: 021 976 4482 • Sel: 082 417 3874 • E-pos:
KOLBE ADVERTISING – Kaapstad
Johan van Onselen
Tel: 022 451 2773
• Die menings van die skrywers van artikels in hierdie blad is hul eie en ver-
teenwoordig nie noodwendig die mening van Graan SA nie.
•
The opinions expressed by contributors are their own. They do not neces-
sarily express the opinion of Grain SA.
• “Promosie-artikels” is betaalde artikels; terwyl “produk-inligting”-artikels
feite kan bevat oor kommersiële produkte.
•
“Promotional articles” are paid articles; while “product information” arti-
cles may contain facts on commercial products.
ALLE regte van reproduksie van alle berigte, foto’s, tekeninge, advertensies
en alle ander materiaal wat in hierdie tydskrif gepubliseer word, word hiermee
uitdruklik voorbehou ingevolge die bepalings van Artikel 12(7) van die Wet op
Outeursreg Nr. 98 van 1978 en enige wysigings daarvan.
– Ds Koos Kirsten
Baie geluk aan Willem Carstens van Moorreesburg wat vir die
Desember-uitgawe van
SA Graan/Grain
die gratis Bybel gewen het.
Daar word oor baie interessante onderwerpe in die briewekolomme
van koerante geskryf. Van hulle is soms baie ontstellend en ander
weer aangrypend. So word daar dikwels oor die Christelike geloof en
godsdiens geskryf. In sommige briewe word dit gou duidelik dat daar
mense is wat net nie meer in Christus glo nie en die Bybel afwys as
weersprekend en vals. Hierdie mense wil niks meer weet van die God
van die Bybel nie en beskou Hom as wreed, ongenaakbaar en harteloos.
Hulle sê dat hulle nie ‘n God kan dien en in iemand kan glo wat kinders
laat sterf, mense en diere honger laat ly en allerhande siektes en plae
oor die mens laat kom nie. Hulle verwerp Hom dan ook geheel en al.
Hy het vir hulle soos iets geword wat ‘n mens weggooi.
Hierteenoor lees ons in Fil 3:8 dat die apostel Paulus sê dat hy alles as
verwerplik beskou as hy net Christus en die evangelie kan kry. Hy gooi
alles weg wat hy vroeër as waardevol beskou het. Vir hom is die enigste
ding wat enige ewigheidswaarde het, die evangelie van Jesus Christus.
Hy het sy hele lewe ná sy bekering daaraan gewy om die evangelie oral
waar hy kon te verkondig. Hy het selfs die dood getrotseer om dit te
doen. Christus was sy hele lewe en hy was bereid om alle ander
dinge weg te gooi om Christus te verkry.
In Matt 13:44 - 46 lees ons twee kort gelykenisse. Dié van die skat in die
saailand en die kosbare pêrel. In beide gevalle verkoop die persoon alles
wat hy het om dié kosbaarhede te bekom. Die koninkryk van God is soos
hierdie kosbare skatte. Dit is die moeite (en besittings) werd
om dit te bekom.
In Christus het ons alles wat ons nodig het om verlos (gered) te word.
Deur die geloof in Hom alleen verkry ons die ewige lewe. As ons ons
blind staar teen die moeite, probleme, swaarkry en hartseer van hierdie
lewe kan ons dalk net die kosbare skat van die ewige lewe miskyk
en dit nooit verkry nie.
Ons moet verby hierdie lewe met al sy moeite, swaarkry, siektes en
probleme kyk en vra en soek na dit wat regtig waarde het, dit wat
ewigheidswaarde het. Ons moet verby aardse besittings en rykdom
kyk en soek na die ware rykdom in die koninkryk van God. Ons leef
nie net tot ons aardse sterfdag nie, maar ook daarna.
Juis daarom moet ons ons daarop toelê om dit wat regtig waarde het
te soek en te bekom. Ons moet ook soos die apostel Paulus sê dat ons
alles as verwerplik beskou om Christus te verkry. Hierdie aarde met sy
lewe en dinge gaan verby, maar die koninkryk van God bly vir ewig en
net Christus alleen verleen toegang daartoe (Joh 10:7).
Uit die
Woord